Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Galsiekte-anaplasma-marginale-en-centrale

Argiewe

2012

  • Mei (1)
  • April (3)
  • Maart (1)

2011

    2010

      2009

        2008

          Blogger

           
          scorpiondip
          Foto album
          Aangesluit: 10 Jun 2009
          Plaas naam : Iewers
          Dorp : Pretoria
          Provinsie : Gauteng
          Land : Suid Afrika

          Ek ondersteun

          boran se foto
          boran
          Argentyn se foto
          Argentyn
          Danie C se foto
          Danie C
          Le-Andrie Bezuidenhout se foto
          Le-Andrie Bezuidenhout
          Leon Kruger se foto
          Leon Kruger

          Volgelinge

          • AnnieBP se foto
            AnnieBP
          • MARIETH GROBLER se foto
            MARIETH GROBLER
          • Danie C se foto
            Danie C
          • Janbez se foto
            Janbez

          Vriend

          MARIETH GROBLER se foto
          MARIETH GROBLER
          Danie C se foto
          Danie C
          Janbez se foto
          Janbez

          Jongste blogs

          Danie C se foto
          Toulouse en omgewing (4)
          saai se foto
          Invoere - bangkrot Boere
          Steven nel se foto
          Kopklamp
          Steven nel se foto
          My nuwe nguni vers
          Johannes Meintjes se foto
          Perspektief op Landbou: ACDP

          My Weer

          • Voorspelling
          • Vandag
          • My ligging

          Kaapstad

          • Donderdag
          • Gedeeltelik bewolk
          • Hoog:20 C
          • Laag:9 C
          • Vrydag
          • Reën
          • Hoog:17 C
          • Laag:10 C
          • Saterdag
          • Mis
          • Hoog:17 C
          • Laag:7 C
          Sonsopkoms: 7:37
          Sonsondergang: 17:47

          Kaapstad

          Bygewerk:24 May 04:00 IDT
          Temp:
          Druk:
          Doupunt:
          Humiditeit:77%
          Wind:

          Kaapstad

          Peiling

          Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

          Galsiekte: Anaplasma marginale en A. centrale

          Ingestuur deur scorpiondip op 24 Januarie, 2010 - 15:36

          Koors, bloedarmoede, traagheid, lusteloosheid, lae melkproduksie, geelsug, swak eetlus, aborsie en senuweesimptome is nie spesifieke tekens  wat dit moeilik maak om babesiose (rooiwater) van galsiekte (anaplasmose) te onderskei. 

          Baie van die simptome is dieselfde. 

          2.    Daar is in die geval van Anaplasmose, in teenstelling met Babesiose,  geen profilaktiese middel beskikbaar om die kudde voorkomend teen galsiekte te bestuur nie

          3.    Moenie onkundige inenting op die diere toepas nie, omdat dit die ontwikkeling van immuniteit teen anaplasmose benadeel

          Die term “galsiekte” of anaplasmose is ‘n bosluisgedraagde siekte. Dit word egter deur vyf (5) ander bosluisspesies ook oorgedra, tesame met ander vektore soos vlieë en muggies. Sien latere beskrywing.

          Anaplasmose word in die literatuur as ‘n rickettsia-agtige tipe organisme beskrywe, waar die Anaplasma organisme die vernietiging van rooibloedselle meebring wat bloedarmoede, geelsug, rumenstase of hardlywigheid veroorsaak. 

          Bloubosluise word algemeen erken as die belangrikste oordraer van galsiekte, waarvan twee tipes in die literatuur beskryf word;

          1.    Anaplasma marginale

          2.    Anaplasma centrale.

          Anaplasma marginale word as die gevaarlikste van die 2 galsiekte organismes beskou. 

          Die literatuur beskou die Rhipicephalus decoloratus (die inheemse bloubosluis) as die belangrikste vektor van anaplasmose marginale. Die organisme word nie transovarieel oorgedra nie. (Deur die bosluiseier na die volgende geslag)

          Bosluise word met die organisme besmet wanneer hulle op

          ·         Besmette siek diere voed

          ·         Op diere voed wat van galsiekte herstel het.

          Besmette diere wat gesond geword het, bly vir onbeperkte tye draers bly van galsiekte

          Ander draers van anaplasmose

          1.    In die literatuur word stalvlieë (Stomoxys spp), perdevlieë (Tabanus spp.) ook as belangrike vektore van Anaplasmose beskou. 

