Kaiings

Vandag was weer worsmaakdag, daaroor het ek genoeg geskryf, ´n rukkie gelede. Lekker dag om in die huis doenig te wees. Buite half onplesierig. Sny daardie minder goeie vet en seningrigheid van die vleis af, dinge wat in die slaghuiswors maar net so gemaal word, weet mos nie wat kom alles in daardie wors nie. Of eintlik weet ons wat kom daarin, ook alles wat nie goed is vir die oog om verkoop te word nie. Wat gebeur hier met daardie afval stukkies? Reguit pan toe, kaiings.

Die wat dit nie ken nie en neus optrek, weet nie wat hulle mis nie. Kaiings met pap, koningskos. Net so lekker met brood. Oortollige vet, word ook uitgebraai vir daardie lekkerny. Ek weet daar is mense wat gaan skreeu kolestrol, kolestrol en al die ander gevare. Vet is uitgebraai, die meeste in elk geval en net die smaak is oor. Heerlik, geniet dit.

Jy vra wat van die uitgebraaide vet? Dít word saam met die honde se pap gekook en hulle ly tot dusver nie aan kolestrol nie.

´n Tradisionele, seker nie ´n dis nie, kos, wat die gewone mens nie meer ken nie. Kaiings is lekker.

Hasta la proxima

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Ek ken glad nie kaiings nie maar dit lyk klink baie lekker. Gebruik 'n mens skaapvet?

Danie C

Ek dink nie daar is regtig ´n resep vir kaiings nie. Die vet, met verkieslik ´n stukkie vleis, word maar in stukkies of repies of wat ook al die maklikste is, gesny en dan in ´n pan gebraai. Wanneer so ´n goud-bruin kleur het, word dit met dreineer lepel uigeskep in ´n bakkie met kombuispapier, sout en peper oorgestrooi, geelsout is ook baie lekker en warm geeet

Avonia van Rooyen 

Soek ook naarstiglik na resep. Nou besig om vet te kerf en gaan maar braai en kyk wat uitkom. My seuns het al paar keer gebel om te vra is kaiings al klaar!

Pierre Celliers 

Christelle Kruger Aangesien ons NERENS 'n resep vir lekker kaiings kry nie, wil jy ons nie maar vertel,stap vir stap, hoe jy dit doen nie? Kannie glo, so baie geselsery oor kaiings maar niemand het 'n resep nie!!!

Christelle Kruger 

Verseker is pap en kaiings koningskos. Ek het 'n stalletjie op Bela Bela wat saterdae pap en kaiings maak by 'n plaaslike veiling wat net saterdae gehou word. Kom kuier gerus in die Bosveld.

Chris Swanepoel 

Jinne ek is so lus vir lekker kaiings, baie lanklaas dit geeet. Het iemand nie vir my lekker resep vir kaiings braai met al die spices en dinge?

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.