Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Help-slange-vang-hoenders

Argiewe

2012

  • Februarie (1)

2011

    2010

      2009

        Blogger

         
        Janbez
        Foto album
        Aangesluit: 3 Apr 2009
        Dorp : Kaapstad
        Provinsie : Wes Kaap
        Land : Suid Afrika

        Ek ondersteun

        mkruger se foto
        mkruger
        Jakkals se foto
        Jakkals
        scorpiondip se foto
        scorpiondip
        Danie C se foto
        Danie C

        Volgelinge

        • AnnieBP se foto
          AnnieBP
        • Martie Kruger se foto
          Martie Kruger
        • Hakuna matata se foto
          Hakuna matata
        • Argentyn se foto
          Argentyn
        • Elzabi se foto
          Elzabi
        • Jakkals se foto
          Jakkals

        Vriend

        scorpiondip se foto
        scorpiondip
        Danie C se foto
        Danie C

        Jongste blogs

        Danie C se foto
        Toulouse en omgewing (4)
        saai se foto
        Invoere - bangkrot Boere
        Steven nel se foto
        Kopklamp
        Steven nel se foto
        My nuwe nguni vers
        Johannes Meintjes se foto
        Perspektief op Landbou: ACDP

        My Weer

        • Voorspelling
        • Vandag
        • My ligging

        Kaapstad

        • Donderdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:20 C
        • Laag:9 C
        • Vrydag
        • Reën
        • Hoog:17 C
        • Laag:10 C
        • Saterdag
        • Mis
        • Hoog:17 C
        • Laag:7 C
        Sonsopkoms: 7:37
        Sonsondergang: 17:47

        Kaapstad

        Bygewerk:24 May 04:00 IDT
        Temp:
        Druk:
        Doupunt:
        Humiditeit:77%
        Wind:

        Kaapstad

        Peiling

        Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

        Help: Slange vang hoenders!

        Ingestuur deur Janbez op 4 Julie, 2009 - 21:34

        'n Lid van die landou.com-gespreksforum, Karin van Staden, het onlangs aan haar mede-forumlede gevra of daar raad is vir slangaanvalle in hul hoenderhok?

        Sy skryf: Ons hoender -/ eierboerdery lei ernstig onder noodlottige ongevalle, ongeveer twee henne gedood per week uit ons nagenoeg 50 ostrolorp en high-line henne, vermoedelik as gevolg van slangbyte.

        Ons kry die henne dood in die kampie, geen opsigtelike beserings nie maar sodra rigor mortis intree, word die liggaam styf - behalwe die kop wat slap bly hang en potblou word. Ons probeer ons klein boerdery natuurlik en "free range" hou, so die hoenders is in 'n kampie omhein met diamantdraad +/- 60 vierkant meter groot, met natuurlike plantegroei en bome asook neste en slaapplek. Die kampie is op die werf, digby die huis, en die werf is met elektriese omheining toegespan.

        Ons het 'n hele klomp honde op die werf, maar nogtans kom die skuldiges, wat ons vermoed slang se kind is, binne - vermoedelik agter die eiers aan. (Ongelukkig is dit weens omstandighede net moontlik om een keer per dag die eiers uit die neste te verwyder.)

        Ons het al heelwat mosambiekse spoegkobras, eiervreters asook pofadders in en om die werf teegekom. Daar is ook van tyd tot tyd rotte en muise maar ons hou dit in beheer deur middle van omgewingsvriendelike rottegif bv racumin. Is daar enige raad?

        Theuns van Deventer 'n forumlid, het hierdie raad:

        Ek het dieselfde probleem met my voël boerdery, veral ten opsigte van muise en rotte. Ek het (na vele onsuksesvolle probeerslae) vir my 'n elektriese "pest control" installeer (hoe suksesvol dit deesdae gaan wees, weet ek nie) waarmee ek met volle vertroue kan voorstel indien dit geaktifeer bly.

        Dis 'n elektriese energie bron wat sowat 3000volt vrystel op 'n enkel kaaldraad, ondersteun deur insolators (dieselfde as wat hul met elektriese heinings gebruik) wat ek om die area om die hokke gespan het, sowat 20mm bokant die grond.

        Karin sal des moontlik 'n lae sement (of soortgelyke) muurtjie om die hokke moet moet bou om 'n eweredige oppervlak te kry wat ook sal dien as monteerplek vir die insolators. Die ouer stelsels het met twee drade ('n neutraal en lewendige geleier) gewerk, maar die stelsel gebruik slegs 'n enkel draad en aard selfs op sement.

        Die insoleerders is reeds sowat 20mm hoog en laat net die regte gaping oor. Die kanse dat 'n slang onderdeur sal seil sonder dat sy lyf daaraan raak, is baie onwaarskynlik en bo-oor sal sonder twyfel net daar klaar speel met slang se kind. Muise en rotte klim natuurlik oor sulke hindernisse en spring alleenlik as hul gejaag word. Ek het in die eerste week vier rotte, 'n slang en twee paddas tereggestel.

        Dit het 'n ingeboude toets-meganisme en daaglikse druk van 'n knoppie sal jou dadelik sê of iets op die lyn lê (aard grond toe). 'n Enkele eenheid kan 'n 1000 meter draad hanteer en kan op meer as een plek beveilig. Die koste (so jaar gelede) was R580 vir die eenheid. Die draad (1mm kaaldraad + insolators) behoort nie meer as 'n verdere R100 te kos nie.

        Karen kan Deon Wiett kontak (Randfontein) by 082 223 0178 wat haar kan voorsien.

      • Geskryf deur Karin van Staden en Theuns van Deventer op Landbou.com se gespreksforum

        Dr. Johann Breytenbach skryf:

        Ek sou net graag bevestiging wou kry dat die vrektes wel as gevolg van 'n slangpik is. "Fowl Cholera" of hoender pasteurellose kan ook skielike vrektes veroorsaak. Baie keer tref jy 'n "gesonde" hen dood in die nes aan. Ek sou dus aanraai dat 'n dooie hoender gestuur word vir bakteriologiese ondersoek. Daar is geïnaktiveerde entstowwe beskikbaar om die siekte te voorkom.

      • Dr. Johann Breytenbach is verbonde aan Intervet, 'n deel van Schering Plough.

        22 Januarie 2008

      • Geen gradering nie
        • Janbez se blog
        • 3118 keer gelees
        • Drukker-vriendelike uitgawe

        Kommentaar

        Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

        Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

        Geborgde skakels


        Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

        Kwaliteit Saad

        Die toekoms is in jou land

        In lyn met die boer

        MSD Animal Health

        Our brand new website

        Daaglikse nuusbrief

        Weeklikse nuusbrief

        Teken In

        • Registreer as gebruiker
        • Wagwoord vergeet?

        E-pos forum

        • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
        • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
        • Boom Lusern en siektes
        • Nekklamp vir beeste
        • verpakking soos bokse en sakke
        meer...

        Gewildste stories

        Vandag

        • Revolusie in landbou is hier - Tina
        • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

        Immergroen stories

        • RSS-voere
        • E-pos foto's aan ons

        Pas gelees

        • Top Bonsmara Verkoop
        • Toerismepotensiaal nog braak in SA
        • Wie is ons?
        • Kontak ons
        • Gebruiksvoorwaardes
        • SMS-diens
        • RSS-voere
        • Teken in op LBW
        • LBW-argiewe
        • Vennote

        Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

        Web Development by FormFunction