|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 52% |
| Wind: |
Die kakiboom, of te wel persimmon of Diospyros kaki, se vrugte begin ryp word. Kan nie sê dat dit ´n vrug is wat my baie opgewonde maak nie. Een van daardie dinge wat jy of geen erg aan het nie of mal oor is, sal nie so ver gaan om te sê dat dit haat/liefde gevoel veroorsaak nie. Ons boom het die langwerpige vrugte.
Kaki beteken glo kos vir die gode. Daardie gode het dalk nie toegang tot mango's, hanepoot, avo's en ander lekkerder vrugte gehad nie. As dit nie goed ryp is nie, laat dit daardie stomp tande gevoel in jou mond, vrank, baie vrank smaak, wat dit amper oneetbaar maak. Dit word veroorsaak deur ´n oormaat van tanniene, wat gelukkig verdwyn as die vrugte goed ryp is.
Kenners probeer die smaak beskryf as ´n kombinasie van pruim, heuning, appelkoos, pampoen en mango met ´n titsel van parfuum. Kon nie sê of dit Esteé Lauder is nie. ´n Vrug is ryp as hy goudgeel en dik en sag is en lyk asof dit wil bars. Hulle moet dan baie versigtig hanteer word. Vir my is hulle die beste rou geeet. Sny die boonste gedeelte af en eet die binneste met ´n teelepel uit.
Die gode sou ´n groot deel van my vrugte kon kry.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dit lyk en klink Yummy!
Danie, Ek stem met jou saam. Dis vir my ook 'n vreemde soort van vrug. Het so een of twee keer daaraan geproe, maar 'n mens proe-proe, en kou-kou. Ek sal my deeltjie ook in die gode se kollektebordjie gooi.
Groete
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)