Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Dit-en-dat-oor-nasionalisering

Argiewe

2012

  • Maart (2)

2011

    2010

      2009

        Blogger

         
        mkruger
        Foto album
        Aangesluit: 5 Aug 2009
        Plaas naam : Plaasloos
        Dorp : Potchefstroom
        Provinsie : Noordwes
        Land : Suid Afrika

        Ek ondersteun

        Ondersteun nog niemand nie

        Volgelinge

        • Wansen Engelbrecht se foto
          Wansen Engelbrecht
        • AnnieBP se foto
          AnnieBP
        • Janbez se foto
          Janbez

        Vriend

        Nog nie vriende gemaak nie.

        Jongste blogs

        Danie C se foto
        Toulouse en omgewing (4)
        saai se foto
        Invoere - bangkrot Boere
        Steven nel se foto
        Kopklamp
        Steven nel se foto
        My nuwe nguni vers
        Johannes Meintjes se foto
        Perspektief op Landbou: ACDP

        My Weer

        • Voorspelling
        • Vandag
        • My ligging

        Kaapstad

        • Donderdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:20 C
        • Laag:9 C
        • Vrydag
        • Reën
        • Hoog:17 C
        • Laag:10 C
        • Saterdag
        • Mis
        • Hoog:17 C
        • Laag:7 C
        Sonsopkoms: 7:37
        Sonsondergang: 17:47

        Kaapstad

        Bygewerk:24 May 03:00 IDT
        Temp:
        Druk:
        Doupunt:
        Humiditeit:72%
        Wind:

        Kaapstad

        Peiling

        Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

        Dit en dat oor Nasionalisering

        Ingestuur deur mkruger op 12 April, 2010 - 07:36

        Le die antwoord vir ons land se politieke probleme nie miskien in die nasionalisering van alle landbougrond nie ?

        Ek weet dat ek self nog altyd daarteen was. My argument was nog altyd dat boerdery net so besigheid was soos enige ander is en dat as jy boerdery wil nasionaliseer jy alle besighede sal moet nasionaliseer.

        Tans word die grondkwessie egter vir politieke gewin gebruik en is dit besig om rassehaat aan te blaas.

        Dit is 'n tydbom wat die land gaan vernietig.

        Is die belang van die land nie miskien belangriker as die "wil" van die individu om grond te besit nie. Wat ookal sy motivering daarvoor is nie.

        As nasionalisering behoorlik gedoen word word kan dit werk.

        As die regering al die grond koop van die boere - hy besit reeds 'n groot persentasie.

        Die plase  dan volgens kriteria aan boere vir 99 jaar verhuur.

        Die boere elke jaar oudit  en as hulle nie 'n sukses van die boerdery maak nie moet die huurkontrak opgeskort word en die plaas aan iemand ander verhuur word.

        Ek weet daar is baie moontlike probleme wat kan ontstaan met so stelsel.

        Vraag is egter watter hou die grootste gevaar in:

        Die huidige stelsel wat met die siening van die ANCYL heelwaarskynlik in 'n ZIM situasie gaan eindig.

        Of

        Nasionalisering wat mbv die Nas Dept van Landbou en die Unies se bestuur tot 'n suksesvolle model ontwikkel word.

        Ja ek weet, ek is self 'n "boer" wat vandat ek kan onthou my eie grondjie wou gehad het.

        Moet ons nie maar eerder ter wille van "vrede" probeer aanpas nie.

        Die dae dat elke "boer" sy eie grond besit is verby.

        Boerderye ontaard al hoe meer in groter boerdery entiteite en die kleiner boertjies moet in elke geval uitverkoop....

        Net 'n gedagte.

        Jou gradering: Geen Gemiddeld: 1.1 (8 votes)
        • mkruger se blog
        • 2861 keer gelees
        • Drukker-vriendelike uitgawe
        • Stuur na vriend
        • PDF uitgawe

        Kommentaar

        A Esterhuyse 
        12 Mei 2010 17:54

        Jy moet net kyk hoe Suid Afrika se plase in mishope gaan verander en ek praat nie van bemesting nie, ek praat van opgedonner en vernietig. Wie de hel gaan iets omgee vir die staat se grond? Oorbewei en klaarspeel. Sal lyk of die Egiptiese plae hier deurgetrek het. Plek plek lyk dit al reeds so. Hoop die VN begin al om te begroot vir die ekstra voedselhulp wat hul binnekort aan Suid Afrika sal moet gee.

        • antwoord
        Reon Coetzee
        12 Mei 2010 11:36

        Hoekom moet 'n boer 'n plaas besit? Ek boer nou al 10 jaar op huurgrond, en beplan nie om ooit grond te besit nie. Voordeel hiervan is dat die regering nooit enige van "my Grond" kan nasionaliseer nie. Ek kan nie bank toe gaan en geld leen teen "my grond" nie dus dwing ek myself om binne my vermoe te boer. As die regering my boerdery wil nasionalseer kan ek redelik vinnig van die beeste ontslae raak en geen "boerdery" meer he om te nasionaliseer nie. Grond en boer is 'n emosionele ding ons moet rasioneel daar oor dink, onthou ons boer in Afrika hier is nie 'n ding soos langtermyn beleggings nie.
        PS. as die grond genasionaliseer word sal die waarde daarvan val en ek sal die goedkoper kan huur en my boerdery uitbrei (tong in die kies).

