Hantering (3)

Die moderne sakeman se kantoor het die afgelope paar dekades heelwat verbeteringe ondergaan, waarom is dit so dat daar op baie plase hanteringsgeriewe is wat dateer uit die dae van ons voorouers? Is dit dalk die feit dat arbeid so volop beskikbaar is of was? As kind kan ek die geroei en gestoei in die skaapkraal baie goed onthou. Saans na die dosering of ineting afgehandel is, was die enigste skoon deel aan jou lyf, die wit van jou oë. Stof en sweet, moeg gespook! Miskien is dit daar waar ek my amperse obsessie oor die hantering van vee ontwikkel het. Vir van die ander broers was dit die finale afskrik in boerdery. Kraal ontwerp het ´n baie groot invloed op die doeltreffende hantering van vee. In studies in Nieu-Zeeland is bevind dat in sommige krale, 45 % van die tyd bestee word om vee in die drukgang te kry en dit is dan redelik goeie krale. Krale moet

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

N.J.Wiese 

Wil graag kraal bou,maar soek bietjie inligting om dit te doen.Danie jou hulp sal goed wees.

Danie C

Niekie, ongelukkig het sommige van die blogs se inligting in die slag gebly met Landbou.com se verskuiwings. Die volledige artikels kan hier gevind word http://blogs.litnet.co.za/latino/hantering-3 As daar verdere navrae is oor die hantering van vee kan ek by die volgende adres gekontak word daniecoetzee@gmx.net

Dr. Niekie van Aswegen

Kan ek die volle artikel a.s.b. kry.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.