
En wat het ons hier....? 'n Ongelooflike slanke dame..., of het ons hier 2 vibrante jong uitdagende manne ...,
1. "Ons weet nie, wie wou waag om uit te vind met die petalje...? Dis is darem swart mamba's wat man kan inhol as jy te naby is..., veg of vry, dis beter om op n behoorlike afstand te bly..."

1. "Ag bekkie, kan ek tog net n slag jou trotse onderkaak sien, ek wil weet ek het met n Springbokkinnebak te doen..."
2. "Het ek darem nou vir jou in 'n Nelson..., daai wyf is myne en verstaan dus asseblief jou plek hier...broer, " Hamba..., voetsek..."

1. En vir die vrolikheid moet ons seker iemand bedank, Boland Bank bestaan ongelukkig nie meer nie...
2. "MMM, Jip...dink jy miskien ons sal vir Golden Gloves Promosies in aanmerking kom?"
"Ag ek weet nie, die mense dink ons is gay, dit raak nou rêrig vervelig die baklei...eish! ..."
"Jip, stem saam, dis waarom die wêreld so in die moeilkheid is..., slim mense..."
"Hakuna matata...Boet, eish!"
Black mambas are, infact, quite far from being black. They earn their name from the ink-black internal mouth. Few things are more intimidating than a black mamba displaying that mouth as a warning to back off.
Its head is decribed as 'coffin-shaped'. Pretty much associated with death in every way possible.

Fotos: Johan van Wyk
Pierre van Niekerk
0822208386
0126674755
Kommentaar
Ek moet sê, dit is great foto's. Saterdag toe my vrou Hannelie die haak van haar troetelhase en marmotte oopmaak om hulle te voer, lê vier hase en twee marmotte DOOD.Sonder aarseling tel sy die sinkplaatdakkie van die lêplekkie op en die volgende oomblik staan 'n tweemeterlange swart mamba armlengte van haar gesig af op met sy bek oop. Sy het so geskrik dat sy die sinkplaat laat val het en ek dink dit het haar gered. Ek het die slang doodgeskiet en van die oorblywende haas en ander goete weggegee!
mmm, dis duidelik dus, as dit oor n wyfie en paring gaan dan is dit n geveg! Die slange baklei dus!eish!
Pierre, Hierdie is net 'n toets.
Jan bez
Sekerlik van die leersaamste fotos ooit! Ek dink dit is `n besonderse voorreg om dit te kon aanskou. Hier in die Soutpansberg het ons groot respek vir swart mambas.Dis inderdaad `n slang sonder gelyke. Het al heelwat onverwagte ontmoetings met hulle gehad.Dit was meesal op reis op veral plaaspaaie. Het geleer om hulle sommer so op `n afstand te identifiseer en eerder wye draaie om hulle te ry eerder as om hulle dood te maak. Ek het wel heelwat boere vriende wat al groot skade as gevolg van Swartmamba byt verloor het.Ek dink elke ontmoeting of kontak met die slange het eie meriete wat sal bepaal of jy doodmaak of vlug.
Dit is twee mannetjies wat stoei of baklei vir die voorreg om met die wyfie te kan paar. Mambas byt mekaar glad nie tydens sulke gevegte nie maar probeer mekaar se koppe afdruk ondertoe. Die een wat dit regkry om die ander plat te druk is die wenner. Baie soos mense se stoeireels.
Daar is gewoonlik ook 'n wyfie wat gereed is vir paring in die nabyheid wat feromone afskei en sodoende mannetjies nader lok. So 'n geveg kan soms ure aanhou en die slange hou geen beserings oor van so 'n geveg nie behalwe om seker bietjie moeg en uitgeput te wees.
Uitsonderlike fotos - aan diegene wat slange voor die voet doodmaak - julle gebruik seker ook kilogramme rotte gif vir die groot rotte/muise plaag in jou skure - Julle is seker ook diegene wat uile en ander roofvoels vir jul kinders net op fotos, videos of in die dieretuine kan wys.
bewaar alle wilde lewe om jou - daar is min oor.
Ten laaste my persoonlike klippie in die skoen - die mense wat in hulle motors uitswaai om 'n slang dood te ry net omdat dit 'n slang is - jy hoef regtig nie so bang te wees - daai ding kan jou nie deur al daai yster bykom nie.
GAAN KOOP EERDER 'N GOEIE BOEK OOR SLANGE EN LEER HULLE KEN - 90% VAN DIE ROADKILL IS ONSKADELIK EN IS DUS ONNODIGLIK DOOD GERY.
