Hout



 

 

Wil amper soos in daardie liedjie van Al Debbo sing, daar is rooies en daar is bontes, maar hier is geen bontes nie, verder omtrent al die ander kleure. Het die week ´n klompie plafonhout , nie “naughty pine” soos vriend Willem daarna verwys nie, maar gewone denneplanke, nodig gehad. Die aangewes plek daarvoor is Demattei, by die buurdorp, genaamd Mbocayatý. Bekend in die omgewing vir hulle netjies gesaagde en geskaafde hout.

 

 

Marie Demattei, het groot geword in die saagmeule. Behoort nog aan haar ouers, maar hulle is nie meer so aktief nie. Goeie verkoopsvrou, ken die verskillende houtsoorte op haar vingerpunte. Yvyra Pyta, Uvyra Ró, Kurupaiy, Guayavy, Laurel,, Ysogy en die koning van die houtsoorte, Lapacho.

 

Hout is besig om skaars te word, Vroeër het hulle amper 100 mense in diens gehad. Nou net sowat 15, maar daar word nog hout uitgevoer na Argentinië, Uruguay en na Spanje. Na Spanje, veral hout vir vloere. As daar dalk iemand in SA is wat hout wil invoer, stuur hom na ons toe.

Toe ek wegry, wonder ek of hulle oor ´n paar jaar net Denne en Bloekom sal hê om te verwerk.

Hasta la proxima. 

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.