Inleiding
Die rooipootbosluis is soos die bruinoorbosluis, ‘n belangrike draer van Ooskuskoors en kan weens sy voedingsposisie in die oor van ‘n dier as larf en nimf, verwar word met ‘n bruinoorbosluis. Die bruinoorbosluis is ‘n 3-gasheerbosluis. Let op die volgende kenmerke van die rooipootbosluis.

Die Rooipootbosluis- Rhipicephalus evertsi evertsi
Beskrywing in die Literatuur
Die rooipoot is ‘n tweegasheerbosluis. Die “2-gasheer” status of beskrywing word verkry van hoe die spesifieke bosluis parasiteer op sy gasheer.
Voortplanting
· Die wyfie kan tussen 5000 en 15000 eiers lê
· Die eiertjies kan tot 3 maande neem om uit te broei.
Onderstaande foto is 'n foto van die ovipositering van 'n bloubosluis. Die foto word net as voorbeeld gebruik ter verduideliking van hoe die eierlegging lyk. 'n Bloubosluiswyfie lê tot 3000 eiers.
Gevaarlike kenmerke
· Die larwe soek dan ‘n gasheer, wat uit hase, muise, slange, beeste, skape en verskeie wildsoorte kan wees soos buffels, zebra's, swart- en blouwildebeeste. Literatuur beskrywe ook dat die rooipootbosluis op varke, honde en roofdiere gevind word.
Foto dien as voorbeeld van hoe 'n haas bosluise kan versprei
· Baie van hierdie bosluise se gashere is bekende draers van verskeie dieresiektes van ekonomiese en veeartsenykundige belang.
· Hierdie bosluis kan dus besmet word deur ‘n gasheer, soos bo genoem, wat weerstandig is teen die siektes wat die rooipootbosluise kan oordra.
· Hierdie diere word daar in die literatuur verwys as lewende vrylopende “reservoirs” van die siekte of organisme wat deur bosluise die siektes oordra word.
· Op hierdie manier word ander diere, wat nie weerstandig is teen die siektes wat die bosluis kan oordra nie, blootstel en of met dodelike gevolge besmet.
· Kyk na weer na die beskrywing van die rooipootbosluis. Dit is ‘n multigasheerbosluis. Hy voltooi sy lewensiklus op meer as een dier en, in die rooipootbosluis se geval, twee gashere.
· Bloubosluise, ter volledigheid, voltooi sy lewensiklus op een dier alhoewel die bloubosluismannetjies kan rondloop en dalk op ‘n ander dier klim agter wyfies aan. Dit is hierdie rondlopende mannetjies wat dus instaat is om galsiekte te versprei na ander diere toe.
· Die rooipootbosluise kan die siektes wat hul op ‘n besmette dier inneem, na verskeie nageslagte deur die eiers oordra.
Lewensiklus
Nadat die eier uitgebroei het, soek die larwes gashere en as dit gevind word
· Voed die larf op sy gasheer vir tussen 3-7 dae
· Die larwe bly op dieselfde gasheer. Hier “moult” die larf dan op die eerste gasheer (sien gashere bo) en sit as ‘n klein spikkeltjie, ‘n doppie van ‘n soort en omvorm dan in hierdie stadia na ‘n agtpotige nimf toe.
· In hierdie “doppie” staat, voed die rooipootbosluis nie. Dit is dus moeilik om die bosluis in hierdie staat met enige dipstof te beheer.
· Die ketienstof waaruit die huid of doppie bestaan (hare en naels is ook ketien) bevat ‘n ensiem wat met die regte klimaat en vog in die lug reageer en sal net uitbroei as die omstandighede ideaal is.
· Die rooipootbosluis gaan ook op hierdie stadium in ‘n diapause in, waar hul metabolisme byna heeltemal tot stilstand kom om vir tyd te speel. Dit is om vyandelike uitdagings soos klimaatsomstandighede te oorkom.