My vorige kommentaar is nie bedoel om beledigend te wees nie, maar om die anderkant van hierdie storie te stel. Ek hoop dat die mense wat lees, dit so sal sien. Die punt bly staan dat ons mekaar EN die natuur moet respekteer en verdra. Jammer vir die wat in die gesig gevat voel, maar ons moet regtig bietjie dink voor ons net doen...
Ai tog,
Dit bewys maar net weereens hoe selfsugtig die mensdom is nê. Mense,julle moet onthou dat jul nie net alles kan doodmaak wat in jul pad staan nie. Kyk byvoorbeeld na mense; en die vieslike goed wat hulle teenoor mekaar doen. So moet ek net als en almal doodmaak wat my teenstaan?
Ek sal saamstem om mambas van kant te maak wat naby menslike bedrywighede is/woon; dit is n aggressiewe slang, en hoogs giftig, so natuurlik moet mens veiligheid as prioriteit beskou, maar daar is GEEN rede om so slang in die bos dood te maak slegs oor dit n mamba is nie. Julle glo nog in allerhande ou-vrou stories oor slange, en jul mispersepsie maak die situasie soos die probleem met die Chinese- en Afrika muti mark, waar diere sonder genade doodgemaak word a.g.v bygelowe. Ek hoor gereeld stories van mense wat op wildsplase, kilometers van enige huise of mense mambas skiet net oor dit n mamba is. Teen die trant wat dit gaan, hoeveel van hierdie wonderlike diere sal oorwees oor sê 20jaar?(nog erger is die dom mense wat enige slang voor die voet doodmaak net oor dit n SLANG is! Onkunde darm...) Gaan kyk maar na wat dit aan die natuur sal doen in die langduur aangesien mambas(en slange in geheel) n groot rol speel in plaag beheer. Onthou net, wat jy dalk haat, is n ander se liefde. Baie van julle praat van beeste: ekt al baie beeste van die buurman in my pragtige tuin en kwekery gehad, en dan rig hulle grootskaal skade aan wat soms tot duisende rande kan beloop, so moet ek nou gaan en oorlog teen beeste verklaar en elke bees wat ek sien voor die voet skiet? Ek voel die oplossing is om vreedsame oplossings te vind hoe mens en dier saam kan lewe, dit is tog eerstens hulle "huis" waar julle met julle beeste en beesplase die natuurskoon so op-donner. Die wereld is juis die plek wat dit is agv mense soos julle. Probeer maar net volgende keer twee keer dink met die 2 breinselle wat julle gegun is voor jul net als dood maak waarvan julle nie hou nie.
Ja ek dink klits hulle maar,daar is genoeg wat hulle wil bewaar!? Leeus loop ook nie vry rond nie.Vliee en perdebye word ook voor die voet vankant gemaak!
Waar kan ek 'n ordentlike webwerf kry wat alles en nog wat oor die natuur het.
Toemaar, die slange is nie sommer net vir vrekmaak nie, of jy kan en jy ken hulle of jou geluk is groot of jy kan of hol of hardloop of eerste skiet en goeie afstande hou..., of mens se "bravery is out of range" as ek Pink Floyd mag aanhaal.
Ek hoop hy het hulle uitgehaal. Ek het van my beste beeste verloor agv 'n agresiewe Swart Mamba op die plaas. Ek het oorlog teen hulle verklaar.
Moet tog nie net voor die voet doodmaak nie.
Dit is altyd leersaam om iets uit die natuur te beleef. Ekself is baie geintereseerd in veral mambas omdat ek glo dat hulle van die intelligenste slange is. Ons het al menige insidente met die reptiele gehad en elke keer het hulle my verras met hulle 'denke'. Dit is egter belangrik om altyd baie versigtig te wees as 'n mens inkontak kom, meer nog hardloop weg. Dit is die maklikste.Dit is nie nodig om voor die voet dood te maak nie. Soms word 'n mens genoodsaak om van hulle ontslae te raak, maar met rede. Ek sal altyd die grootste respek vir hulle he.
Julle oningeligtes het seker nog nie gesien hoe lyk dit as daar 12 klein kalfies langs hulle dooie mammas staan en melk soek na n mamba die koeie by die waterkrip voorgele en doodgepik het nie. MAAK VREK OP SIG!!!!!!
