“ Eish” is deesdae lyk my ook Afrikaans. Ek weet nie of dit met die Bon Cap wyne is wat ek so paar van gewen het nie, of dit Oloff Bergh Brandewyn of wat is nie, maar met “Eish” ja…
As ek mag, en net so oomblik persoonlik raak, skud ek my kop net waar ek vandaan kom. Ek dink ek het al die foute gemaak wat daar in die lewe te maak is. Selfs dit wat ek al ooit reg gedoen het in die verlede, het ek ook ‘n kinkel. Gelukkig het hierdie een ‘n ander beter einde.
Vryburg Skou
In die beginjare van die dipstel, 2002, skou ek die dipstel op Vryburg Skou. Die middag kom sit daar ‘n man moeg in my stalletjie op my stoel en vra my, “Jong, wat se ding het jy hier…?” Hoe werk die ding? Ek vertel als. Ek dag die ou gaan mos nie die ding koop nie, maar in elk geval, laat ek maar praat.
‘n Week later kry ek n oproep van Piet van der Linde daar uit Vryburg se wêreld uit. Hy weet nou hoe die ding moet werk en waar moet hy werk by hom.
Dit is reg vir my.
Vroeg die Saterdagmôre is ek daar en ons sit die toestel in ‘n lyndraad en dit is die enigste plek waar die bees kan oorbeweeg na n ander kamp toe. Hoekom Piet se dipstel se seël gehou het, kan ek nie verklaar nie. Piet het wyd geboer daardie tyd in die distrik met klomp beeste. Weet nie hoe en waar oralste nie.
Toe ek hom weer eendag op ‘n Vrydag vir ‘n rede kry, kan nie onthou waarom nie, sê hy vir my hy het daai bosluise op sy plaas ‘n helse pak slae gegee.
“Nou hoe bedoel jy nou Piet?”
“Ek het nie ‘n bosluis op my beeste nie, niks op my plaas nie.” Ek skrik my disnis.
“Nee Piet, wow, dis nie wat moet gebeur nie, ons het die bosluise nodig…,” Ek kan onthou hoe ek als weer verduidelik het, praat mooi…”Piet sê net, “dis te laat”. Ek het genoeg moeilikheid van hulle gehad. Dis my beurt! Dis klaar. As die bosluise weer sy kop wys klap ek hom hard.
Piet sal self vertel hoe hy sy met die minder bosluise n hoër besetting gekry het van sy koeie. Hoe hy sy dipkoste verminder het, die ander goeie organismes in die veld verbeter het met minder en oordeelkundige dip, want dit het hom nog altyd gepla sekere dippe se nawerking op ander goeie organismes soos miskruiers wat doodgaan van dip.
Sy grootste blydskap was die verse wat hulle kalf beter en gesonder gedra het en sy speenkalwers wat n hoër gewig verkoop het.
Piet het intussen vrou gevat en ons het op n onverklaarbare rede nommers verloor. Oor die naweek spoor hy my op en kom op my blog af. Verwonder my eers wie die Piet is gisteraand toe hy my bel, want dit is seker 5-6 jaar laas wat ek van hom gehoor het,.
Hier is in kort sy verhaal, in sy eie skrif
Hallo Pierre
Ons het 2002 laas gedip, met die baie reën het ons 'n bloubosluis ontploffing op die een plaas. Kan jy ons help met 'n bosluisbestrydingsprogram, die vorige toediener staan nog al die jare in die stoor. Sien uit na die opgradering, jy is baie welkom om by ons oor te slaap.
Vriendelike groete
Hier is my besonderhede:
Sel: 079 687 9270
epos: tweefontein@wam.co.za
Piet en Ilse
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)