Hierro Bello

 

<!-- @page { size: 21cm 29.7cm; margin: 2cm } P { margin-bottom: 0.21cm } -->

Hierro Bello- Mooi Yster. Yster, kan yster mooi wees? Vir min mense is ´n stuk yster seker mooi, maar soos met enige kunswerk, aan die begin net roumateriaal, kan yster gevorm word in iets mooi en bewonderingswaardig. Die vakman of kunstenaar moet net weet wat hy doen.

 

 

 

Ongeveer 20 jaar gelede, het Carlos Faraone, eintlik ´n meganiese ingenieur, se kuns drang na vore gekom en het hy die besigheid Hierro Bello begin, deeltyds. Kandelare, bedstyle, koffietafels, stoele, banke, wynbottelhouers en wie wat ook al uit yster wil hê, word hier gemaak.

 

 

 

Sonder veel ingewikkelde gereedskap. ´n Paar hammers, tange om die warm yster vas te hou, ´n skroef of wat en dan natuurlik die belangrikste van alles, ´n goeie blaasbalk om die kole in die vlamkas, waarin die yster warm gemaak word, goed te laat gloei, is wat gebruik word om hierdie produkte uit gewone yster te smee en te vorm. Deesdae is die werk in die hande van Erico Medina en Jorge Sanchez. Hulle weet presies waar om warm te maak en waar te slaan om die regte kinkel en draai in die yster te kry.

Seker nie in almal se smaak nie. Die siniese sal sê dat dit net stof opgaarders is, maar tog uitsonderlike versierings, op die regte plek.

Hasta la proxima

Geen gradering nie

Kommentaar

Danie C

Justice, baie dankie.

CJ Malanot 

Hi Danie
Ek verneem dat jy n persoonlike tragedie belewe met die afstwerwe van jou vrou. Net n kort email om jou te laat weet ons dink aan jy en bid vir jou, en dat jy skrywes vir ons baie beteken en ons harte aanraak. In die tyd is ons saam met julle.
Respectfully
Justice Malanot

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.