Ek self hou van slange en vang hulle en speel bietjie en laat gaan weer, mooi fotos
Baie oulike foto's.
Maar ek is ook gewoond om op die plaas die slange wat naby aan die werf kom dood te maak. Hulle het al menigte kere gesorg vir probleme. Hulle kom in die huis, byt die budgies en konyne. Nie eers te praat van die skape en bokke nie. Dis 'n aardigheid om te sien hoe sukkel die diere wat gepik is en uiteindelik uit gesit moet word. As jy oor die vermoe besit om die slang te kan skuif na 'n habitat wat geskik is vir hom is dit perfek, maar as daar 'n moontlikheid is dat hy jou skade gaan berokken, maak hom eerder dood.
Pragtige fotos.
Dankie aan almal wat positiewe insette gelewer het.
Die lang stertgedeelte wys dat hulle mannetjies is.
Die slang wat die meeste mense in SA pik is `n pofadder en kort op sy hakke die Mosambiekse spoegkobra (Mfezi).
Die mamba se 'persoonlike ruimte" is baie groot. Hy vlug lank voor jy hom nog gesien het. Hy sal slegs aanval as hy vasgekeer is, of as jy tussen hom en sy blyplek is.
Ja, as hy op my werf kom huis opsit, sal ek hom liewer verwyder deur iemand te kry wat weet hoe om hom te vang (as daar genoeg tyd is), of as lewens bedreig word moet hy maar geskiet word. Maar in die veld, los hom tog groot asseblief uit.
Ek boer in Thabazimbi. Ek het gesien wat maak so 'n slang met 'n mens. Maak dood. Dis wat ek doen en verewig sal doen. Mooi foto in elk geval.
ongelooflik om te sien hoe siek mense is deur die kommentaar wat hul lewer. ek het die pas afgelope maandag die beskeie voorreg gehad om in presies dieselfde posisie te wees om soortgelyke ritueel tussen twee swart mambas te aanskou en te kon fotografeer. my video "clip" was ongelukkig te laat begin. glo my dit is iets om te aanskou en te ervaar. ek sal graag wil sien hoe enige persoon twee slange van hierdie kaliber wil aanvat om dood te maak. en aan die onbekende besoeker, hou aan om in evolusie te glo jy behoort een of ander tyd genoeg te evolueer om te weet wat in die wereld gebeur en te besef waar die mens vandaan kom.
Hoekom baklei julle oor wat die slange doen en of hul doodgemaak moes word? As hul geen bedreiging ingehou het vir iemand nie - laat hul dan gaan. Hul het dieselfde reg as ons om te leef. Baie dankie vir die foto's. Ek waardeer dit, want wat is die kans dat ek dit in die stad te siene sal kry? Dit maak tog 'n belangstelling in my wakker om meer uit te vind oor die reptiel. Wel gedaan!!!!
MKruger,
Ek stem saam: As 'n mens kommentaar wil lewer, moet hy/sy darem bereid wees om sy naam te noem. Dit is een van die versoeke wat ons rig wanneer iemand aan 'n debat op die webwerf deelneem. Ons sal die reël vorentoe beter toepas.
Jan Bez, landbou.com
Ek self het kommentaar gelewer op die blog wat mense so bietjie warm gemaak het. My doel was egter spesifiek gewees om 'n gesprek hieroor aan die gang te kry want ek weet daar is baie mense wat heeltemal gekant is teen doodmaak van slange. As ek onnodig mense ontstel het wil ek verskoning vra daaroor.
Persoonlik dink ek egter dat hier kommentare gelewer is wat heeltemal onaanvaarbaar was en wat mens laat wonder het na die opvoedingspeil van die persone wat dit gelewer het. Meestal mense wat as "onbekende besoekers" kommentaar lewer en te bang is om hulle name by die kommentare wat hulle lewer te sit.
LWB, ek weet nie wat die oplossing is nie maar persoonlik wil ek my blogging geniet en nie in onsmaaklike "gevegte" betrokke raak met ongemanierde boewe wat nie eens bereid is om hulle identiteite te openbaar nie.
Ja, mense moet met mekaar kan verskil, maar op 'n opgevoede wyse en nie so dat mens wonder of jy nog verder wil deelneem of nie.
Brakkie,
Hierdie foto's sal altyd hier beskikbaar wees. Jy kan vorentoe net met die woord mamba op die webwerf soek en jy sal die foto's vind.
