Goeie naand hiervan Bethal.
Nou ja waar sal ons begin. Die afgelope maand of twee was besige maande. Kom ons begin maar weer by die Nasionale Veiling wat hierdie jaar weer met groot sukses by die Afridome in Parys aangebied was. Ons het weer goeie pryse gesien en geluk aan Circle C wat hulle bul Junior vir R450K verkoop het. DIt was goed om te sien dat daar baie goeie beeste aangebied was gedurende die veiling en ek dink almal was tevrede met die pryse wat hulle vir hulle diere gekry het.
Net na die Nasionale veiling het die Kwa-Zulu Natal klub hulle veiling aangebied in Escourt en daar het ons weereens goeie pryse gesien vir al die diere van die Aanhangsel A diere tot by die SP diere.
Die volgende week was it weer die Alle Ras Bul veiling by Ermelo en geluk aan Schalk van Oudsthoorn met die bulle wat hy daar aangebied het.
Die volgende veiling was dan by Johan Naude in Heilbron en weereens het hy goed gedoen met sy veiling. Ek dink ons het dan so 'n kort blaas kansie gekry en dan was die afgelope week die Standerton fees en skou en die Hoeveld Boran Klub het 'n statiese uitstalling gehou en die belangstelling in die Boran bees was groot gewees. Nou ja niemand sal dit nou hard wil sê nie maar daar was 'n hele paar boere wat graag 'n Boran by hulle kudde sal wil gebruik.
Die eerste vraag wat ek dan wil kyk na is dit.
"Ek het gehoor dat die Boran bees enige gras eet en dat hy nie 'n kieskeurige vreter is nie, is dit waar?"
Die antwoord daar is maar eenvoudig, Die Boran is net soos enige lewende wese. En ek gaan nou maar antwoord soos wat ek dit ervaar het.
As daar vleis is gaan ek beslis nie my self ooreet aan pampoen en kool nie.
Net so met die Boran, ek is seker dat hy sal ook net soos enige ander bees die lekker gras verkies bo die minder smaaklike gras. Waar die verskil inkom dink ek is dat die Boran aan die minder smaaklike gras gaan vreet sodra die smaaklike gras opgebruik is. Ek sien hier by my dat hulle maar eers die lekker grasse eet en dan daarna maar aan die Tamboekie begin vreet.
Die volgende vraag was.
"Ek het gehoor dat die Boran nooit 'n prolaps kry nie, is dit waar?
Die antwoord is miskien nie so eenvoudig nie. Al wat ek hier wil skryf is dat die Boran bul ook kan prolaps maar dit kom nie so algemeen voor nie. Dit is meer die uitsondering as die reel.
Die volgende vraag is.
"Ek het gehoor dat die Boran 'n vroeg ryp bees is, is dit waar?
Die Boran is oor die algemeen vroegryp en die verse is geslags ryp op 'n gemiddelde ouderdom van 385 dae. Daar is van die Boran beeste wat 'n bietjie langer vat maar dit is die uitsondering en nie die reel nie.
Op die bulle is dit soms maar moeilker. Oor die algemeen kan die bulle al begin werk sodra hy agter kom wat sy doel op die plaas is. Vanaf so 15 maande en ouer kan die bulle al 'n paar verse gegee word en hulle sal die werk gedoen kry. Ons moet net onthou dat bulle eers volgroeid is teen die ouderdom 5 jaar.
Nou die volgende gedeelte wat ek wil bespreek is die volgende.
Speen gewig...... Wat ek hier aan doen is om net 'n paar idees uit te sit en dan te wag vir kommentaar van die mense daarbuite
Hierdie is nou 'n vraag wat aandag nodig het.
As jy met 'n ander tipe bees boer moet jy die vraag vra.
Wat moet my speen gewig wees.
Kom ons veronderstel jy boer met 'n bees waar die koeie se gemiddelde gewig 600kg is.
Speen jy 'n kalf wat 250kg weeg = 41,66% van die ma se gewig.
Speen jy 'n kalf wat 275kg weeg = 45,83% van die ma se gewig.
Kom ons veronderstel dat jou koei weeg 500kg en jy speen 'n kalf van 230kg = 46% van die ma se gewig.
As die koeie wat sommige mense dan so ondersteun vir hulle 'n kalf kan speen wat + 50% van die ma se gewig speen is jy op die regte pad
So kan ek nou maar aangaan en al die gewigte gaan neerskryf (Ek het dit natuurlik alreeds gedoen op Excel vir verskeie bees rasse.)
Ek het nou met Beefpro uitgewerk dat ek verlede jaar verlede jaar gemiddeld op 222 kg gespeen het en dat die gemiddelde gewig van die koeie 387kg was, dan gee dit my 'n gemiddelde speen gewig van 57.36% wat die program vir my nog verder wys is dat my gemiddelde geboorte gewig 23,7 kg is.
Ek het nou na 11 rasse se gemiddelde koei gewigte gekyk en die gewig was 516kg met 'n gemiddelde geboorte gewig van 37,76 kg en 'n gemiddelde speengewig van 207.24 kg met 'n gemiddelde koei/kalf speen verhouding van 40,12% nou ja ek dink dit is maar stof tot nadenke.
Nou het ek ook nog glad nie aan kalf probleme geraak nie. (Dit is 'n verdere punt vir bespreking later)
Wat ek eintlik wil sê is dat dit maklik is om te verwys na goeie speen gewigte maar dat 'n boer moet dink of hy werklik waarde van sy koeie kry met sy speen gewigte.
Wat ek wel kan sê is dat ek die Standerton Skou geniet het en dit was lekker om met al die bees manne wat daarby my en Nico en Johan kom kuier het, ons het dit baie geniet en dankie vir die ondersteuning.
Nouja ek het ook nou al weer te veel tyd hier spandeer en ek verwag dat ek nou maar die kommentaar weer moet verwerk soos dit inkom.
Op 'n ligter trand vrou-lief kom weer Maandag terug en ek sal maar gou more moet seker maak dat ek haar huis vir haar weer terug gee in amper die selfde toestand as wat sy dit aan my toevertrou het.
Ek wil ook graag dankie sê aan al die manne wat my ondersteun het met die koop van my jong speen bulletjies. Julle het van vêr plekke gekom en ek hoop dat al die bulletjies vir jull gaan goed doen.
Ek gaan nou weer binnekort nog 'n paar bulletjies wat sal rêg wees om nuwe base te kry, hou maar die Landbou Weekblad se advertensies dop.
Onthou om te gaan inloer op die Boran se webwerf by www.boran.org.za vir die jongste nuus oor die veilings en sommer vir al die inligting wat jy graag wil weet.
en as julle daar by my kom inloer op www.borans.co.za kan julle op die "Te Koop" blad 'n paar van die jong bulletjies sien.
Boran Groetnis tot later
Buks van Bethal
Kommentaar
Dankie vir die nuttige info Buks. Vind gerus die webblad skakel vir die Katalogus en Brosjure van die Vyfde B4 Boran Veiling, 18 September 2010, 11:00, te Humansdorp, Oos-Kaap:
www.karoo-ochse.co.za/boran.php
Groete vanaf PE by die Zee
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)