Die ou weergawe van die Scorpiondipstel
Die skakel na die ou weergawe van die Scorpiondipstel. 'n Nuwe video sal binnekort gemaak word wat die toediening op Swartwitpense en elande wys, tesame met die strategie en filosofie van wildbestuur om so min as moontlik te dip.
Die dipstel is in geheel nuut verbeter.

Die dier se deurloopbeweging bring mee dat die dipstof oor die hele rug uitgelaat word. Sien uitlaat net na die pyp op drukgang.
Die hele toedieningswerking is nou binne die dipstofhouer ingebou. Die oorhoofse toedienpunt is ter wille van die video self hoog gesit, sodat die kamera die toediening optel en wys. Vir beeste word die dipstel in 'n hek of kraalingang of drukgang opgestel.

Die prototipe van dipstel. Sien die blink dipstof op dei rug eweredig uitgelaat.
Alle materiale wat met die dipstof kon reageer is uit die stelsel uit ontwerp. Die materiaal wat wel in aanraking kom, word gefluorineer om die materiaal te seel sodat geen reaksie kan plaasvind nie
Die dipstel is sowat 95% akkuraat, (getoets deur Prof Eddie Webb by Tuks, verslag beskikbaar)
Die dipstel dien dipstof toe, proporsioneel tot die dier se individuele massa. Niks word geskat nie.
Die dier trap op die dipstel, dit weeg die dier se unieke gewig en dien dan die korrekte hoeveelheid afgemete dipstof, uniek tot die dier se eie massa, op die skof en laerug toe.
Dit is noodsaaklik dat die diere die dipstel gewoond raak deur dit n dag tot 3 dae onaktief te hou sodat die reuk kan saamsmelt met die natuurlike omgewing.Die dipstel dip geluidloos.

Vir bruinoor- en rooipootbosluise, is dierdie posisionele toediening krities, omdat diere, beeste, elande biffels, swartwitpense, almal, hul ore teen hul skouers skuur en sodoende effektief in die ore kry waar uiters doeltreffende beheer plaasvind.
Kyk na die onderstaande vergrote foto. Hierdie dier het nie meer 'n oor nie. Dit is waarom bogenoemde toedieningsposisie van baie groot belang is. Kyk na die bruinoorbosluise hoe sit dit daar.
Die Scorpiondipstel
Dien dipstof op gemiddeld 15 beeste per minuut toe, wat gewoon rustig deurstap. Daar is verder geen hanteringstres nie. Die dipstel vereis geen kragbron nie, net n slim rustige en kundige opstelling om sy werk effektief te doen.
Die vreesbevange gesig is nooit weer nodig nie
Daar is naas die instandhouding van dipstof en die oop of toemaak van die kraan, geen ander arbeid betrokke nie, sou die dipstel slim opgestel is om die dip toe te dien in 'n dier se natuurlike beweging na water, kraal, lek en weiding.Die dipstel is ook draagbaar en verskuifbaar.
Sou die dipstel onaktief gemaak moet word, word daar bloot 'n kraan toegedraai of, die houer word gewoon nie met dipstof gevul nie tot en met n volgende keer.
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
Kommentaar
Is reg. Ek gaan sukkel om julle te glo want dit moet n ouvroustorie en 'n mite wees, want, EM, dit wat ek kan onthou daarvan toe ek die Katoensaad BBRR vir die Katoenraad deurgekry het, is 'n kombinasie van verskeie a-aerobiese bakterie.
Dis nou die uitdaging en vraag aan beide van julle.
Op watter manier in die dier se bloedstroom metaboliseer die bakterie dat hul bosluise effektief beheer na die fermentasieproses in die rumen?
Ek het n probleem om jou te glo dat dit bloubosluise is, want vele groepe bosluise is blouer as bloubosluise.
3. Meeste "blou" multigasheer wyfies suig hulself in die laaste 24 uur vol en val dan onmiddelik af.
Geen plant wat n dier kan eet, is in staat om 'n bosluis te beinvloed voordat die bees eerste beinvloed nie.
4. Ek onderskat nie die waarde van EM nie, behalwe dat dit hoofsaaklik bestaan uit bakterie soos Lactobacillus plantarum; L. casei; Streptococcus Lactis) dan ook uit Fotosintetiese bakterie; (Rhodopseudomonas palustris; Rhodobacter sphaeroides) uit gis (Saccharomyces cerevisiae; Candida utilis; Streptomyces albus; S. griseus en of dit nog die volgende fermenteringsbakterie bevat, (Aspergillus oryzae; Mucor hiemalis) weet ek nie.
As hierdie goed in 'n dier se pens kom, gis dit en skyt hy dit uit en dit mag hom bes moontlik net meer CO4 laat vrystel. Dalk suurpens ook en dit kan dalk tot verhongering ly dat hy meer gras vreet en minder gewig aansit.
Jammer. Dit is 'n ouvroustorie. Bosluise is 'n ongelooflike organisme wat deur 10 000 briljante wetenskaplikes in alle opsigte fyn bestudeer is, bloed, speeksel, fisiologie, ketien, ensieme, patogene en bosluise is en bly slimmer as almal van ons saam. Daar is niks waarteen n bosluis homself nie weerstandig buitendien kan selekteer nie, behalwe die ensieme binne in bosluisvoël se maag wat hom weer metaboliseer.
Jammer vir die reguit antwoord,.
GREAT TJOM
BAIE GOEIE METODE. ONS BOER LANGS HOUTRIVIER IN LIMPOPO PROV.AS JY BLOUBOSLUISE WIL SIEN, DIS HULLE TUISTE. N BUURMAN VERTEL MY HY GOOI E. M.(EFEKTIEWE MIKROBES) IN SY KRIPPE. EK KRY OOK DAARVAN. KOEBAAI BLOUBOSLUIS, HOOGBERG@WEBMAIL. CO.ZA
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)