Dit mag dalk nie Pedigree, of Pronto Dog of Dogui wees nie, maar ons weet, wat daarin is. Niks van twyfelagtige afkoms nie. Die honde is mal daaroor en spring en swaai hul sterte asof hul lewens daarvan afhang, wat seker, in ´n mate, waar is. Twee keer per dag vertel hul voorgevoel en hul honger hulle, dat die swart kastrol gaan verskyn en begin hul vertoning. Bewys dat hulle baie in hul skik is met hul voeding.
Geel mieliemeel is die basis van ons honde se kos. Twee keer per dag, word daar in die ou swart kastrol (wat sy eie blog verdien), wat ons saam met die huis geerf het, vir hulle gekook. Vet wat uit enige vleis gebraai het, olie en die groenteskille word saam met die meel gekook. Die oorvloed bene van die gereelde asados (braaivleis), word in die vrieskas bewaar en gemeng met die meel. Met hoenderbene het ons nog geen probleem gehad nie. Dit word dan 2 keer gaar gemaak en is murgsag. Tamatie is dalk nié ´n smaaklike deel van die spyskaart nie. Soms ruik dit so lekker, dat mens lus is om self ´n paar happe te neem. Die tragiese is seker dat daar baie mense, op hierdie aarde is, wat dit met ope arms as ´n heerlike maaltyd sou verwelkom.
Kyk maar hoe vreet honde wat net van pille leef, langtand aan daardie bak pille. Die wat dalk smaaklik is, kos ´n fortuin.
Jeff en Tiens is tevrede met hul dieet. Blink, gladde velle en geen Sjinesiese, ongesonde bymiddels in hul kos nie.
Hasta la proxima
Kommentaar
Ek koop Kanhym hondekos, goed gebalanseer, honde lyk uitsonderlik goed en lewenslustig, bolle is minder wat vir my se dat die vertering daarvan is goed, die prys is baie goed en bekostig baar. Indien honde pille nie regtig gaar gemaak is in die vervaardigings proses nie is die voedingswaarde min. Ek dink die honde is nou op die regte pille. Kontak vir George 0164241505
Is daar enige iemand wat die blog lees wat hondepille\pellets kan aanbeveel,(die handelsnaam) wat ek kan probeer? Ek het 4 klein ras honde, pekinese, poedel en doberman en sukkel dat hulle die pille eet.
Ek wens my Herdershonde wil ander kos eet. Hulle eet net hulle blokkies. Hulle is nie vet nie, net mooi en fiks. Hulle sal nie hulle bek aan snoeperye sit nie. Spoeg dit uit. Kry rou bene een maal 'n week. Maar die blokkies moet net 'n goeie soort wees. Eet glad nie die wat jy by jou kooperasie kry nie. Kos my ook 'n klomp geld per maand maar hulle is my oppassers en is die geld werd.
Vir baie jare sukkel ek om my honde hondepille te laat eet,dit gaan soos die skrywer sê langtand. Hulle kry net nie kondisie nie. Net gister koop ek 2 blikkies hondevleis,die reuk wat daaruit kom bevestig my vermoede,die vleis moet sekerlik al vrot gewees het en geen mens weet wat hulle bygevoeg het nie,ek dink ek moet die pappot ook nader trek!
Ek stem saam dat dit baie beter is as van die honde kos wat mens kry maar onthou asb dat honde is opportunisties karnivore en het rou vleis, organe en bene nodig om regtig optimaal gesond te wees.
My wit bull terrier het geen vel probleme of aanpaksels op sy tande te dankie aan die “species appropriate” dieet wat hy kry en my katte is op vier maande baie groter en gesonder as die ander in die werpsel omdat hulle ook reg eet en nie vergiftig word deur vlooi behandelings, onnodige inentings en onnodige ontwurmings nie.
Te danke aan die feit dat hulle reg eet het hulle ‘n baie goeie immuunsisteem en het ek nie n probleem met parasiete soos wurms, vlooie ens nie.
God het hulle gemaak om vleis te eet nie kos wat gemaak word deur die afval te gebruik wat mense nie wil hê nie en wat dan deur so ‘n proses gaan dat daar geen voedings waarde oor bly nie en dan moet dit kunsmatig by gevoeg word. Hoekom moet die mense altyd die goed vat wat God goed gemaak het en dan dink hulle kan dit beter maak.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)