|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
As gevolg van onvoorsiene omstandighede, is ek gestrem in my skrywes vir hierdie blog. Ek plaas maar weer ´n ou blog, terwyl ons die wonder van die lente beleef.
Ons het die afgelope naweek en gister heerlike reën gehad. (Hoop dat vir al die bloggers wat afhanklik is van reën, daar ook gou uikoms sal wees) Die natuur het dié paar dae ontwaak en dit is of daar `n kompetisie tussen die plante aan die gang is om die mooiste groen te voorskyn te bring. Hoeveel skakerings van groen is daar? Ek dink soveel as wat daar plante is.
Waardeer ons dit? Sekerlik nie elke dag nie. Is maar soos die kusbewoners wat die see nie meer raaksien nie en die gesonde mens wat nie eers dink hoe bevoorreg hy is nie.
Die groen van die natuur is mooier as die groen van enige geldnoot, die Tien Rand en Amerikaanse Dollar ingesluit. Weet nie of daar `n kleur is wat met lewe geassosieer word nie, maar dit moet groen wees.
Op ´n dag het hier besoekers opgedaag en gevra of ons dan nooit moeg word vir die groen nie? ´n Suid-Vrystater moeg word vir groen? Dit is hierdie verslaafdheid aan groen wat maak dat ons verknog bly aan die boerdery en wat maak dat sommige stedelinge ons beny.
Hasta la proxima!!
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)