Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Duitse Herdershonde 1

 

 

Ek het eendag iets baie waar gelees. "Jy kyk na 'n boer se drade en sy honde dan weet jy  watse boer dit is".

 Duitse Herdershonde se voorgangers was gebruik om skape en beeste bymekaar te maak. Die ou skaapwagters het 'n hond gebruik wat hy volkome kon vertrou, en dadelik kon reageer op bevele. Dat die hond nog mooi vertoon het was 'n pluspunt. Toe die ras begin is , is net die hardwerkendste honde gebruik. Ongehoorsame diere, ongesonde diere en diere wat stadig was om te leer is heeltemal uitgeskakel. Die resultaat van die streng seleksie is 'n hardwerkende, baie inteligente, gehoorsame en  dapper dier.

Vandag is Duitse Herdershonde een van die mees gebruikte honde in die wereld. Hulle word deur die polisie en weermag gebruik asook vir reddingswerk,as gidshonde vir blindes  en spoorsnywerk.Hulle is ook 'n baie goeie waghonde.

 

 

 

 

 

Geen gradering nie

Kommentaar

L. Kellermann 

Ek dink ook die Skaaphond is slimmer. Ek het ook een maar hulle geaardheid is heeltemal verskillend. As 'n skoot klap is skaaphond weg tot more en die Herdershonde soek net nog skote om te sien wat kan hulle byt of gaan haal. Ek het bv 'n doring uit skaaphond se poot gehaal en na 3 weke is ek nog nie vergewe nie. Ek mag ook glad nie hard praat dan hol sy weg. Lekker kwaai maar kan skielik skrik en weghardloop waar die Herdershonde nie weghardloop nie. 'n Great Dane wil ek nooit weer aanhou nie. Pragtige hond maar ek en hulle geaardheid het nie ooreengekom nie.

Onbekende besoeker 

Skaaphonde is ongelooflik intelligent

niggie.  

ek het 'n herdershond en skaaphond. Goeie waghonde lief vir kinders maar die skaaphond is net slimmer. Albei lieflike getroue diere wat elkeen sy plek ken. Ek het ook 'n great dane, baie liefdevolle hond maar 'n regte hop -along casidy. ek verruil nie een van hulle nie elkeen het sy plekkie in my hart.

Jakkals

Patsy
Ja ek het ook met Boerboele grootgeword en kry toe my eerste Duitse Herdershond en nooit ooitweer 'n Boerboel op my werf nie. Ek het bederf geraak met die uiters intelligente honde. Hulle is mensbeskermers en die Boerboele gebiedbeskermers. Ek laat nooit toe dat my honde enige kontak met my skape het as ek nie by is nie.En my honde is opgelei dus luister hulle as ek nee se. 'n Skaaphond is 'n werkesel en baie intelligent. As jy die hond eenkant kan hou sodat sy nie meng met die ander honde nie en elke dag met haar kan werk en baie oefening gee kan dit werk .Anders is dit nie reg teenoor die hond nie. En as jy met haar werk hou die ander groep heeltemal weg. My vraag is hoe kom 'n hond uit om 'n skaap te byt. As jou erf goed omhein is behoort jou honde nie rond te loop en kwaad te doen nie. En as hulle uitkom moet dit onder jou toesig wees.

patsy kruger

Helo Jakkals

Ja ek was self die trotse eienares van 'n geregistreerde Duitse Herdershond. Sy het met skape en beeste groot geword maar het ongelukkig geleer om te byt. Toe ek Daisy kry was dit reeds te laat en was sy al +- 2 jaar oud.
Nooit in my lewe sal ek ooit weer so getroue intelligente waghond kry nie. Sy het my dag en nag opgepas. Ongelukkig het ou Daisy gedink net sy en haar nonnie het reg op lewe - enige ander ding wat asemhaal (behalwe die Jack Russel) is gebyt. Dit het nou mens en dier ingesluit. In 5 jaar het Daisy so om en by 12 skape (kan meer wees) doodgebyt.

Ek glo beslis dat die fout nie met haar ras te doen het nie maar dat sy dalk 'n bietjie van 'n honde lewe gehad het voor ek haar gekry het. Sy was baie besitlik en jaloers en het ook maar begin oud en nukkerig word.