          2.    Meganiese apparaat soos spuitnaalde, oorkeeptange, onthoring apparaat waaraan besmette vars bloed moontlik kan kleef, kan galsiekte meebring

          3.    Muggies en luise word ook in ander wêrelddele as belangrike draers beskou

          4.    Dit is moontlik dat Intra-uterine oordraging (besmetting van die ongebore kalf) op verskeie wyses ook kan plaasvind, wat beteken dat die kalf by geboorte alreeds ‘n draer is van die parasiet. 

          Die beste strategie is;

          1.    om ‘n stabiele toestand en langtermyn beskerming teen die siekte te verseker

          2.    te aanvaar dat die hele kudde weerstandig ingeënt en bestuur moet word om die risiko’s van galsiekte  te verminder

          3.    Om diere instaat te stel om immuniteit te ontwikkel, wat vir 2 maande na enting steeds latent kan wees en dus ‘n risiko geval mag wees om die siekte op te doen.  
           
          Daarna kan die diere aan natuurlike besmetting van die bosluise in die veld blootgestel kan word

          Belangrik

          1.    Hartwaterentstof mag nie saam met galsiekte en/of rooiwaterentstof toegedien word nie

          2.    Entstofreaksie kan of vind plaas vanaf 4 weke tot en met 7 weke na die enting

          3.    Ent kalwers in op die op die ouderdom tussen 3 en 9 maande

          4.    Moet nie staatmaak op biesmelk en of moederweerstandige oordraging na die kalf nie, of

          5.    Dat die veld genoeg besmette bosluise sal oplewer wat besmet is om die kalf te byt nie.

          6.    Slegs sowat 10% van die bosluise is met die organismes besmet en die ander 90% nie. Die 10% persentasie sal egter wissel van plaas tot plaas.

          Kenmerkende Simptome

          1.    Anaplasmose soos in die geval van rooiwater, word gekenmerk deur wisselende koors, bloedarmoede, geelsug, rumenstase (staking van die grootpens se werkinge) en hardlywigheid.

          2.    By melkkoeie kan die daling van melkproduksie lank voor die tyd al waargeneem word.

          3.    Siektetekens is ook nie met die eerste oogopslag waarneembaar nie

          4.    Hoogs vatbare diere mag vrek mag voordat enige siektetekens soos geelsug en vermaering met die oog waargeneem word.

          5.    Die siekte het normaalweg ‘n inkubasieperiode van 4-6 weke nadat die dier deur besmette bosluise gebyt is, alhoewel daar  gevalle aangeteken is  waar diere in baie kort tye, 1 dag tot 1 week,  dodelik siek geword het

          6.    Nadat ‘n nie-weerstandige dier gebyt is, vermenigvuldig die parasiet baie vinnig in die bloed van die dier waar dit die rooibloedselle vernietig.

          7.    Wanneer meer as die helfte van die dier se bloed met die organisme besmet is, toon die dier tekens van geelsug en bloedarmoede.

          8.    Galsiekte in ‘n gevorderde stadium word gekenmerk deur hardlywigheid. Klein hoeveelhede korrelrige harde mis wat met gal bevlekte slym gemeng is, kan waargeneem word..

          9.    Oogvliese is bleek en vaalgrys of geel van kleur

          10.  Diere wat oor galsiekte kom, herstel stadig.

          11.  Aborsie kan voorkom maar, daar is vele ander oorsake wat tot ook tot aborsie aanleiding kan gee.

          12.  Galsiekte het ook ooreenstemmende tekens met plantvergiftigings en ander dieresiektes, waarby spiertrillings, soos in die geval van hart- en rooiwater.

          Daar is opvallende kenmerke by ’n nadoodse ondersoek van galsiekte

          ·         Slymvliese is bleek en bloedarmoedig

          ·         Milt is vergroot

          ·         Lewer is vergroot

          ·         Galblaas is vergroot en gevul met dik groen gal

          ·         Dikderm bevat droë mis wat met dik groen slym bedek is

          ·         Strooikleurige gelerige vloeistof kan in die borsholte bespeur word

          ·         Skuim in die lugpyp en longpype

          Belangrikste verskil tussen rooiwater en galsiekte is dat die uriene in die blaas ‘n normale ligte tot ligte geel strooikleur het.

