|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Is hulle moedswillig of is selfs die beroemde Duitse doeltreffendheid, besig om tot niet te gaan. Maak nie saak watter een van die twee dit is nie, maar hulle het ons die afgelope tyd onder baie druk geplaas. Is dit die groen SA paspoort wat hulle die duiwel in maak, of eenvoudig die burokrasie, wat ons stresvlakke so opgejaag het?
Ons ooilam het besluit om bietjie die wêreld te loop verken, na voltooing van haar graad, en ook sommer vir haar vriendinne in Duitsland te gaan kuier. Weet dat ons ´n visum nodig het vir Europa. Ses weke gelede na die Duitse Ambassade om te hoor wat is die vereistes as mens ´n SA paspoort het. Dieselfde vereistes vir al die EU lande, die sogenaamde Schengen visa:
Identifikasie dokument van land van herkoms en ´n werksertifikaat.
Mediese versekering wat 30 000 Euros sal dek.
Paspoort.
Foto
60 Euros
Uittreksel uit jou bankrekening hoe jy die reis gaan finansier
Vlug bespreking.
Volgende besoek met al hierdie dinge in plek. Amptenare glad nie vriendelik nie. Nee, jy kort ´n uitnodigingsbrief van iemand in Duitsland. Terug huistoe en kontak ´n paar vriendinne en vriende, geen probleem, binne enkele dae is alles daar. Terug na die ambassade. Nee, wat jy kort is ´n “verpligtingsverklaring”. Bekombaar by die munisipaliteit, waar die persoon wat dit vir jou moet doen, woon. Vriende en vriendinne is uit, sommige woon net tydelik, eiendom nie op hul naam nie en verdien minder as 1300 Euros per maand. Geskarrel om iemand te vind, tyd loop uit. Kaartjie gekoop. Vertrek nou met ´n week uitgestel, hoop om binne ´n dag of wat daardie “Verpflichtungs erklärung” te hê.
Duisende jongmense loop die hele Europa vol, baie Suid-Afrikaners. Hoe het hulle gemaak? Waarom kan amptenare nie ´n duidelike lys verskaf met die ware vereistes nie? Waarom kan amptenare wat sekerlik goed verdien, nie vriendeliker wees nie. Wie gee onopgevoede amptenare die reg om mens as ´n leuenaar uit te maak en as hulle daarop gewys word, dat hulle verkeerd is, nie omverskoning kan vra nie. Dalk gee, die feit dat hulle in hul ontwerperstronke sit, agter wie weet hoeveel duim versterkte glas, hulle daardie vals bravade.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ja het ook vandag te doen gehad met `n ongeskikte amptenaar toe ek aansoek gedoen het vir my visa. Gelukkig het die ander amptenare daarvoor opgemaak.Selfs die motorwagte in die parkeergarage was meer beleefd en behulpsaam.
Dankie Danie dat iemand die moed gehad het om oor die onderwerp te skryf, want dis baie se ondervinding, hoop julle kom gou reg. Ek moes aansoek doen vir visum vir Australie en het 'n volledige lys ontvang wat benodig is,maar my paspoort het verval. Verlede September deur die Ambassade van Argentinie aansoek gedoen, gereeld navrae, al kommentaar"ons werk daaraan" Kaartjie gekoop, my tyd loop uit, kry 'n vriendin wat uiteindelik opgespoor het dat die Paspoort lankal gereed le maar dat hulle nie weet waarheen om dit te stuur nie, toe word dit na die hoofkantoor van Binelandse sake gestuur. Ek stuur volmag aan 'n vriendin in SA om die paspoort te gaan afhaal en met Fredex te stuur R550, spanning verby, maar nou kan ek vlieg.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)