Ingestuur deur scorpiondip op 5 Desember, 2009 - 19:24
John en Kath van der Walt se oproep gister het die volgende strekking gehad…
” Pierre, die manier hoe jy nou die bosluise op my plaas bedrywe, het die bloubosluise ‘n helse harde klap gegee, ons het hulle nou goed geroer…, ek weet ek moet hulle volgende week dip maar daar is geen bosluis op my beeste nie…nêrens nie…, moet ek dip”.
Weet soms nie of mens die beesgetalle moet noem nie, maar John se beesgetalle is om en by 2500 beeste en dit neem hom n week ongeveer om sy diere te dip en dis byna elke twee weke.
Kyk, daar was nog nie een produsent wat my van die begin af geglo het nie.
Al hoekom hy my geglo het is omdat hy geen ander keuse gehad het nie en niemand vir hom meer raad of antwoorde gehad het nie en, als kos hom net geld en boonop het hy verliese.
So kan ek paar van die produsente se name noem wat week in en week uit dip of gedip het. Ek is seker hulle al my nie verkwalik as ek 3 of 4 name noem nie. Naas John is dit PJ Hassard in Hluhluwe, Denys Wells en Jim Musto in Alexandria , Pieter Smit in Badplaas, Corn van der Watt in Humansdorp, hierbo in Noord Transvaal en Limpopo nuwe mense waaroor binnekort sal berig.
"John, ons moet dip soos wat ek dit bereken het. "
Ons moet jou bosluise op die plaas, met die getoetste data en weerstandigheidsprofiel van die Laboratorium;
- se weerstandigheid breek, want jy toon erge weerstandigheid teen enige van die dipstowwe op die mark. Die weerstandigheid bepaal die produk en dus die kostes ook waarmee ons dit moet doen.
- Ons moet die bosluisgedraagde siektes wat die bosluise oordra in hul eierlegging, uitmoor. Dit is vasgelê in die weerstandige bosluise wat met die tradisionele dipmetodes, “Super weerstandige bosluise” gemaak is.
- In die korste tydperk waarin dit moontlik gedoen kan word is vir wetenskaplike redes, 3 jaar.
- Die plan is om sowat 80% van die bosluispopulasie veilig te verminder, maar nie uitroei nie en, ook nie voëls en ander organismes soos miskruiers skade aan te doen nie.
- Bure het nie altyd wetenskaplike dipmetodes nie. Hul bosluise kan moeilikheid veroorsaak en daarom is die instandhouding en beplanning van natuurlike immuniteite by die diere, krities.
- Ons bly by die plan omdat die wetenskap van bosluise ons vertel waarom ons doen wat ons doen.
- Daarom dip ons met produk 3, omdat dit die regte ding is om te doen vir jou beeste.
Groete
Pierre van Niekerk
0822208386
0126674755
pierrevn@telkomsa.net
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)