Gelukkige mense












Dié wat die blog volg, sal weet dat ek ´n rukkie gelede op ´n “geborgde” besoek aan Frankryk was. Om die kinders en my kleinkind te besoek én om die toets tussen die Bokke en die Tricolors in Toulouse, by te woon. Oor laasgenoemde wil ek nie veel praat nie. Oor die algemeen ´n wonderlike ervaring.

Toulouse en Biarritz

Het heelwat van die Suid-Afrikaners ontmoet wat daar rugby speel. Was beindruk met die jong mense, wat bevooreg is om dit hul leefwyse te maak. Jongmense, almal ook nie meer só jonk nie, op wie enige ouer trots kan wees. Dat hulle aangepas is en ´n baie goeie leefstyl het en geniet wat hulle doen, in ´n oorwegend ontspanne atmosfeer, natuurlik harde werk, vir die toegewyde spelers. Die taal, nie so maklik nie, maar die meeste probeer en kom goed oor die weg. Vrouens sukkel natuurlik meer, die manne móet, want in ´n spansituasie is dit noodsaaklik. Moet darem sê dat die Suid-Afrikaanse vroutjies baie mooier is as die Franse vrouens, min Franse skoonhede gesien.

Het twee van Toulouse se wedstryde bygewoon en natuurlik die toets. Opvallend die entoesiasme van die plaaslike ondersteuners. Oor die algemeen, goed gemanierd en opgevoed. Arme stelskoppers van die opponente moet ook maar die geboe, trotseer. Geen, maar nie een, dronk toeskouer gesien nie. Met Heineken, een van die groot borge, is bier wel beskikbaar op die paviljoene. Na elke wedstryd ´n tou jong, almal óók nie só jonk nie, ondersteuners om handtekeninge te kry. Spelers meer as gewillig om die, nie altyd so lekker, takie te verrig. Opmerklik dat die Suid-Afrikaners dit rustig doen, geselsies aanknoop met die ondersteuners, geen ongeduld nie. Geen prima donnas onder hulle nie. Gewilde spelers.

Was onder die indruk dat Suid-Afrikaners net in die eerste liga speel, maar selfs in die 2e en 3e liga, duik daar name op, wat nié Frans is nie. Van hulle selfs kaptein. Manne is lojaal teenoor hul klubs, kan seker ook nie anders nie, want daar word goed na hulle gekyk.

Bourgoin, Toulouse en Touloun, Brive, Parys en Biarritz, Bayonne, Montauban, Perpigñan, Castres en Albi, is van die klubs waar gespeel word. Romantiese name en plekke, maar daar lê  baie sweet van ons mense op die groen Franse gras.

Hasta la proxima

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.