Ek het gister die voorreg gehad om na al die jare Dr Faffa Malan te ontmoet by ‘n Famacha kursus by Onderstepoort, waar hy en Prof Bath ‘n kort kursus in die FAMACHA tegniek, (waarin Faffa ‘n leidende rol gespeel het), in haarwurm by skape beskrywe en demonstreer het.
Ek het hieroor drie dinge te sê;
1. Dat beide die here innemende mense is wat ‘n ongelooflike passievolle behoefte het om gesonde wetenskap tuis te bring by produsente.
2. dat hulle n nalatenskap wil los waar die Aarde en sy dinge bewaar moet word met gesonde praktiese denke, met gesonde kennis van ons grond en diere, (in die geval haarwurm in skape) die parasietlas met die minimum chemiese middels kan beheer.
3. Laastens, Kennis is Mag, Kennis is Krag en Kennis is ook Koopkrag.
Ek sal weer later hieroor skrywe en van die kursusse wat hulle wil aanbied.
Dankie Landbouweekblad en Jan Bezuidenhout
Julle het in julle besluit om ‘n rubriek soos “Vra vir Faffa” ‘n forum geskep waar ‘n enorme bron van wetenskaplikes graag bydra en iets vir die futuristiese produsent doen wat nie in geld gekoop kan word nie”. Baie dankie en geluk daarmee!
Laastens, die volgende.
Ek het nog twee mense gevind wat kommer uitspreek en my weersin deel oor die onkundige maniere waarop chemiese middels in die Natuur en in en op ons diere loslaat word.
Die toepassing van “Onkunde” is krimineel. Soos in die geval van vuur en brande, moet mense verantwoordelik gehou word vir wat hulle doen met parasietbeheer.
Die produk wat aan die publiek verkoop word, moet gesertifiseer word en al wat mens vra, is dat produsente kennis wat bestaan gebruik en so min as moontlik chemiese beheer toepas. Hoekom sou enige mens kwaad word as jy hom (wys) vra om minder geld te spandeer en tog uiteindelik ‘n beter groter en gesonder eindproduk aan sy mark te lewer?
Kan dit nou so moeilik wees?
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
Kommentaar
Ek stem saam met Pierre van Niekerk, die FAMACHA Kursus was regtig interessant, ek wens ek het dit al 'n jaar terug gedoen toe ek met skape begin het...!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)