|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Kan nie uitgepraat raak oor die wonders van die moderne tegnologie nie. Skype, facebook, die wonderlike kommunikasie met ons familie en bekendes, met baie nuwe vriende daardeur gemaak. Boeke, tydskrifte en die nuus aanlyn!
Maar, daar is niks wat kom by die ware Jakob nie. Die gevoel van ´n tydskrif, koerant of boek in jou hande, kan nie vervang word nie. Die reuk van papier en drukkers ink in jou neusgate, uniek. Nie heeltemal Estee Lauder nie, maar baie naby. Verbeel ek my, of is die huidige uitgawes se reuk nie meer so prominent nie? Dalk die ou neus wat nie meer so goed ruik nie.
Kry ek die week in die pos, die jongste uitgawe van die Angustelers se joernaal. Amper so vars soos ´n warm brood. Baie dankie Babs dat jy dit aangestuur het. Groot lekkerte! Dít kan geen rekenaar vir my doen nie. My gedagtes, sulke ver paaie, te laat loop nie. Baie nuwe gesigte en stoeterye in daardie glansjoernaal. Name verskyn en ander kom in die geestesoog by. Gesellig saam kuier, by skoue, kursusse, die beste van tye.
My betrokkenheid by die Angusgenootskap was onbeduidend, maar belangstelling in die ras en sy mense groot. Begin by daardie eerste bul, self op gebie én betaal. One Oak Simon, gekoop van Peter Bennett. Vriendskap met Loek Gertenbach, wat my skoue laat bywoon het. Johan Vosloo, Humphrey James, Pat Mossop, Willem en Anne Barnard, Charles Pope, Aucamp broers, A P de Kock en daardie eerste Kanadese bul(le), was dit Bon View Accord , wat so ´n groot indruk op die Angusras gemaak het. Legendes in beesteling en admininistrasie, wat van oom Piet du Plessis. Netjies en korrek.
Om af en toe die ware Jakob in die hand te neem, bly ´n wonderlike ervaring. Boek, tydskrif of koerant, moet mens soms weer beleef, om jou op ou paaie te lei en die heel nuwes te laat ontdek. Te meer, as dit so ´n prag uitgawe is.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dankie vir jou kommentaar, Babs. Groetnis
Baie dankie, Danie. Jy het mooi herinneringe van dinamiese en onvergeetlike mense in die Angusbedryf. Wat die opmerking van 'n leser van jou blog oor die voorblad betref (wat daarop neerkom dat dit moeilik is om die vleis te eet as jy die dier in die oë moet kyk) is dit nodig om te onthou dat die tydskrif se teikenmark die beesboer en speenkalfprodusent is, en nie die verbruiker nie. Sal nie droom om so 'n foto bv. in 'n tydskrif vir huisvroue te gebruik nie. Dis bekend dat verbruikers nie aan die dier wil dink wanneer hulle 'n heerlike stukkie vleis geniet nie. Die beesboer sien dit heeltemal anders. Groete aan julle daar in Paraguay!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)