Die Strategiese beheer van Bruinoorbosluise

Verskeie van die boere wat my bestuursplan aangeneem het, sommige van hulle het sowat 100 dae gelede vir multigashere gedip.

Die uitdaging wat ek het is dat hulle glo dat hulle bosluise en veral multigashere goed pak slae gegee en uitgeroei het.  Die skrywe is aan hulle en ander wat die mite glo opgedra. 

Nou kos dit keerwerk want dit is nie waar nie.

Algemeen: Lewensiklus

Die bruinoorbosluis is ‘n 3-gasheerbosluis en sy wetenskaplike naam is (Rhipicephalus appendiculatus). Bruinoorbosluis word afgelei van sy bruin kleur en van sy voorkeurvashegtingsplekke by sy gashere. By elande en beeste veral word groot skade aangerig, soos onderstaande foto’s getuig.

'n Eland wat se oor afgesny word om die dier te red

 Daar is 3 ander spesies wat ook van belang is maar hulle natuurlike voorkoms is in Zimbabwe, Angola en in die Kongo.

 

Siektes en ekonomiese skade van die bruinoorbosluis

Die bosluis dra die Theileria parasiet oor;

1.     Theileria parva parva - Ooskuskoors wat dodelik vir beeste is

2.     Theileria parva lawrencei – bekend as Buffelsiekte

3.     Theileria parva bovis – bekend as Zimbabwiese Theileriose

4.     Ehrlichia bovis – bekend as Bees Ehrlichiose

5.     Rickettsia conorii – Bosluisbytkoors

6.     Miase    

Voedingsprofiel van bruinoorbosluise

1.     Die bruinoorbosluis het die vermoë om onder gunstige omstandighede sy hele lewensiklus in 3 maande te voltooi

2.     Dit kan na gelang van klimaatuitdagings wat nie gunstig is tot hul voortbestaan en oorlewing nie, die lewensiklusse in ‘n proses genaamd diapause uitrek en daarmee die lewensiklus in ‘n tydperk van tot 3 jaar voltooi

 Volwasse wyfie

  1. Die volwasse wyfie, na bevrugting, begin om tussen 5 en 6 dae vandat sy afgeval om 3 000 tot 8000 eiers te lê.
  2. Sy kan egter na gelang van klimaatsomstandighede die eierlêproses (ovipositering) tot en met 40 dae uitrek voordat sy kan begin om eiers te lê.
  3. Die eiers sal (weereens na gelang van ideale klimaatsomstandighede) tussen 20 en 90 dae uitbroei. 

Die bruinoorbosluis neem 3 bloedmaaltye gedurende sy lewensiklus;

    1. as larf (4-7 dae)
    2. as nimf (4-7 dae) en
    3. as volwasse bosluis (4-7 dae) waartydens bevrugting ook plaasvind

1.     Die larwes kan tot 7 maande sonder ‘n gasheer/bloedmaaltyd klaarkom en voed op ‘n verskeidenheid van gashere soos muise, hase, meerkatte, beeste, wildsbokke.  

2.     Die ontwikkeling van die larwe na nimffase neem tussen 10 dae en 90 dae (weereens weens klimaatsomstandighede) en die nimf is instaat om tussen 14 maande en 2 jaar te oorleef sonder ‘n bloedmaal.

 

Algemene beskouing van Bruinoorbosluis se lewensiklus

  1. In Suid Afrika dui die literatuur daarop dat die bruinoorbosluis ‘n redelike streng seisoenale karakter het
  2. Volwassenes verskyn normaalweg gedurende die reënseisoen. 
  3. Die Literatuur verwys na volwassenes se voorkoms vanaf Oktober tot April en onvolwasse stadia van die bruinoorbosluis van reeds so vroeg as Februarie. 

 

Verwarde koei met bloeiende oorskulp reeds met maaiers in.

 

Hierdie middelsomer groep onvolwasse bosluise moet nou nie met die bosluise in Punt 4 hieronder verwar word nie. Hierdie bosluise is van die vorige somer se oorlewing en eierlegging daar en, sou mens nou die vermoëns van die bosluis bestudeer, is dit n baie moeilike aspek om in die algemeen te verduidelik. 

Weet net hulle is daar en nie noodwendig besig om te voed nie en of op die beeste alleen nie. 