· Afhangende van die gunstigheid van die omstandighede, kan die bosluis enige tyd binne 2 - 50 dae neem om te ontluik.
· Hierdie bosluis staan dan as ‘n nimf bekend.
· Wanneer die nimf ontwikkel het, neem dit op dieselfde gasheer ‘n bloedmaal wat vir sowat 7- 10 dae kan duur.
· Daarna val die rooipootbosluis af. Soek dan ‘n goeie skuilplek in bosse of krake in die grond en gaan dan in 'n rustende toestand (diapause) vir tydperke wat tussen 3- 6 maande kan strek, voordat hul as volwassene ontluik en na 'n nuwe gasheer soek.
· Die literatuur in die algemeen is van mening dat die verskyning van die rooipootbosluis dan eers vir die eerste keer op groter diere en dan diere van ekonomiese belang sal wees.
· Die volwasse rooipootbosluis vir minder as 14 dae op sy finale gasheer, waartydens plaasvind. Hierna val die volgesuigde rooipootbosluiswyfie van haar gasheer af.
· Die wyfie begin eers om eiers te lê na ongeveer 'n maand. Sy kan die eierlegging terughou vir solank as 8 maande indien klimaatsomstandighede nie gunstig is daarvoor nie. Die getal eiers wat dan gelê kan word wissel van tussen 5000 tot 15000 eiers.
Kyk na die waarde van die bosluisvoëtjie, diep in die oor.
Waar parasiteer die rooipootbosluis?
Hoofsaaklik om en by die oorskulp en onder die stert van die gasheer.
Kenmerke en aard
Die larwe kan tot 7 maande sonder ‘n bloedmaal oorleef, die volwassene rooipootbosluis sowat ‘n jaar. Rooipootbosluise is dwarsdeur die jaar aktief, wyl hul hoogtepunt gewoonlik in die somer is vanaf Januarie tot Mei.
Oordraagbare siektes
1. Die rooipootbosluis is soos die bloubosluis ‘n belangrike draer van rooiwater
2. Moontlik die heel belangrikste draer van galkoors by die perdefamilie
Die draer van Ooskuskoors soos by die bruinoorbosluis
3. Beestheilerose, spirochese, lenteverlamming en ligte galkoors by beeste.
Gevaar vir mense
Byte van die bosluis veroorsaak ook bosluisbytkoors by mense. Die rooipootbosluis is ook die draer van die gevaarlikste virusse hemorragiese virussiektes soos die Lassakoors, Kongokoors, en die Arenavirus, wat onlangs ‘n dood van ‘n bekende rugbyspeler se niggie in SA meegebring het. Soos in ‘n onlangse skrywe genoem, die virus smelt 'n mens se organe letterlik op.
Die pad van Kongokoors deur die mens
Belangrike feite oor besmetting
Die larwe raak besmet van ‘n geïnfekteerde of reeds besmette dier. Hul dra hierdie siekte eers in hul volwasse stadium (nadat dit afgeval het en ‘n nuwe gasheer gevind het) oor na die volgende gasheer.
Rede: Die rede daarvoor is dat dit ‘n 2-gasheerbosluis is. Die rooipootbosluis bly in sy eerste twee lewensfases op een gasheer, waar hy dan besmet word;
· Die parasiet huisves homself in die plasma van die bosluiseier en word oorgedra na die volgende geslag bosluise toe.
· Die bosluis kan tot 3 jaar oorleef.
· Dit maak wetenskaplike beredenering van bosluisbestuur en dierebeheer uiters belangrik.
Wat is die gevaar van hierdie bosluis?
· Enige produsent of wildboer wat diere wat nie vanaf ‘n toetsbare wetenskaplik bestuurde gebied of produsent verkry nie, kan 'n verskeidenheid siektes na hul streek en gebied inbring, veral as dit “reservoir” diere is wat siektes het wat deur die rooipootbosluis oorgedra kan word.
· Onthou weer watter gashere die bosluis in sy lewensiklus benut. Dit kan deur rotte en muise en voëls ook ingebring word wat op verskeie denkbare maniere in gebiede kan inkom.