Jan Bez, landbou.com
Ditsem, Neels Bothma!! Nou het hierdie Brakkie iets vandag geleer!
En Pierre van Niekerk, mooi gestel wat jy daar geskryf het. Pik op hulle! Of is dit nou byt hulle? ;-D
Dankie vir daardie pragtige fotos. Die gras en sleepmerke gee my nogal 'n aanduiding hoe lank en dik is daai slange.
Dis 'n 'hou dit' fotos. Komaan LBW, het jul 'n argief waar jul hierdie pragfotos kan stoor?
Dankie vir hierdie uitsonderlike fotos. Nie net is dit raar nie, maar ook van wetenskaplike belang. Paring van slange word ge-aktiveer deur die vrystelling van die vroulike feromoon. Dit lok die mannetjies van die omgewing wat dan 'n kompetisie begin om die guns van die wyfie te wen. Soos in die foto's, krul die mannetjies om mekaar in 'n poging om die sterkste en swaarste te identifiseer. Geen byte word toegedien, of enige skade word aangerig nie. Die wyfie kies gewoonlik die sterkste of swaarste, maar nie altyd nie.
Paring vind plaas wanner die wyfie die stert optel, en die mannetjie sy stert onder die wyfie inkrul. Geen of min beweging vind plaas, en die oordraging van sperm vind plaas sonder enige buitengewone aktiwiteit. Die geslagsdele (enkel) van die wyfie is in die liggaam, en die twee geslagsdele van die mannetjie is in die stertbasis. Die foto's wys duidelik dat geen of min kontak van die sterte of geslagsdele kontak maak, wat dit duidelik uitwys as mannetjies.
Neels Bothma. Voorsitter Mpumalanga Herpetologiese Vereniging. jakkals@lantic.net 082 730 3047
Maar dan is dit reg Marcel, sê dit, as dit die waarheid is, is dit waarheid? Dit is geplaas in die openbaar om iets aan almal te wys en dis geneem deur iemand wat nie n slangkenner is nie. Waarom hierdie bytende reaksie in plaas van die gee van 'n ordentlike opregte mening soos n beskaafde mens wat in belang van reptiele goeie verstaanbare inligting in hulle belang wil gee. Niemand het enige slangkenner aangeval nie en ordentlike waardige informerende kommentaar is meer as welkom. G'n wonder slange en reptiele het moeilkheid nie want die mense wat hulle saak moet stel is op die byt en verdediging en het 'n totale onvermoë om te kommunikeer. Skaam julle dat julle jul plig en liefde so versaak. Pierre van Niekerk
Kan iemand ons leke meer inlig oor hoe mens die verskil kan sien tussen paring en n gestoei... en die verskil tussen mannetjie en wyfie....dit lyk asof die kenners dit maklik kon sien op die fotos
Scorpiondip
Is jy 'n slangkenner?? Jy weet duidelik nie wie lewer kommentaar nie!!
Ons praat NIE nonsens nie!
Hierdie twee ''baklei''. Hulle byt mekaar glad nie! Hulle sal hulle koppe swaai ens.. As hulle klaar is, baklei hulle nie oor en oor nie, die een gee op en seil dan weg.. Hierdie is nie 'n paring wat plaas gevind het nie!!
Ek dink die sogenaamde slangkenners moet liewer stilbly. Publiseer liefs julle gesprekke hier met n swartmamba waar julle julle vriendelike gesprekkie so saam met n doppie Bells bespreek....die ou spulletjie was, ongeag wat julle sogenaamde kenners seg, daarna vriendelik met mekaar en het vir sowat 20 meter langs mekaar geseil voordat hulle dwars weg van mekaar is... ek verwonder my, was dit n nuwe genaraise gay slange? Ek verneem graag en moet nie met my nonsens praat nie.!
Kan iemand dalk vir ons vertel waar sit die geslagdele van slange?
Burger,
Hierdie foto's en teks is op 'n blog geskryf. Landbou.com kan nie iemand se blog korrigeer nie, behalwe in gevalle van haatspraak, ens. Die blogger is reeds versoek om vas te stel of die slange paar of stoei.
Vertel asb. hoe lyk dit as hierdie slange paar?
Dis nietemin ongelooflike foto's.
Jan Bez, landbou.com
Kry julle feite reg voor julle sulke snert publiseer. Sommer iemand op straat gestop en vrae oor slange gevra of wat? Daai twee is manlik, dit is die mamba geveg vir dominansie. Daai Rinkhals het geen nut vir melk nie. Doen n bietjie navorsing op websites wat actualy met die diere werk tenmintse!!!!
