Harpe en ghitare

<!-- @page { size: 21cm 29.7cm; margin: 2cm } P { margin-bottom: 0.21cm } -->

Pajaro campana (Bare-throated Bellbird, Procnias nudicollis ), is nie net ´n bekende voël van sentraal Suid-Amerika nie, ook nie net ´n bekende, tradisionele musiekstuk, gekomponeer deur Felix Perez Cardozo nie, maar ook die handelsnaam van een van die belangrikste fabrieke van harpe en ghitare hier plaaslik.

 

Elke dorpie en gemeenskap het hulle “guitarristas” en “arpistas”. Dié twee instrumente is tradisioneel in dié wêreld, daarom is daar ´n goeie mark daarvoor. Verjaarsdae, troues en ander sosiale geleenthede word nié sonder hulle gevier nie.

Irma Gimenez de Lovera is die verkoopsdame by een van die winkels van die fabriek. Self ´n bogemiddelde ghitaar- en harpspeler. Op 6 jarige ouderdom het sy met die ghitaar begin en op 8 met die harp. Wanneer sy haar agter die harp tuismaak en haar kort vingertjies begin oor die snare streel, raak sy weg in die klanke. Sy reken beide instrumente is maklik om te bespeel.

 

 

Met groot trots vertel sy dat Pajaro Campana ook ´n verkoopspunt in Japan het en dat die baie bekende Japanese harpspeler, Lucia Shiomitsu, die harp hier in Paraguay leer bespeel het.  Luister hier om Pajaro campana te hoor: http://www.youtube.com/watch?v=8URX8PjWft8

 

As jy dus ´n ghitaar of harp, volgens jou spesifikasie wil bekom, is dít die mense om te kontak.

Hasta la proxima

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.