
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
Janbez
|
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 03:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Een van die aaklikste gesigte is in die oggend as jy in die kraal instap om 'n dooie lam te sien. Wat egter erger is as jy drie dooie lammers kry en hulle was 'n drieling. Ek wens net ek het geweet wat het fout gegaan. Al 3 groot en sterk maar nie een lewendig gebore nie.
Die ooi het nou drie stelle 2- ling lammers gespeen en dit sou nou haar vyfde stel lammers gewees het. Met haar eerste lam het die ooi soveel melk gehad dat sy die een helfte van haar uier agv mastitis verloor het. Ek wou haar slag en slip toe op en toe is sy dragtig. Die volgende was 'n 2 ling ooitjies wat sy met een speen gespeen het op 100 dae en wat onderskeidelik 28kg en 29kg geweeg het. Toe nog 2 ooitjies en toe 'n ram en 'n ooitjie. Die 3 ling was almal rammetjies gewees.
Nou sit ek met 'n ooi wat 'n uier soos 'n sopbord het en wat ek moet uitmelk. Die ergste is dat dit nie eintlik lyk asof daar 3 lammers uit haar pens gekom het nie en sy stop so vinnig as wat sy kan kos in.
En nou die vraag? Moet dit nou haar laaste gewees het of moet sy nog 'n kans kry?

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)