Gas gewere vir self verdediging

Werk dit of nie?

Ek sit en luister almal so oor die misdaad situasie in ons land. Daar is die groep wat glo bid en dit kom reg, die ander groep wat skree veg en dalk 'n stilswyende groep wat volstruis politiek bedryf.

Ekself stem saam, glo en bid is nommer 1, maar ek mag darem seker bietjie voorbereid ook wees? Dit sal dalk net moontlik help dat ek en my gesin nie slagoffers word nie.

Nou hoe doen mens dit binne die raamwerk van die wet? Want skiet jy iemand (selfs uit selfverdediging) het jy marakas. 'n Goeie alternatief is gas gewere (paintball markers). Dis iets wat jy in die hande kan kry vir onder R3000, nie 'n lisensie nodig nie, so maklik om te werk jy kan jou hele gesin toerus en jy hoef dit nie in 'n kluis te bere nie.

Die gedagtegang hieragter is dat ek en my gesin die eerste en laaste linie van verdediging word indien ons aangeval word. En ja, maak nie saak na watter kant toe jy redeneer en/of bid nie, die kans dat jy en jou gesin aangeval kan word in hierdie land is ontsettend hoog.

Daarom is dit beter om voorbereid te wees. Ek laat eerder 100 mense vir my lag as wat 10 mense by my graf staan en huil. Kyk bietjie na hierdie toetse gedoen op 'n varkrib.

http://www.youtube.com/watch?gl=US&v=sHvfe-Mnu-I

Baie effektief sou ek sê. Ekself gebruik hierdie, ook vir my operateurs wat plaasbeveiliging doen. Met baie goeie sukses.

vir die wat sukkel met youtube - kyk hierna

www.defenceguns.co.za

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Deon Coetzee

@A v Zyl - ons gebruik tans hoofsaaklik Tippmann en Tiberius produkte - uitstekende gehalte en onderdele en bykomstighede baie geredelik beskikbaar.

Loer ook gerus na ons webwerf - www.defenceguns.co.za - vir meer inligting en spesifikasies, pryslyste, foto's en video's om die slaankrag van hierdie wapens te demonstreer.

Hierdie is NIE speelgoed nie, en ons fokus hiermee is uitsluitlik op self verdediging. Hulle skiet ook heelwat harder as die standaard verfbal weergawe. Die projektiele is of a peperbal (met 'n harde dop) of 'n soliede bal wat gemaak is van nylon en glas. Soos JH tereg noem - 'n voertuig windskerm eet hy soos 'n mielie.

Deon Coetzee

Ons het nou die 3 gewere getoets. Kyk gerus op die site www.defenceguns.co.za - daar is al die info en ook videos van wat die geweer doen met 'n varkrib.

@JH - ek hou juis die geweer weg van my seun af, want ek sien al hoe bly alles in die slag hier om ons.

A v Zyl 

Ek kan ongelukkig nie op youtube kom. Gee asb meer inligting oor die gasgewere. Wat is die maak beskikbaar in RSA.

J.H Botha 

Uitstekend ja. Ek gebruik dit self en ek kan jou se dis baie effektief. Wat ek meeste van hou is dat jy nie die lisensie probleme het wat gepaardgaan met vuurwapen eienaarskap nie. Ek het een vir elkeen in my gesin gekoop.

My seun het 2 weke terug my bakkie se vooruit gebreek op 15 m. Ek kan net dink wat so 'n sarsie op 'n mens sal doen wat jou bedreig. Ek glo regtig voorbereid wees ie beter as genesing.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.