Pegasus was daardie gevleulde perd in die Griekse mitologie. Die Spaans daarvoor is Pegaso. As kind onthou ek ook die lampolie en kragparrafien blikke met die Pegasus gevleulde perd op. Dink daar is min wat enigsins ´n idee het van daardie dinge. As jy dit onthou, sal dit beteken dat jy ook stokoud is. Ek het gister in ons dorpie ´n gevleulde perd raakgeloop, maar ek dink nie dat hy een meter sal kan vlieg nie.
´n Pegaso 3055. Vir my ´n vreemde voertuig. Militère kleur, maar in ´n baie goeie toestand. ENASA was die oorspronklike Spaanse maatskappy , gestig in 1946, wat hierdie vragmotors en ´n paar spoggerige motors vervaardig het. In 1980 het die Egiptiese regering hulle gevra om militêre voertuie vir hulle te vervaardig en hierdie was een van daardie modelle. Baie sterk en stewig gebou.
Iveco het hulle in 1990 oorgeneem en in 1994 het die naam verdwyn. Nog ´n kleintjie wat opgeslurp is deur ´n grootte. Steeds wil die foto's nie gaan waar ek hulle wil hê nie en die foto van die auto is van Wikipedia gegaps
Hasta la proxima.
Kommentaar
ek hoop nie baie egiptenare het selfmoord gepleeg na hulle met die voertuie gesukkel het. nou weet ek waarom die egiptenare die sesdaagse oorlog teen israel in 1967 verloor het -die voertuie het dalk nie soggens gestart-ek het meer vertroue in n ou 4 uur in die oggend wat n ak 47 in sy hand het in my slaapkamer as in n spaanse knormoer-argentinie het n reeks voertuie gemaak genaamd rastrojero en soggens nooit gestart. in die sestiger en sewentiger jare dink ek het n paar boere hulle plase verloor agv werkswinkel onkostes aan die gemors. die wat vandag goed loop en start het n oorgeplante piejou diesel injector. die beste motors van vroee jare in argentinie is die ford falcon en renault 12
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)