
|
boran
|
Argentyn
|
Danie C
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
|
Leon Kruger
|
|
MARIETH GROBLER
|
Danie C
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
In my navorsing vir my tesis, is een van die bewyslaste vir die model wat ek ontwikkel het, redes in my hipotese waarom vleisproduksie veral, noodsaaklik is.
Een van die plekke wat ek gaan beskrywe so goed ek kan, is die Noord Natal area Hluhluwe, Mkuze omgewing. Ek kan ongelukkig nie die data nou publiseer nie maar, ek wil tog produsente bewus maak waarom beter, gesonder en goedkoper vleisproduksie van groot belang is, nie net vir die behoud en winsgewendheid van die produsent nie, maar omdat Afrika letterlik uitsterf van die honger.
Net in kort.
Die Mkuze omgewing bevind hom in 'n gebied wat 10 jaar gelede sowat 76 000 beeste gehuisves het. Tans is daar slegs sowat 6000 beeste in die gebied oor. Dit weens bosluise, wyl die slagtings wat jaarliks in die gebied plaasvind om aan die mense kos te gee, sowat 50 000 is? Dis n hengse diskrepans.
Die plase wat daar wat onder my bestuur is, het almal 'n gemiddelde getoetste Bosluisweerstandigheidspersentasie van tussen 76 -96% teen alle aktiewe en alle molekules op die mark. Dis amper uitverkooptyd! U kan self met van die produsente nou praat nadat die wetenskap tot hulle redding gekom het.
Die beste raad wat aan produsente gegee word is "DIP MEER".
Die vraag is;
"DIP MEER MET WAT WAARTEEN PRODUSENTE NIE REEDS WEERSTAND HET NIE?"
Dit sal ek graag wil sien. Hoe ook? Ons kan dit mos maar hier publiseer.
Die waarheid is, daar is niks meer oor om met dip nie. Om bosluisweerstandigheid te breek kan net binne wetenskaplike reëls en intrepretasies gedoen word.
Niemand sal dit kan raak raai nie want bosluisbeheer is nie die Lotto waar jy nommers raai nie. Dit is dieselfde raad wat aan produsente in die Oos Kaap gegee word; "Dip meer, elke 4 dae", skrywe n produsent nou onlangs weer vir my.
Of die raad word verkeerd verstaan of iemand het sommer klomp gifverkope gesien kom.
Die punt is, hoe meer jy bosluise aan die dipaktiewe blootstel, hoe meer weerstandig selekteer hul hulself. Wie wil hierteen argumenteer?
Mens moet juis nou minder dip.
Die Model se ontwikkeling is dus om op wetenskaplike metodes minder te dip, bosluisgetalle op die plaas drasties te verminder, meer vleis per dier te produseer weens die verlaging van veral blou en bontbosluise se invloede op voedselinname en groei, arbeid drasties te verminder en om die weerstandigheid wat teen die huidiege aktiewe heers, heeltemal af te breek en n bestuursplan vir die toekoms na sowat 3 jaar neer te sit wat meetbaar is.
Aangeheg is 'n link na die Ontwikkelinsgdoelwitte van die Verenigde Nasies.
Wat sê ek met die link? Ek sê dat alles in ons vermoëns gedoen moet word om produsente op hul grond te hou en ALLES moet gedoen word om SKOON VLEIS vir die ryker markte geproduseer te word.
http://www.un.org/millenniumgoals/pdf/MDG_Report_2009_ENG.pdf
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)