  1. Hoofsaaklik sal nimfe gevind word van Julie tot Oktober, waarna hulle volwassenes word vanaf Oktober tot April wat ‘n gasheer soek om ‘n bloedmaal te neem en eiers te lê.
  2. Die eiers wat tydig uitbroei, neem die larf ‘n bloedmaal wat tussen 4-7 dae neem, val dan af en oorwinter dan in ‘n geskikte habitat op die grond.

Bogenoemde is 'n algemene verwagting en beskrywing van die aard en karakter van die bruinoorbosluis. Dis n goeie vertrekpunt vanuit baie goeie Literatuur.  

Dit is egter nie al wat belangrik is om te verstaan van die bruinoorbosluis wat een van die belangrike multigasheerbosluise is nie. Hierdie bosluise se basiese karaktereienskappe word ook by 4 ander belangrike bosluisspesies van ekonomiese belang in die Suid Afrikaaanse produksieomgewing gevind.

Hulle is;

1.     Bontbosluise – Amblyomma hebraeum of hartwaterbosluis (3-gasheer)

2.     Karooverlammingsbosluise- Ixodes rubicundus (3-gasheer)

3.     Bontpootbosluise - Hyalomma spp (2-gasheer)

4.     Rooipootbosluise – Rhipicephalus evertsi evertsi (2-gasheer) het ‘n vermoë wat in die wetenskap bekend staan as diapause.

 

Diapause (Basiese beskrywing)

Is die term wat aandui dat die groepe bosluise (en al die ander multigasheerbosluise), weens klimaatsomstandighede soos droogte, koue en tekort aan gashere, in ‘n toestand ingaan waar hul hul metabolisme heel afskaal en eie liggaamsontwikkeling in werklikheid doodstop om verder te ontwikkel vir lang en verskillende tydperke. 

Hierdie toestand kan vir verskillende tydperke duur totdat die vereiste klimaatsomstandighede weer gunstig is om die lewensiklus te voltooi. 

 

Waar is die bosluis te vind?

1.     Hierdie bosluise in ‘n staat van diapause is op die grond in krakies of graspolle te vind en nie noodwendig op beheerbare diere soos beeste waar hul beheer kan word nie.

2.     Onkundige beheer is onnodig en geldmors. Dit veroorsaak net weerstandigheid weens die blootstelling van die aktiewe aan teenswoordige bloubosluise wat tot groter moeilikheid in hul weerstandigheidsselektering lei. Hierdie is nie net soseer in die oordraging van moontlike rooiwater en galsiekte nie, maar in massaverlies en onvoldoende melkprestasie by vroulike diere wat lakteer.

3.     Die afleiding kan dus ook gemaak word by lakterende vroulike diere by wild.

Beheer

Sou mens nou ‘n analise vir 'n produsent maak, moet die produsent weet dat die bosluis heeljaar op hul gashere te vinde kan wees maar, hulle is net vir kort tye (4-7 dae) op die gasheer. Hulle sal dan ook in verskillende fases of rustend wees of op ander gashere voed.

 

Beheer moet dus met gesonde inligting strategies beplan en gefokus wees om;

1.     Nie weerstandigheid by bloubosluise te veroorsaak met die beheeraksies en onkundige dipstelle nie, omdat die bosluis 'n hoër metabolisme het en sy lewensiklus in net 21-24 dae voltooi

2.     Produsente moet hulself nie verneuk met wat hul sien of nie sien nie, want die bosluis suip hom vol binne 24-36 uur en val dan af, wyl hy byna onsigbaar as volwasse in 'n verkleinde staat gepaar het. Na bevrugting suip sy haar met spoed vol en val dan van die gasheer af, waarna sy na sowat 6 dae begin om tussen 3000 tot 8000 eiers te lê.

3.     Beheer moet met effektiewe geregistreerde dipstowwe plaasvind sodat mens bepland die aktiewe kan afwissel. Moenie dink tuismengsels werk as jy nie die bosluis sien nie. Die werklikheid is bietjie anders omdat multigashere ook op verskeie ander diere soos hase en rotte en reptiele en voëls parasiteer wat mens nie kan of wil uitroei nie. Dit is belangrik om te weet dat wanneer dipstowwe toegedien word, dit nie in isolasie van ander parasiete van ekonomiese belang gedoen word nie. Dit raak hulle en hul selekteer hulself weerstandig daarteen.

