
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
Janbez
|
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Om 'n klein hondjie te kies uit 'n werpsel is glad nie so maklik nie. Eerstens besluit of dit 'n reun of teef moet wees. Tewe is gewoonlik makliker om te leer as reuns alhoewel albei dieselfde hoeveelheid opleiding, oefening en algemene versorging gaan nodig he.\
As jy net 'n hond vir die huis wil he kies die hondjie wat nie eerste na jou toe aangehardloop kom nie en die ander uit die pad stoot nie en nie die meeste aandag wil he nie. Die hondjie is gewoonlik die een wat jy sal kies as jy gaan sport doen met jou hond soos aanvalswerk en spoorsny ens. Net so die hondjie wat geensins wil naderkom en heel agter in die hok bly sit. Hulle kan probleme ontwikkel sonder die regte opleiding. Die ideale hondjie om te kies is die een wat bly is om jou te sien en om opgetel te word. Hy skrik nie maklik as jy bv jou hande klap nie en speel mooi met die res van die werpsel. Hulle is gewoonlik die hondjie wat die beste by 'n huisgesin inskakel as 'n troeteldier.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
U kan nie dalk help met meer inligting oor die opleiding van Alsatian-tefie nie. Sy is ses weke oud. Ek wil haar graag reg leer, veral toiletmanier. Sy slaap in die huis.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)