Dorper Sukses

 

 

Die bekende rasse verkoop sonder enige opwinding. Texels, Santa Inéz , Hampshire Downs en ´n Corriedale. Normale pryse, niks buitegewoon nie. Met die verskyning van die eerste Dorper is daar ´n paar oomblikke se stilte, ´n verandering van atmosfeer en dan die elektisiteit in die lug. Verwagting. Die afslaer se verering van dié nuwe ras in die land. Opwinding! Spanning te lees op die gesigte van die Brits familie. Die eerste veilings op die kleiner skoue was ´n proeflopie. Hierdie is die grote.

Raimundo Vargas Finestra, die afslaer, se aand is gemaak. Kopers wat nie huiwer om te bie nie. Verligting en glimlagte op die gesigte van die verkopers van die Dorpers. Die harde werk was die moeite werd.

Expo, Asunción, 2010. Die eerste amptelike deelname en veiling van Dorpers en ´n groot sukses vir die verkopers en bewys van die wye belangstelling en die versekerde toekoms van dié ras.

26 Santa Inéz skape is aangebied. Gemiddelde prys 1460 US$

29 Hampshire Down 1200 US$

16 Texel 1860 US$

9 Dorper 4380 US$

Duidelik dat daar ´n groot aanvraag na die Dorpers was. Vir die Brits familie van Caaguazu was dit ´n goeie skou en veiling. Eerste en tweede plek, ongewisselde ooie, eerste en tweede plek, ongewisselde ram en ook die groot kampioen ram. Baie goeie pryse ook gekry vir die diere wat hulle op die veiling gehad het. Die bekende Maris Llorens se Viradolce, was een van die groot kopers van die aand.

Die swartkoppe gaan hier nog volop word.

Hasta la proxima

Geen gradering nie

Kommentaar

Albert en Anette van Driel 27 Julie 2010 

Veels geluk Annie en Jaco, dit is 'n riem onder die hart dat julle daar in Py die dorper nou behoorlik bekend gestel het. Ons is baie trots op julle. Doen so voort en ons weet julle sal met die krag van bo van krag tot krag gaan.

Dirk en Rose Grobler 

Veels geluk, mag julle van krag tot krag gaan. Groete

Eksteen Botes 

Baie geluk! Dit is die waar-word van 'n droom onder die seënende hand van die Here! Een van die dae keer die proses om en begin SA weer van julle af saad en embrios invoer! Groete!
En dankie Danie vir die getroue berigte!

pieter joubert 

Die kroon op harde arbei en toewyding wys die oud suidafrikaanse boere hier vir die paraguane hoe dit gedoen moet word Veels geluk dit laat ons harte warm klop ons is trots op julle Voorspoed voorentoe.

Annie Brits 

Dankie Danie dat jy so getrou ons boerdery belange op skrif stel Dit was 'n lang pad om as uitlanders hier te vestig en sukses te behaal. Danksy Jaco se kennis en aanmoediging en ons Hemelse Vader se seën kon ons dit bereik. Nou moet ons net die embrio lammers mooi groot kry.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.