Oral sien jy hulle deesdae. Baie met jong ma's, agter die stuur. Effe neus in die lug as hulle afkyk op ander bestuurders. Baie van hulle sien nie eers ´n grondpad nie, wat nog te sê van ´n modderpad. Wonder watter persentasie was al ooit in ´n situasie waar die trek van al 4 wiele nodig was. Die groot passie en statussimbool van vandag, ´n 4x4.
Met die oorvloed reën, somtyds hier, kan daar ´n saak uitgemaak word vir die gebruik van ´n 4x4, maar selfs daaroor het ek my bedenkinge. ´n Voertuig met heelwat hoër brandstof verbruik, ´n ratkas wat onnodig vir die grootse tyd saamgesleep word. ´n Lomp voertuig wat nou maar net nie so gemaklik is en dieselfde padhouvermoë het as ´n gewone gesinsmotor nie. Met die regte agterbande en ´n “limited slip diff”, wat is die regte afrikaans daarvoor, kom die gewone plaasbakkie baie ver. ´n Verskoning hoekom hulle gekoop word, is dat hulle veiliger is omdat hulle hoër as die normale gesinsmotor is.
Dalk was die ou reg wat ´n 4x4 se definisie gegee het as ´n voertuig wat jou net op ´n meer ontoeganklike plek laat vasval.
Hasta la proxima
Ns. Ons pad lyk nie altyd so nie, maar na 4 dae se sagte reën, is dit maar glyerig. Nie een keer die 4x4 gebruik nie, goeie agterbande doen die ding.
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)