|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Die reuk uit Margarita se kombuis is effe anders as dié, waaraan ons gewoond is. ´n Reuk wat steeds herinner dat dit tyd is vir aandete, speekselkliere begin oortyd werk. Ons is genooi vir eisbein en sauerkraut by Margarita. As Margarita nooi, sê jy dankie en kanselleer enige ander afspraak.
Eisbein. Een van daardie tradisionele Duitse geregte! Die onderste gedeelte van die vark se been, sonder die kloutjie. Kan seker sê vark skenkels. Gepekel. Soms gerook en soms net so gekook, met sout peper, knoffel en karwysaad. Gelukkig sê hulle ook dat dit nie so ryk is, as wet mens sou dink nie. Geen bekommernis oor cholestrol nie.
Heerlik sag, nie té veel gekook nie. Te veel gekook en dit is geneig om uitmekaar te val. Ligte bruin kleur. Natuurlik daarmee saam ook nog tradisionele sauerkraut en kapok aartappels. Sekerlik nie ´n baie mooi bord kos om na te kyk nie. Mens besef gou dat smaak en mooi lyk, nie altyd met mekaar iets te doen het nie. Margarita erken dat sy nie meer kans sien om die sauerkraut volgens die ou manier te maak nie. Klaar gekoop en sy geur dit met spek en ´n sousie. Sauerkraut wat jy haat of baie geniet. Oor sauerkraut kan man self ´n blog skryf.
Nagereg, kraaklekker. Apfelstrudel en geklopte room. Ouma het altyd vertel van die ou oom wat by geleenheid, as hy so lekker eet, gesê het: “ Ek wens ek het ´n maag soos ´n vaatjie, om nog meer te geniet”. ´n Lekker aand en ete, by iemand wat die kosmaak ding, verstaan.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
kan Magarita dan nie haar resepie deel nie. Hoe lank bak jy nou die eisbein
Derick
so n duitse varkie vra ook darem vir lekker engelse mostert en bietje pietersielie gestrooi dan raak dit nog glad op die oog ook
Hoe ontmoet 'n mens vir Margarita ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)