 

Gashere

1.     As 'n produsent kwaad is vir homself, sal hy probeer om kleiner gashere soos hase en grondlopende voëls soos tarentale en fisante uit te roei.

2.     Al wat dit beteken is dat dit dan moet op diere van ekonomiese waarde voed soos beeste, bokke, buffels elande, waterbokke, nyalas, koedoes, swartwitpense en, soms honde en skape ook.

 

Plekke van aanhegting vir die bruinoorbosluis

1.     Neusspieël

2.     Wange

3.     Oorskulpe

4.     Basis van die oor

5.     Kopkroon

6.     Nek

 

 

Strategiese beheer

1.     Beheer en of die Strategiese beheer van multigashere, maak net sin as Bloubosluisweerstandigheid verhoed word in die beheer van multigashere.

2.     Met genoegsame langwerkende effektiewe dipstof wat waterweerstand het

3.     Gehalte dipstof wat geregistreerde waardes het en nie ‘n vinnige afbrekingsreaksie toon op die invloede van ultravioletstrale nie, want dit befoeter die beheer met bloubosluise op en veroorsaak verdere weerstandigheid omdat bloubosluise nie n effektiewe dosis kry nie.

 

Totdat daar geen oor meer oor is nie...

 

Bogenoemde is nie nodig nie. Dis verkeerd! Hierdie diere het baie laer waarde op veilings omdat die dier uit gestremde omstandighede vandaan kom.

 

Beheer werk met 'n plan.

Bosluisbeheer kan nie sommer lukraak gedoen word nie want “beheer” moet uiteindelik lei tot;

1.     Die aktiewe vermindering van al die onderskeie groepe bosluise

2.     Weerstandigheid moet in geheel verhoed word

3.     Dit is nie nodig in geheel meer as 6 keer per jaar strategies te dip nie, tensy daar uitskieter tye is wat dit noodsaak

4.     Die fokus moet verskuif na produksieprestasie en nie na bosluisbeheer nie, want produsente wat ‘n bosluisuitdaging (probleem) het, het aan niks ander tekort as gehalte bestuursinligting van hul plaas en die parasiete op hul plaas nie.

 

Dit is totaal onnodig en onmoontlik om ‘n bosluisuitdaging te hê

Bosluisuitdagings is niks anders as ‘n wiskundige formule wat binne die gegewe veranderlikes aangepas moet word met chemiese formules wat van die parasiete wat op die plaas is afgelei moet word nie.

 

Boonop moet natuurlike beheer tussen 80-90% van enige produsent se strategie wees, mits hy sy klimaat en parasietuitdagings se lewensiklusse ken en weet hoe om dit teen die parasiet se oorlewing te bestuur.

 

Pierre van Niekerk

0126674755

0822208383

pierrevn@telkomsa.net

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (2 votes)