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        20 Apr 2010 06:23

        Gek is nie die woord nie!!! Wat in hierdie land wat in die afgelope 15 jaar in die regering se besit is, was of is 'n sukses! Dit sal die grootste en vinnigste ondergang van Suid Afrika wees! Die regering het nie eers die vermoë of geld om eenvoudige sisteme soos paaie te onderhou nie, hoe wil jy hê moet hul plase by ons oorkoop en dit nog op die sogenaamde "regte" manier bestuur. Kyk watse gemors is die munisipaliteite, die regering kan nie eers hul boeke gereeld nagaan en kyk of hul winsgewend is nie! En hoe dink jy gaan jy as wit afrikaner man nevermind wit afikaner man in aanmerking kom om staats eiendom te huur! Nee wat skrik wakker! Geen boer wat sy sout werd is gaan sommer so hul plase opgee nie, of dalk is jy net nogsteeds nie in besit van jou eie stukkie grond nie.

        • antwoord
        H van Wyk 
        18 Apr 2010 07:25

        Die ontkenning van eiendoms reg is die begin van die einde. Zimbabwe was gelukkig om SA as n buurman te he. Het u al daaraan gedink wat sal die situasie in Suidelike Afrika wees sonder n stabiele Suid Afrika. Die grond kwessie is nie boere probleem alleenlik nie maar n totale Suid Afrikaanse probleem. Gewillige koper en verkoper is die enigste oplossing al beteken dit dat gewone burgers ook daarvoor moet bydra. Hoekom moet boere benadeel word en hulle besitting met mag af geneem word terwyl dit gekoop kan word. Watter persoon sal daarvoor staan dat sy besitting met mag vervreem word. Ek vra ook of daar n staats sentrum bestaan waar mense wat gaag wil boer hulle name kan veskaf met besonderhede oor hulle versoek. Die meriete van elke aansoek kan dan mos oorweeg word indien finansiering benodig is andersins kan n persoon mos maar doodgewoon grond koop en aangaan. As grond dan met mag van boere geneem moet word hoekom deel ons dan nie maar sommer die hele Suid Afrika nie - soos huise, geboue, voetuie, geld ens dan is dit mos regverdig. As grondbesit finansiering benodig kan die BTW so n bietjie verhoog word dan kan almal in SA bietjie bydra om die probleem op te los. Dit is mos in almal se belang of hoe?

        • antwoord
        mkruger
        15 Apr 2010 11:27

        Neels,
        Baie plase kom jaarliks op die mark.
        Die regering kan die koop.

        Verder moet swart boere ook nog opgelei word anders sal net wit boere kwalifiseer wat net weer probleme sal veroorsaak.

        So die idee is dat die "nasionalisering" oor 'n paar jaar gedoen word.

        Toegegee daar is heelwat probleme/uitdagings wat ek self aan kan dink. Ek is egter seker dat oplossings daarvoor gevind kan word.

        En dan aan on emosievolle brawe onbekende besoeker wat nie eers sy naam wil plaas nie.

        Ek weet nie wat my IK(ja dit is afrikaans) is nie maar dis darem hoog genoeg om te besef dat mens nie net probleme kan ignoreer nie.

        Wat sou jy se is die oplossing ?

        O ja - Ek is self ook 'n boer so ek kan nie op myself afgunstig wees nie.

        • antwoord
        Neels Pienaar 
        14 Apr 2010 13:57

        MKrugerek sien jou punt in.Gaan die regering die geld he om die boere uit te betaal.Ek meen,hulle het nie eers nou geld om die paar plasies wat hulle wil he te betaal nie.Ek glo ook dat jou manier,sal die kaf van die koring skei.Doen jy nie jou job die eerste jaar nie,is jy uit.En dit sonder dat jy iemand anders kan blameer vir ''rassisme of appartheid''.Groetnisse.

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        13 Apr 2010 13:09

        Jy is of behoorlik gek of het 'n erg lae IQ gekombineer met afguns vir die boere wat ten spyte van teenstand (wat wissel v. die middelman tot natuurrampe)tog vooruit boer. Doen wat navorsing eers betreffende nasionalisering van landbougrond wereld wyd voor dat jy sulke onsin kwytraak. Waarom dnk jy het dit nog nooit sukses gehad en het die lande wat dit beoefen het hun beleid verander?

        • antwoord

        Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

        Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

        Geborgde skakels


        Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

        Kwaliteit Saad

        Die toekoms is in jou land

        In lyn met die boer

        MSD Animal Health

        Our brand new website

        Daaglikse nuusbrief

        Weeklikse nuusbrief

        Teken In

        • Registreer as gebruiker
        • Wagwoord vergeet?

        E-pos forum

        • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
        • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
        • Boom Lusern en siektes
        • Nekklamp vir beeste
        • verpakking soos bokse en sakke
        meer...

        Gewildste stories

        Vandag

        • Revolusie in landbou is hier - Tina
        • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

        Immergroen stories

        • RSS-voere
        • E-pos foto's aan ons

        Pas gelees

        • Wolprys effens op
        • Nasionale waterforum byeen
        • Wie is ons?
        • Kontak ons
        • Gebruiksvoorwaardes
        • SMS-diens
        • RSS-voere
        • Teken in op LBW
        • LBW-argiewe
        • Vennote

        Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

        Web Development by FormFunction