|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Sommige sal dink dit is ´n vakansie, maar ons wat hier is, weet dat dit nie so is nie. Dit is harde werk. Stresvol om by almal uit te kom , redelike afstande uitmekaar, meesal aangewese op openbare vervoer en om nog elke Sondag ´n preek te lewer, vir mense wat een keer per jaar, ´n lewendige preek in hul eie taal, wil aanhoor. Dít is die teenwoordigheid van ´n predikant, wat ons klompie hier in die middel van Suid-Amerika, bevoorreg is om te beleef. Veral as dit ´n “mens” predikant is, soos ons die afgelope paar weke gehad het.
Een van die “veterane” wat elke keer hartlik welkom hier is, is ds Eksteen Botes van die Hervormde gemeente Nelspruit. Ons is bly dat die kerk sy weg oopsien om hom gereeld hierheen te stuur. Uit ´n ekonomiese oogpunt gesien, bestaan daar sekerlik min regverdiging vir so ´n besoek, maar gelukkig word alles in dié lewe, nie gemeet aan geldelike wins nie. Dít, maak ons nog meer dankbaar.
Eksteen is gebore in Germiston, voltooi sy skoolloopbaan in Carltonville, dien in die Staatspresidentswag en voltooi sy teologiese studies aan Tukkies. Begin sy loopbaan as predikant in 1984 te Glencoe, ontmoet daar vir Heleen Wessels, dogter van oud-Springbok, Piet Wessels, van Vanstadensrus, beter bekend as Mook. My wêreld, Suid-Oos Vrystaat. Daarna by die Malelane-Komatipoort gemeente en sedert 2000 in Nelspruit.
Om ons hier te besoek, moet mens bietjie van ´n avonturier wees. Alles nié altyd so maklik nie. Soms moet die dominee bietjie handgee in die melkstal of met ´n nukkerige koei of waar daar ookal hulp benodig word. Die werk moet aangaan.
Eksteen ons sien uit na jou volgende besoek, hoop Heleen is by en dat haar droom om Machu Pichu te gaan sien, dan bewaarheid sal word. Dankie!
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)