Kommentaar

scorpiondip

Beste Leon
Ek is nie altyd seker wat die volksmondname is vir die siektes is nie. ‘n Kursus wat n paar jaar gelede by Onderstepoort gehou was, het Dr Fred Potgieter verwys na hoe van die belangrikste Theileria parasiete in geheel verander het. Daar is van die Theileria’s wat nie meer in hul oorspronklike beskrwings se definisies slaag nie.
Ek wonder of Jan en Faffa nie so versoek aan Dr Potgieter wil rig om ons die stand van sake in hierdie verskriklike interressante veld van die Theileria parasiet wil gee nie. Die bronne wat ek gebruik het, beskrywe dit wel so maar, van hulle is oud.
Onlangs in en van my skrywes het ek byvoorbeeld nog lustig gebruik gemaak van die benaming “Rhipicephalus boophilus microplus “ wyl dit al lankal net Rhipiceplus decoloratus en R. Microplus genoem word en die Boophilus uitgelaat word.
Ek het nie geweet nie en toe raps iemand my onkunde hard op die vingers. Ek het Prof Horak daarna gekontak en hy het nog laaste vir my gesê hy weet nie wanneer die opgedateerde skrywes hieroor gaan verskyn nie.
Verskoning dus as ek my nie wil waag uitspreek nie. Ek kan net my bronne aanhaal.
Ek het wel deur SP Morzaria se artikel gewerk “Identification of Theileria species and characterization of Theileria parva stocks”, waar hy die metodes beskrywe om die verskillende Theileria’s te identifiseer nie, maar ook die verskillende metodes om die “strains” daarvan te identifiseer. Hierin verduidelik hy hoe hoekom mens nie sommer tot Theileria konklusies moet kom sonder behoorlike identifikasie nie.
Ek plaas graag my bron vir jou en ek hoop dit help en antwoord die bietjie wat ek weet van die benaminge in jou vraag hieroor. Ek het ook wat ek kon uit Wetenskaplike Pamflet 393 gekry waar Theileria mutans of milde galsiekte naas bruinoorbosluise ook deur bontbosluise en rooipootbosluise oorgedra word. Theileria parva of Ooskuskoors word rooipoot en bruinoorbosluis oorgedra.
Korridor of buffelsieke, Theileria Lawrenci, is my inligting dat dit die amptelike verwysing is wat dan sover my inligting strek, net deur die bruinoorbosluis oorgedra word.
As ek nou jou skrywe in my antwoord mag misbruik, dit is waarom die kundige identifikasie van die bosluisspesies so belangrik is. Baie dankie vir die vraag en ek hoop onderstaande sal help.

Theileria; a genus of protozoan parasites in the family Theileriidae. They are transmitted by ticks, multiply in leukocytes and then invade erythrocytes.
Theileria annulata (syn. Theileria dispar)found in cattle and water buffalo, transmitted by Hyalomma spp. ticks and causes a clinical disease similar to east coast fever.

Theileria buffali: found in cattle and buffalo in Australia and transmitted by Haemaphysalis longicornis and H. bancrofti. Similar to T. mutans. Only sporadic cases of clinical disease and is seen mostly in splenectomized calves.

Theileria camalensis: found in camels, transmission thought to be by Hyalomma spp. ticks.

Theileria cervi:nonpathogenic, found in splenectomized deer.

Theileria dispar see Theileria annulata (above).

Theileria hirci: found in sheep and goats. Transmitting vector uncertain but probably the tick Rhipicephalus bursa. Causes a disease similar to east coast fever in cattle.

Theileria lawrenci: found in cattle, buffalo and water buffalo. Transmitted by the tick Rhipicephalus appendiculatus; causes fatal corridor disease.

Theileria mutans:found in cattle, transmitted by ticks including Rhipicephalus and Haemaphysalis spp. and causes a benign bovine theileriasis.

Theileria orientalis: usually benign but can cause severe anemia in imported cattle.
Theileria ornithorhynci found in platypus.

Theileria ovis:found in sheep and goats, transmitted by ticks of the genera Rhipicephalus, Dermacentor, Haemaphysalis and Ornithodoros spp. It causes a mild form of theileriasis.

Theileria parva:found in cattle, African buffalo and Indian water buffalo; transmitted by Rhipicephalus appendiculatus and possibly other ticks. It causes the widespread and serious disease east coast fever.

Theileria sergenti:doubtful identity; mostly benign in cattle.

Theileria tarandi:found in reindeer, transmitted by Ixodes persulcatus and causes an acute disease.

Theileria taurotragi:mildly pathogenic; found in cattle in Africa, Asia.

Theileria velifera:mildly pathogenic; found in cattle.

Leon Kruger

Hallo Pierre

Goeie skrywe. Ek het net 'n paar vrae ter interresantheid. Volgens wet 35 van 1984 word na T p lawrencei verwys as Korridor siekte. Ek is bewus dat die siekte altyd voorkom in die aanwesigheid van buffels. Is buffelsiekte of korridor siekte die amptelike naam?
Ek ken ook T p bovis eerder as Januarie siekte as Zim theileriose. Mens kan nie regtig theileriose aa benaming gebruik nie weens die feit dat daar so baie theileria parasiete is.

Ehrlichia bovis – bekend as Bees Ehrlichiose. Is ek reg met die veronderstelling dat dit 'n "benign" infeksie is?
Wat van Theileria taurotragi wat Tzaneen siekte veroorsaak?

Groete
Leon

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.