Goeie Naand van Bethal

Goeie naand van Bethal.

Wel vandag was besig en warm. En so teen 5 nm begin die wolke saam pak en siedaar, goeie reen wat val daar buite.

Ek gaan weer 'n paar kalwers speen hierdie week en die klompie lyk baie goed.

Ek het heelwat rekenaar probleme gehad die laaste paar weke en het vanaand weer daarin geslaag om aan lyn te kom.

Ek het gedink dat ek gou gaan kyk of die stelsel werk.

Ek het hierdie foto van Byrnie geneem so 5 dae terug en ek dag ek sal hom gou hier op die blog sit. Die man is hard besig daarbuite saam met al die koeie en hopelik sal ons hierdie jaar nog 'n klomp mooi kalfies aan kry van hom af.

Ek sit hieronder 'n foto van een van sy vers kalfies en ek dink sy is iets heel besonders. Haar ma het nou weer gekalf op 333 dae en die keer is dit 'n bul kalfie. En hier was Byrnie ook die pa gewees. Ek sal later 'n foto van die knaap hier op sit.

Kyk maar gerus na die vers. Ek beoog om haar na die Nasionale Veiling toe te vat. So hou haar maar gerus dop.

Wel ek gaan gou hierdie gedeelte op die web laai.

Gaan loer maar gerus in op die web blad www.borans.co.za julle moet ook gereeld inloer op die genootskap se web werf by www.boran.org.za om te sien waar en wanneer die volgende veiling van Boran beeste gaan wees.

Boran groete to later.

Buks van Bethal

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.