Diereslagting...

Wil 'n mens iets meer sê as totale weersin in hierdie wrede diereslagting? Die ding van verdraagsaamheid en politieke korrektheid oor voedselveiligheid en sekerheid is in Nasionale belang.

Dr. Pieter Mulder...wat doen jy nou na al jou fanfare as Adj Minister in hierdie verband?  Verbale protes ...is dit jou beste bydrae?  Skrywe hier laat ons sien wat doen jy in hierdie verband en wat ons kan doen!

http://www.facebook.com/l.php?u=http%3A%2F%2Fwww.beeld.com%2FSuid-Afrika%2FNuus%2FBarbaarse-beesslagting-20100709&h=c4e14FxKOrpHTGenRQFPRP9pv8g

Pierre van Niekerk

0126674755

0822208386

pierrevn@telkomsa.net

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

L. Kellermann 

Waar is die manne en vroue wat hulle mes so in het vir boere wat Jakkalse en Rooikatte uitwis? Dis mos net die boere wat so wreed is. Wat gaan hulle doen omtrent die saak?

Rudolf du Plooy 

Die sokker haal net die aandag van die werklikheid af!!! Iets moet gedoen word om dit te stop!!!

Deon Coetzee

Boere reg oor die land gaan gebuk onder misdaad. Die fokus in die media val tereg gewoonlik op plaas aanvalle en moorde, maar misdaad oor die algemeen kos die boere MILJOENE. Die betrokke geval is egter erg onstellend en barbaars en het my genoop om te kyk of ek en my span ouens daar kan gaan help.

En dis duidelik nie net geteiken op "wit boere" nie wat strook met my ervaring dat dit blote misdaad is. Hierdie misdadigers is egter van die erge tipe, as hulle dit aan diere kan doen dan kan mens net dink wat hulle aan mense kan doen. Plaasaanvalle is die volgende fase daar...

Onbekende besoeker 

Deur self te gaan help om gesteelde beeste te soek het ek gesien hoe opkomende boere rondom JHB se grond gebruik word om nie net beeste te steel nie maar ook gesteelde motors word daar opgekap!Hulle leef in vrees en kan nie boer nie want n nuwe lyndraad hou net tot volgende sonopkoms,en dit gebeur alles skaars 30 km van waar sokker wereld beker oorhandig is.Skokkend!

Danie C

Dit gaan net erger word.

Onbekende besoeker 

Wreed en barbaars!!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.