Enige goeie boer sou haar seker na die eerste skaap al geskiet het, maar wat kan ek se - ek het 'n waghond nodig gehad en beter kon ek nie kry nie. Wel, Daisy is nie meer met my nie, maar nou het ek 'n boerboel reun wat dink hy's 'n skaap, 'n Jack Russel wat vir sy eie skaduwee blaf en 'n jong (10weke) boerboel teef wat regtig so lelik soos die nag is.

Van die mengelmoes dink ek regtig dat die Duitse Herdershond die slimste was - my boerboel reun doen ook nie te sleg nie maar sy werk is net huis oppas en dit doen hy goed.

Ek het 'n groot behoefte aan 'n goed opgeleide skaap hond, maar is bang dat die ander honde so hond se optrede kan be-invloed. Is dit so en hoe moet ek te werk gaan? Kan iemand dalk help?

Groetnis

jack34

Nice om te hoor oor die diere race.I ek sal jou alles vertel 'n ander wedrenne verhaal wat plek in die weste van Pakistan neem. Hierdie is 'n kok se ras. Eintlik 'n ongelooflike wedstryd. Kan jy dit sien op Youtube.

=================
ccna exam

boran

Hello Jakkals.
Ek het self 'n Duitse Herders hond(Douglas) gehad wat ek onlangs na 13 jaar verloor het. EK het hom gebruik as 'n Sporthond ons het so 'n bietjie gewerk aan die IPO en Schutzhund dissiplines. Ek het gedink hy is baie slim en oulik. Hy het altyd net sy beste gegee. Maar as dit by werk op die plaas gekom het, het hy nie so goed gedoen behalwe om'n paar skape te byt nie. Ek het hom sowat 2 maande terug verloor en dit het my hart gebreek want hy was altyd net daar.
Ek het ook vir my 'n Malinois (Nike) (Belgiese Herders hond)gekry en ek het toe gedink dat hy omtrent 'n 100% slimmer is as Douglas. Hy is 'n ongelooflike hond wanneer dit by Man werk, Spoorsny en gehoorsaamheid kom maar vir die beeste en skape is hy baie lugtig.

En toe op 'n dag kom Ruby in my lewe. En sy is slimmer as Nike en Douglas saam. Sy is 'n Border kollie en haar pote staan vir niks verkeerd of terug nie. Sy is slimmer as die meeste mense wat ek ken en sy het begin werk op die ouderdom van 10 weke en het nog nie 'n dag opgehou werk nie. Sy is ongelooflik en as sy kon hekke oopmaak so sy baie meer werd gewees het en ek kon haar dalk 'n salaris betaal. Maar nou ja tot ek 'n hek kan ontwerp wat sy kan ooopmaak loop ek voor en sy bring die beeste.

Groetnis tot later
Buks van Bethal

Butch

Jakkals, beide bogenomde stellings is waar. Baie keer het die mense ook gesê kyk hoe lyk die ou se kar binne.
Maar in vandag se dae, hoe bekostig mens nuwe draadheinings teen die pryse vandag, en veral in Namibië?

Jakkals

Enige heining al is hy stokoud kan netjies lyk as sy drade mooi styfgetrek is en sy houtpale kreosoot geverf is of die hek nie net aan een skarnier hang nie en met drade vasgemaak word. Droppers dalk net regop vasgemaak word en nie windskeef ens. Ek glo baie min van ons boere kan nuwe heinings bekostig. Jy sal verbaas wees hoe lyk party boere se krale. Dit is geroeste sinkplate en bande en stukke kabel en pale en die arme diere word daaroor en daardeur gejaag.

driesvonweidtz

Dagse Jakkals

Ek self is versot op hulle .
Ek het met die ras grootgeword . en my Pa het selfs hulle geteel ook .

Dat hulle hoogs intelegent ens. is is daar geen twyfel nie .Ek kaqn van duisende stalkies getuig om
hulle ontskatbare waarde te staaf .

Met die oppas van diere met die hedendaagse ras weet
ek egter nie so moi nie .
Ek sien maar weinig van hulle die werk doen wat die
skaaphonde doen .
Ek self dink dat die ras miskien te veel verstedelik het en dat hy miskien sy touch in daai gebied verloor het. Jys welkom om my verkeerd te bewys .

Groetnis
Dries
Namibia

Jakkals

Ek stem saam dat 'n skaaphond sy werk ken. Die Duitse Herdershond is oorspronklik uit honde geteel wat skape en beeste opgepas het. Deesdae word hy vir heel ander take gebruik.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.