Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Die-pad-na-nooitgedacht-basaar

Argiewe

2009

  • Julie (134)
  • Junie (2)
  • Februarie (4)
  • Januarie (1)

2008

    2007

      Blogger

       
      stoffeljoubert
      Foto album
      Aangesluit: 10 Jun 2009

      Ek ondersteun

      Ondersteun nog niemand nie

      Volgelinge

      Hierdie persoon het geen volgelinge nie.

      Vriend

      Nog nie vriende gemaak nie.

      Jongste blogs

      Danie C se foto
      Toulouse en omgewing (4)
      saai se foto
      Invoere - bangkrot Boere
      Steven nel se foto
      Kopklamp
      Steven nel se foto
      My nuwe nguni vers
      Johannes Meintjes se foto
      Perspektief op Landbou: ACDP

      My Weer

      • Voorspelling
      • Vandag
      • My ligging

      Kaapstad

      • Donderdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:20 C
      • Laag:9 C
      • Vrydag
      • Reën
      • Hoog:17 C
      • Laag:10 C
      • Saterdag
      • Mis
      • Hoog:17 C
      • Laag:7 C
      Sonsopkoms: 7:37
      Sonsondergang: 17:47

      Kaapstad

      Bygewerk:24 May 03:00 IDT
      Temp:
      Druk:
      Doupunt:
      Humiditeit:72%
      Wind:

      Kaapstad

      Peiling

      Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

      DIE PAD NA NOOITGEDACHT-BASAAR

      Ingestuur deur stoffeljoubert op 4 Julie, 2009 - 21:51

      Vir baie jare reeds hou die Nooitgedacht-wyk van die NG-gemeente Kareedouw 'n baie unieke basaar. Wat die basaar so besonders maak is dat dit op die plaas self gehou word. Om daar te kom moet jy eers drie bergpasse oorsteek! Die eerste pas is teen die Zuuranysberg uit vanaf Assegaaibosstasie by Kareedouw. Die grondpad lei jou deur die Suurveld na die tweede pas af en oor die Kougarivier. Al kronkelend vat die pad jou verder tot jy die bekende of dalk gevreesde Moordenaarskloof-pas aandurf. Die pad is glad nie gevaarlik nie, maar motoriste moet maar tog stadig en versigtig met die pas afdaal na onder. Langs 'n pragtige stroom water en die mooiste geelhoutbome vat die pad jou tussen groot rotsformasies deur, verby die Nooitgedacht Primêre skooltjie, tot op die plaas Nooitgedacht, van Quinton en Eunice Nortjé. Wanneer jy eers daar in die afgesonderde, rustige plaasomgewing uitklim, weet jy dis die regte plek om te wees vir 'n groot plaas-lekkerte! Die basaar skop altyd af met die nou al beroemde pap-en-lewer ontbyt. Pannekoek, sop, koffie, poeding, gebak, tonne vleis (Suurveld skaap!) en allerlei ander lekkertes, te veel om op te noem. Almal ontspan sommer daar op die plaaswerf en in die skuur. So al kouende, word die wêreld se politiek opgelos en vind jy sommer uit hoe dit met al die familie ook gaan. Die basaar open om 10:00. Hierdie jaar gaan daar ook 'n pretdraf/stap plaasvind wat deur die Nooitgedacht Primêre skool aangebied word. Almal wat kans sien om die 10 km vanaf Brandekraal tot by die basaar te stap of te draf, moet vanaf 07:00 inskryf. Die wegspring is om 08:00. Inskrywings kos R20 en dit word by die ingang van Brandekraal gedoen. Daar sal drie waterpunte op die roete wees. Daar is groot pryse op die spel! Te bang om die pas te ry? Die oplossing lê in die Pretdraf! Vir meer inligting, skakel Elmien Schlechter, by 0799350019 of 042-2880733. "Op 'n donker aand in Julie-maand, op die pad na Nooitgedacht

      Geen gradering nie
      • Kareedouw.Com
      • 2846 keer gelees
      • Drukker-vriendelike uitgawe

      Kommentaar

      Nuuskierig 
      20 Nov 2009 18:13

      Wanneer is die volgende basaar?

      • antwoord

      Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

      Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

      Geborgde skakels


      Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

      Kwaliteit Saad

      Die toekoms is in jou land

      In lyn met die boer

      MSD Animal Health

      Our brand new website

      Daaglikse nuusbrief

      Weeklikse nuusbrief

      Teken In

      • Registreer as gebruiker
      • Wagwoord vergeet?

      E-pos forum

      • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
      • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
      • Boom Lusern en siektes
      • Nekklamp vir beeste
      • verpakking soos bokse en sakke
      meer...

      Gewildste stories

      Vandag

      • Revolusie in landbou is hier - Tina
      • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

      Immergroen stories

      • RSS-voere
      • E-pos foto's aan ons

      Pas gelees

      • Steve: Plaasmoorde vernietig kultuur
      • Argentynse boere vat Monsanto hof toe
      • Wie is ons?
      • Kontak ons
      • Gebruiksvoorwaardes
      • SMS-diens
      • RSS-voere
      • Teken in op LBW
      • LBW-argiewe
      • Vennote

      Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

      Web Development by FormFunction