|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Indien hulle ´n advertensie sou plaas, kon dit so gelees het: Vir ´n stewige, betroubare draad (heining), kontak Fulgencio of Cassimiro. Hulle goeie vakmanskap en die twintig jaar wat hulle in die bedryf is, maak dat Fulgencio en Cassimiro Rodriguez, nie meer nodig het, om propaganda te maak om werk te kry, hier in die omgewing nie.
Twee vriendelike broers wat van die begin af goed saamwerk. Met die minimum van woorde, word die werk gedoen. Ja, ons verskil soms, maar dit het nog nié gemaak dat ons nie kan saamwerk nie. Heinings en beeskrale, dit kan hulle doen. Begin dié name opnoem van die boere in die omgewing waar hulle gewerk het. Kyk na die heining, dan weet jy dat hulle nie sal sukkel om werk te kry nie. Dit is natuurlik dat die heining makliker sal wees om te maak, as die materiaal nuut is, maar selfs waar gebruikte materiaal ter sprake is, is dit ´n baie goeie heining. Goeie ankers, dit is die geheim van goeie heinings en hul ankers is baie goed gemaak. Stewig vas gestamp. Dít maak dat die drade snaarstyf bly. Die belangrikste stuk gereedskap, die draadtrekker. Hulle het die beste een op die mark, maar die punt wat die draadvashou, veral staaldraad, het hulle laat maak en dít is ´n onfeilbare stukkie yster.
Goeie heinings, maak goeie buurmanskap. Met sulke heinings, sal die vriendskap tussen bure, vir ´n baie lang tyd gewaarborg wees.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)