Die nawerking van dipstowwe

Dit is werklik een van die moedeloosste gevoelens om jou rekenaar terug te kry, na n virusbesmetting en hul moes jou hardeskyf, met al jou werk, formateer na die status nul toe waar jy maar weer geduldig al jou programme oplaai en weet jy het baie dae se skryfwerk verloor.

Dit daar gelaat.  Daar was onder ander n klompie artikels geskrywe oor die vordering van die produsente soos PJ Hassard en Denys Wells.  Ek sal dit maar weer opskrywe en die moed iewers vandaan kry om die detail weer neer te skrywe. 

Denys Wells , Alexandria - Oos Kaap

Denys Wells het in die Oos Kaapse droogte iewers in Desember, saam met Jim Musto van Cross Farms my senuwees op hol gehad hier net voor die Universiteit sluit vir Desember, en behoorlike mikroskope en ander kundigheid dalk moontlik nie beskikbaar was wyl die probleem op hul ergste was nie.

Die voorspelde “Beheertydperke” van bloubosluise was korter en daar was n skielike toename in bosluise op sekere groepe diere in sekere kampe. Dit is vêr en dringend en dinge gebeur nie met spoed soos dit moet nie.

Dieselfde het gebeur met John du Preez Mooirivier se kant, waar wel reën en baie vog was en genoeg gras, waar daar skielike uitbrake was van rooiwater en ook verliese.  Philip Labuschagne van Twisthoek ook.

Al vier produsente het indringende vrae gevra.  Uiteindelik het al vier se bosluismoeilkheid gegaan oor 4 groepe diere.

1.       verse wat eerste keer kalf

2.       werkende bulle

3.       lakterende koeie en

4.       die kalwers van eerste keer verse wat swakker was as die kalwers van koeie.

 

Die nawerking van die dipstof op die verse, bulle en koeie, (kalwers was nie gedip nie) het op al vier hierdie plase bewys (sien bewys as waarneming) dat die dipstowwe maklik 2-3 weke verkorte nawerkingsleeftyd het, wyl dit op al die ander diere heel goed in plek was.

 

Twee ander faktore was ook duidelik gewees, (sien bewys as n waarneming), dat diere wat van kampe verwissel het na n nuwe kamp toe, skielik oortrek was van bosluise.

 

In Denys en Jim Musto se gevalle was die Oos Kaap onder droogte en die proteïengehalte van die weiding was baie laag. Beide het ook kampwisseling gehad van kampe wat skaars bewei was.

 

Kennis van die werkinge van die produk

Die vier produsente was in verskillende fases van Makrolaktoniese produkte en ketieninhibeerders met ander multigasheerbeheermiddels.  Op al vier plase het rooiwater voorgekom, wat bloubosluisgedraagde siektes is en die multigashere was behoorlik onder beheer.

 

Produsente het n algemeen aanvaarbare begrip dat dipstowwe bosluise vrekmaak en dit is wat hulle verstaan. Wat hulle nie verstaan nie, is die maniere waarop die verskillende produkte op die parasiet inwerk om hulle vrek te maak

 

Langwerkende produkte, soos IGR’s voorkom dat ketien vorm (in leke taal, die vel of doppie van die bosluis) en hierdie groei-inhibeerder verhoed dat die bosluis na sy volgende lewensfase ontwikkel.  (Onthou nou net, dat mense nie ketien het nie, maar as ek na seker polieke "jong" leiers kyk, wonder ek tog ook hieroor)

 

Dit beteken dat dit wel veroorsaak dat die bosluis vrek, maar die bosluis vrek omdat dit nie verder deur sy lewensiklusse kan ontwikkel nie.

 

Op sy beurt beteken dit weer dat die bees wel bosluise in die veld gaan optel, (en in die geval bloubosluise) as larwes en die inhibeerder verhoed dat die bosluis n nimf word en daar vrek die bosluis. 

 

Word ketieninhibeerders op reeds besmette diere toegedien, moet onthou word dat die aktief of produk wel deur die vel opgeneem word, in die bloedstroom beland, in die vetlae onder die vel gaan plek inneem en in sowat 12-14 dae eers sy volle werkinge bereik. 

 

Daarom is 'n bosluisbesmette dier eers na sowat 12-14 dae skoon van bloubosluise alleenlik.

 

Hierdie produkte het geen invloed op multigasheerbosluise, alhoewel dit soms lyk dat daar wel n matige invloed kan wees, maar dit is nie so geregistreer nie en ek is ook nie bewus van geregistreerde toetse nie wat wel die invloed kan bewys nie.

