|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |

Vleis, dit is mos kos! Klink of hier ´n advertensie vir vleis gemaak word. Vleis, die middelpunt van alle spyskaarte. Luister die vroue, toe hulle ´n rukkie terug, so ´n gesellige saamkom beplan. Eerste word daar oor die vleis besin.

Vleis is nie maar net vleis nie. Behalwe bees, skaap, vark en hoender, is daar nog vleis uit voerkrale en geproduseer onder vryloop toestande. Hiér beroem die beesprodusente hulle daarop dat hulle “grass fed beef” uitvoer en verkoop. Wat is die mooi Afrikaans daarvoor? Daarom is ons beesvleis baie gewild as uitvoerproduk. Gedurende die vyftiger jare het die Amerikaners varke van beeste gemaak. ´n Groot oorskot van mielies het gemaak dat hulle die beeste in voerkrale begin voer het. ´n Bedryf wat net gegroei het en vandag oral ter wêreld toegepas word.


Vra die gewone beesboer hier, wat die prys van mielies is, hy sal geen benul hê nie. As hy hoor dat die prys hemelhoog is, sal daar dalk so ´n veraf glimlag op sy gesig kom, dan weet hy die vark en hoender vleis en voerkraalbees, gaan duurder word. Daardie enkel pens diere en die herkouende kripvreters, het groot hoeveelhede mielies in hul rantsoene nodig.
Die verbruiker kyk eers na prys, dan smaak en beskikbaarheid. ´n Idilliese prent van beeste op groen weidings lyk tog ook beter as die diere in ´n voerkraal. ´n Vraag wat aanhoudend opduik, is of die ingvoerde saad wat vir inseminasie gebruik word, ons gras beeste gaan verbeter?
Wat verkies die verbruiker? Weet wat ek verkies, maar dit is ´n bevooroordeelde mening.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
ek het verlede maand 120 dollar (480 pesos) in argentinië betaal vir n 28 kg beesboud met murgbeen ingesluit by die slagpale se kleinhandel,slaghuise kan tot 30% duurder wees
ek wag net vir die eerste ryp om dalk twee boude te koop om biltong te maak
Veldvleis of weivleis, het ek al gehoor.
Wat is die prysverskil (in die prys wat die boer/voerkraal kry) tussen voerkraalbees en weivleis daar by julle, Danie?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)