Dit is werklik jammer dat ons pers so sensasie jaag dat hulle selfs bereid is om sonder enige navorsing van hul eie sulke snert te plaas. Ek dink eerlik waar hulle moet hulle maar hou om oor al die plaas aanvalle ens te rapporteer en die plasing van sulke snert te staak. Ten minste as hulle oor die plaasaanvalle rapporteer kan hulle lieg want dan bevoordeel hulle die politisie
Paar die slange, of stoei hulle? Na al die kommentaar wil almal seker weet wat regtig aangaan?
Lyk my die rassiste wil net alles wat swart is doodmaak? Die twee mannetjies stoei om 'n kans te kry om met die wyfie te teel. Hulle byt mekaar glad nie. Sulke fotos is nie maklik om te kry nie want hulle is skaam en vlug gewoonlik. Ek hoop hulle maak baie rotvreters groot.
Ek is jammer mense, maar in my lewe het slange mense nog nooit aangeval as daar nie rede was nie, soos die een gesê het, meeste mense word gepik gedurende die proses om die dier dood te maak of te beseer, my broer was noudiedag deur ons skaap ram aangeval sonder waarskuwing gedurinde voer tyd, hy lê tans in die hospitaal met sy gebreekte enkel hy het skramps met sy lewe weg gekom, daar was geen waarskuwing nie, 'n wilde slang sal jou waarsku, 'n pofadder plaas, rinkals of kobra sal hom sigbaar maak, boomslange sal waarskynlik skuiling soek.
Ek is ook meer versigtig vir die 2 been jakkals in die nag as die swart mamba in my dak.
Ons reptiel spesies se nommers is besig om te daal mense.
En ek glo die persoon bo aan die lys, die engelsman, is op die raad van die oosrand, East Rand Herp. Ass.
It is ludicrous to believe that Boere as a whole put the wrong information there because they are stupid. The information wat gathered from Animal Planet. It blows the mind why you do not correct the information like a well mannered person if you do have it. Welcome to do and I asked someone to do so as well. Hi Pierre
Are you the guy who added the extra information (in English) after the pictures of the mamba mating
Chris Hobkirk
Team leader Capture and Relocation
Mpumalanga Tourism and Parks Agency
Private Bag X11338
Nelspruit, 1200
N4 National Road, Halls Gateway, Mattafin
Tel: 013 759 5487
Fax: 013 752 2176
Cell: 082 372 3350
Email: reptile@mtpa.co.za and mtpagame@gmail.com
Website: www.mpumalanga.com
Waaragtig merkwaardig!!! Ek stem, dis onnodig om hulle te wil doodmaak. Slange is skepsels net soos enige ander dier of mens. Baie geluk aan die fotograaf. Jyt seker 'n m@#rse lens gehad, want ek kan nie dink dat jy te naby wou kom vir die foto nie? En die Ingelse kommentaar was seker deur 'n buitelander geskryf wat niks van Afrika weet nie!
Gee nuwe betekenis aan die gesegte "Om te dans met die duiwel homself"!!!!
What a load of ****. Who is the responsible person who gave the mamba information in english. All the facts are wrong! This is how the boere stay so far behind in the chain of evolution, they actually believe the rubbish written above. Please people these are absolutely ridiculous propaganda to make the pictures look and seem more hectic! And its two males combating (fighting) not a male and female mating!!!!!!
Duidelik onbekende besoeker ken nie van swart mambas nie!! Doodmaak.... ek dink nie jy weet waarvan jy praat nie!!
al wat ek kan se is, WOW!
Dankie vir die kommentaar, deel dit met julle vriende en deel ook die link van Landbouweekblad met julle vriende.
VIR HULLE GAAN DIT UITSLUITLIK OOR OORLEWING. DANKIE VIR FOTO`S.
Mooi size hierdie - indien jy die 100m in 10 sek kan aflê hol jy 36km/h - moenie omkyk nie - gaan by "begin" verby en moenie R200 insamel nie - just keep goiing!!
Stunning foto's!!!
Baie interesting!!
Baie rare foto, en goed ook. Het al self 'n belewenis met so outjie gehad. Het in my eie #%#@ agteruitgeloop.
om sulke fotos te kan is net soos om die lotto te wen,ek kan et se merkwaardig mooi pragtig die fotograaf was baie gelukig
Chris Goosen
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)