 

Wat sou dit beteken in die geval van bloubosluise

Dit beteken dat bloubosluise wat wel met die Babesia bovis en B. Bigemina asook Anaplasmose Marginale en A. centrale besmet is, (rooiwater en galsiekte) die bees byt en, sou dit besmet wees met die organisme, (slegs sowat 10% is besmet) die bosluisbyt nog steeds die rooiwater en galsiekte organisme kan oordra.

 

Die bosluis moet klim, die dier byt, die speeksel in die bees vrylaat en dan bloed inneem.  Eers dan neem die bosluis ketien of groei-inhibeerder in wat dan sy lewensiklus beïnvloed.

 

Miskien ter duidelikheid ook die volgende.

 

Daar moet in die gevalle onthou word, dat die bosluise reeds teen alle aktiewe en molekules op die mark weerstandigheid getoets het en al sou mens enige een van die 96 ander produkte wat op die rakke staan gebruik (wat maar net n mengsel is van net 5 chemiese groepe en 18 molekules is, onder verskillende name) dit net die bosluis wat reeds weerstandig is teen die genoemde produkte, verder weerstandig maak. 

 

Dit gaan nie die bloubosluis se werkinge in elk geval affekteer nie.  Bloubosluise moet nie aan die produkte verder blootgestel word nie, sodat die bestaande getoetste weerstandigheid wat bestaan, afgebreek en geëlimineer word.  Dit moet kundig met kundige strategiese produktoediening, gegrond op die Klimaat en Omgewingsomstandighede en die lewensiklusse van die onderskeie geïdentifiseerde bosluisgroepe gedoen word.

 

Soos in ‘n vorige inskrywing beskrywe, ‘n konserwatiewe strategie betreffende rooiwater en galsiekte moet as voorsorgmaatreël op die plaas implementeer word.  Daar moet nie oor rooiwater en galsiekte bekommernisse wees nie, daar moet eerder oor die gewigsverlies wat bloubosluise per bees veroorsaak, (wat in sommige Literatuur tot 30 kg per bees gereken word) bekommernisse wees.

 

Terug by Denys Wells

 

Denys en Jim Musto was versoek om n klompie bosluise te oes en met spoed by die Laboratorium te kry vir identifikasie toe die nawerkingsprobleem ontstaan het.  Ellie het sommer ter volledigheid die bloubosluise wat geoes was by Denys, (omdat hy een van die proefprodusente is), vir volledigheid getoets.

 

Ek het nie besef nie,  toe ek verlede week sy nuwe data van Ellie op sy profiel bywerk, besef dat ons in die 14 maande wat ons by Denys betrokke was, met al die uitdagings wat ons gehad het, Denys se getoetste weerstandigheid op bloubosluise met byna 30% afgeneem het.  

 

Nou ja, dit beteken ‘n klomp dinge;

1.       dat ons die weerstandigheid n goeie knou gegee het

2.       Dat ons dus n klomp bosluise al verminder het op die plaas

3.       Dat ons Denys weer instaat stel om byna enige produk te kan gebruik nadat hy totale weerstandigheid byna gehad het (die data word nie gepubliseer nie omdat dit vir studiedoeleindes gebruik word. Denys kan liewer self gekontak word indien daar navrae is)

4.       Koste, risiko vermindering, arbeidsvermindering en gewigsverlies sal later bereken word (model is ook vir studiedoeleindes)

Ek sal oor die verkorte nawerkingstydperke ‘n volgende inskrywe meer vertel, ek wil net seker maak of dit nie liewers as ‘n waarneming in die studie beskrywe moet word nie.  Die afleidings is logies en die aanpassings wat ons by bogenoemde boere toegepas het, blyk op sy kop en korrek te wees.

Laastens is ek dankbaar om te sê dat ek vir die Scorpiondipstel, die seëls wat die dipstof pomp, ‘n produk in België en Nieu Zeeland gekry wat nie reageer met die dipstof nie.  Die beste van produkte in SA, Nitrile en Viton en wie weet wat, het gewoon net opgeswel en vasgeskop in die dipstel se kop wat hom heel onwerkbaar gemaak het

Die produk se koste blyk teen sowat R6000 per kg te wees.  Ek wag daarvoor en sal dan eers die dipstelle wat reeds verkoop is op my eie koste herstel en opgradeer.  Dis net die etiese ding om te doen. 

Pierre van Niekerk

0126674755

0822208386

pierrevn@telkomsa.net

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.