· Aardverwarming, verskuiwende klimaatstreke, veranderende weerpatrone met gepaardgaande plante en diere wat in die veranderende gebiede kan oorleef, veroorsaak dat die natuurlike grense wat gunstig is vir die bosluis om te in oorleef, ook aanpas en verskuif.
· Verskeie van die rooipootbosluis se natuurlike gashere skuif saam met bogenoemde veranderende habitatte. Dit beteken dus dat die rooipootbosluise saam met sy gashere aanskuif, wat soos genoem voëls, rotte, slange, hase, honde, wildevarke is.
Foto dien as voorbeeld hoe reptiele rooipootbosluise kan versprei
Strategiese geïntegreerde bosluisbeheer, wat op 'n wetenskaplike beplande wyse geformuleer word, wat uniek tot elke gebied en individueel tot elke plaas is, is die toekoms en van groot belang.
Dit is belangrik om te noem dat die gashere van rooipootbosluise nie uitegroei moet word nie. Dit is werklik 'n onsinnige gedagte. Al wat gaan gebeur is dat die bosluise op diere van ekonomiese belang hulle lewenssiklus gaan voltooi tot die bittere spyt van die verwoester.
Foto dien as voorbeeld hoe krimpvarkie bosluise kan versprei
Enkele aspekte in die beplanning van beheer
1. Moenie die voeding op 'n gasheer verwar met die tydperk wat die bosluis rustend op sy gasheer verkeer nie.
2. Bedink hoe wyd loop van hierdie gashere waarop die rooipootbosluis op parasiteer.
3. Larwes en nimfe is van ongeveer Oktober to Junie op ‘n gasheer. Onthou dat hul in die eerste twee stadia van hul lewensiklus op dieselfde gasheer bly.
4. Volwassenes is ongeveer van begin November te vinde tot vroeg April op die tweede gasheer.
Belangrik:
Alle foto's behoort aan hul regmatige eienaars en is nie my persoonlike eiendom nie.
Skrywe se inhoud vanaf 'n kursus by Prof Ivan Horak.
Pierre van Niekerk
0822208386
0126674755
pierrevn@telkomsa.net
Kommentaar
Hallo Pierre
Ek is bewus daarvan dat daar beweer word dat ander bosluise ook kongo koors kon oordra, maar sover my kennis strek, is daar nog nie 'n kongo koors geval in Suid Afrika toegeskryf aan R evertsi evertsi nie. Al die gevalle was toegeskryf aan H marginatum rufipes. Ek lees maandeliks die NICD se brief, maar moet erken maar eers die laaste twee jaar, en daar was slegs melding gemaak van bontpoot bosluise wat Kongo koors oordra. Die rede hoekom ek navraag doen is dat dit die bosluis is wat die meeste by my voorkom en aangesien ek met skape, bokke en beeste werk behandel ek glad nie teen hulle nie want hulle veroorsaak geen probleme by my nie. In die 20 jaar wat ek hier is het ek slegs twee gevalle gehad van lenteverlamming. My e-pos is Lkruger@arc.agric.za.
Groete
Leon
Beste Leon, ek sal die skrywe moet regmaak oor rooiwater, dit is nie korrek nie en jy is reg daarin, nie seker hoe ek dit gemis het nie maar, ek sal wel die literatuurverwysing vir jou gee oor Kongokoors.
Hallo Leon, ek het. stuur my jou epos en ek stuur jou die werke wat ek het
Hallo Pierre
Ek wil graag uitvind. Sover my kennis strek dra Rhipicephalus evertsi evertsi nie rooiwater oor nie en ook nie Kongo koors nie. Kongo koors word deur Hyalomma marginatum rufipes oorgedra en rooiwater deur Rhipicephalus decoloratus en R. microplus. Indien ek verkeerd is, het jy dalk literatuur verwysings daarvan dat hulle wel die oordraging doen.
Groete
Leon
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)