|
makeplan
|
Justice Malanot
|
Janbez
|
Bontbok
|
|
marleen smith
|
Suiderling
|
Danie C
|
|
Justice Malanot
|
Bontbok
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Goeie dag almal, Ek hoop dat dit met julle goed gaan en dat julle 'n rustige naweek geniet na 'n week wat party dae nie so goed gelyk het as 'n mens na die internasionale en plaaslike markte gekyk het nie. Hierdie week het die Argentynse Sekretariaat van Landbou en die Amerikaanse Landbou Departement syfers bekend gemaak oor die huidige oeste (2006/7) en oor die verwagte oeste vir die 2007/8 seisoen. Mielies: Volgens die jongste syfers word verwag dat daar 3.9 miljoen hektaar mielies in die 2007/08 seisoen in vergelyking met die 3.57 miljoen hektaar van die huidige seisoen geplant gaan word. Die verwagte opbrengs is 24 miljoen ton in vergelyking met die huidige 22 miljoen ton. Die provinsies waar die meeste mielies verbou word is: Córdoba, Buenos Aires, Santa Fe en Entre Ríos in hierdie volgorde. Koring: Die Argentynse Landbou Sekretariaat verwag dat die oppervlak waarop koring verbou gaan word in hierdie land, wat een van die 5 grootste koringuitvoerders is, gaan afneem van die huidige 5.55miljoen hektaar in die 2006/07 seisoen na 5.5miljoen hektaar in die 2007/08 seisoen. 'n Opbrengs van 14 miljoen ton word verwag. Soja: Vir die huidige 2006/7 seisoen word die oes op 47.6 miljoen ton geraam vir Argentinië wat die wêreld se grootste produsent en uitvoerder van soja is. Sonneblom: Vir die 2007/08 seisoen word verwag dat die oppervlak wat gaan gebruik word vir die verbouing van sonneblom van die huidige 2.44 miljoen hektaar na tussen 2.6 en 2.7 miljoen hektaar. Die oes vir die 2006/7 seisoen was 3.62 miljoen ton. Hasta luego amigos. Bron: Secretaría de agricultura, ganadería, pesca y alimentación de la República de Argentina Die Argentyn
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)