|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 77% |
| Wind: |
Hasta la proxima.
By die groen huis langs die teerpad, draai jy regs, dan 4 kilometer met die rooigrond pad, wat seker ´n nagmerrie is, as hy nat is. Dan is daar ´n afdraai na regs en na 2 kilometer sal jy die swart houthek sien,
daar draai jy in. Deur die houthek, sien jy dat daar iets anders aan die gang is. Netjiese windbreke, bome in goed gespasieerde rye, die gras kort gesny. Dit is waar nog ´n Suid-Afrikaner hom bevind, iemand wat ´n verskil maak.
Jan Hatting, het die afgelope klompie jare ´n netjiese neutboerdery, makadamias, op die been gebring, wat hy vir ´n groep Skandinawiëse beleggers, hier naby die dorp van Troche, bedryf. Die opbrengs word verkoop aan Japanese uitvoerders, hulle is baie beindruk met die kwaliteit en grootte van die neute wat hier geproduseer word.
´n Kwekery word ook bedryf en heelwat bome is reeds verkoop. Was juis saam met ´n groepie van nuwe Duitse intrekkers daar wat die bedryf van naderby gaan beskou het. Volgens Jan is die eiendom nie heeltemal goed geleë nie, aangesien dit te ontbloot is na die suide, vir skade van die suidewinde wat hier ook nie te aangenaam is nie, asook effe te naby aan die spruit, wat rypskade tot gevolg het.
Wat baie duidelik is, is dat die lang, skraal man, weet wat hy doen en dat dit goed gedoen word.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Iemand wat 'n stuk aarde kan bewerk en geld en werk daaruit kan skep, word 'n BOER genoem! Dankie Oom Danie vir die stukkie wat jy geplaas het om die krag van die Suid-Afrikaanse boer te wys. Boere word gebore, baie geluk daar julle!
Jan Bielie!
Pragtag Danie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)