          Beheerstrategie

          1.    Dit is beter om konserwatief te aanvaar word dat ongeveer 10% van die bosluise op ‘n plaas met die onderskeie bosluisgedraagde siektes (galsiekte, rooiwater) naas ander bosluisgedraagde siektes besmet is.

          2.    Aanvaar dat diere wat een keer besmet geraak het met die galsiekte-organisme, moontlik ‘n lewenslange draer van die parasiet bly.

          3.    Terselfdertyd word ‘n langdurige natuurlike immuniteit teen die siekte ontwikkel, maar soos genoem, bly die dier 'n reservoir van die sieke wat ombesmette bosluise sal besmet

           Vertrekpunt

          1.    Aanvaar dat rooiwater en galsiekte met ‘n “Totale Strategie” bestuur moet word.

          2.    Die aanname dat kalwers wel besmet sal raak met die rooiwater en galsiekte organismes en natuurlike weerstandigheid daarteen sal opbou in die eerste 9 maande, is gewoon hoë risiko bestuur.

          3.    Alle bloubosluise is nie met die galsiekte organisme besmet nie.

          4.    Die inheemse bloubosluis, (decoloratus spp), kan dit slegs een van die twee siektes (rooiwater of galsiekte) oordra en nie beide soos in die geval van die pantropiese bloubosluis, Rhipicephalus microplus nie.

          5.    Daar dus ook geen waarborg is dat ‘n besmette bosluis op die kalf sal klim om dit te byt en daardeur die kalf natuurlik sal immuniseer nie, omdat slegs 'n klein persentasie van die bosluise met die galsiekte organisme besmet is.

          Bosluisbeheer

          Strategiese Geïntegreerde Parasietbeheer is nodig om bosluisgetalle wetenskaplik te verminder, weerstandigheid met wetenskaplike beredenering en die korrekte gebruik van chemiese middels te breek (waarmee weerstandigheid ook bepland uitgefasseer word) en, om bosluisgedraagde siektebestuur voorkomend waar moontlik te implementeer. 

          Die huidige weerstandigheidsvlakke teen chemiese beheermiddels wat regdeur SA gemeet word, (Van Dalen, Pesticide Testing Facility, ongepubliseerde werk), teen al 5 chemiese groepe en 18 geregistreerde molekules (Spickett, ongedateerde skrywe), beteken dat die produsent wat nie van kundige wetenskaplike beheermetodes gebruik maak om besmette bosluisgetalle te verminder nie, moontlik regsaanspreeklik vir sy bestuursmetodes gehou kan word.

          Onkundige bestuur kan weerstandigheid en siektes na naburige plase versprei. Bogenoemde skrywe impliseer indirek dat die aankoop en inkoop van diere op veilings vanaf produsente wat geen wetenskaplike bewysbare wetenskaplike Geïntegreerde Parasietbestuurprogramme het nie, ‘n bron van kommer vir al die produsente in die omgewing behoort te wees. Dit is die sekerste metode om nuwe siektestamme en variasies van bosluisgedraagde siektes in die gemeenskap in te bring en te versprei.

           

          Pierre van Niekerk

          0126674755

          0822208386

          Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (5 votes)
          • scorpiondip se blog
          • 2128 keer gelees
          • Drukker-vriendelike uitgawe
          • Stuur na vriend
          • PDF uitgawe

          Kommentaar

          Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

          Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

          Geborgde skakels


          Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

          Kwaliteit Saad

          Die toekoms is in jou land

          In lyn met die boer

          MSD Animal Health

          Our brand new website

          Daaglikse nuusbrief

          Weeklikse nuusbrief

          Teken In

          • Registreer as gebruiker
          • Wagwoord vergeet?

          E-pos forum

          • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
          • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
          • Boom Lusern en siektes
          • Nekklamp vir beeste
          • verpakking soos bokse en sakke
          meer...

          Gewildste stories

          Vandag

          • Revolusie in landbou is hier - Tina
          • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

          Immergroen stories

          • RSS-voere
          • E-pos foto's aan ons

          Pas gelees

          • Vra die veearts
          • Tina se nuwejaarsvoorneme
          • Wie is ons?
          • Kontak ons
          • Gebruiksvoorwaardes
          • SMS-diens
          • RSS-voere
          • Teken in op LBW
          • LBW-argiewe
          • Vennote

          Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

          Web Development by FormFunction