<!-- @page { size: 21cm 29.7cm; margin: 2cm } P { margin-bottom: 0.21cm } -->
Prentjie mooi, staan sy by die ingang van die saal, stralend. Haar ouers, ook byderhand om saam met haar, al die gaste te verwelkom. Selfs ´n rooi tapyt om op binne te gaan. Die saal pragtig versier. Tafels en die ander bykomstighede, in blou en wit. Die grootste geleentheid vir ´n meisie, ná die belangrikste, die huweliksfees. Hier, gelykstaande aan ons kultuur se 21e.
Gisteraand was die 15e verjaarsdag, die quince, van Raquel Veidt Knecht. 150 gaste. Lekker atmosfeer. Geen, maar geen, toesprake nie. Net lekker kuier, dans en eet. Claudio, die baaskok, wat die sprortklub se restaurant bedryf, is wyd bekend en almal weet dat daar lekker gesmul gaan word. Dansmusiek, verskaf deur Hansie en sy groep. Beter as die jongklomp se musiek wat so met rustye, gespeel word. Jammer dat dié lawaai die kuier in die wiele ry.
Later, water almal se monde vir daardie reuse koek, skepping van Lucy, baasbakster, saam met die koffie. Om 12 uur vang die fotosessie om daardie reus aan. Eers Raquel, amper wil ek sê die bruid, saam met die vriendinne, wat haar Feliz Cumpleaños toesing. Dan saam met die familie en feitlik saam met al die res van die gaste.
´n Heerlike ontspanne aand. As ons wegstap, wonder ek tog of die ouers met net seuns, nie dalk ´n sug van verligting slaak, omdat dié groot koste hulle gespaar is nie. Dalk is ek nou onnodig negatief.
Hasta la proxima
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)