|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 52% |
| Wind: |
Ja, ek weet daar is van die groenes wat sê dat daardie bos glad nie uitgehaal moet word nie. 25% van die natuurlike bos, moet behoue bly. Die uithaal word alles onder streng beheer gedoen en dien ook as natuurlike brandpaaie. Die bruikbare bome se hout word gebruik vir pale vir heinings en vir beeskrale, veral cornillo, quebracho (breek die byl) en palo santo. Die res word gebruik om houtskool, of om die die goeie Afrikaanse naam te gebruik, “charcoal” van te maak. Bogenoemde bome se houtskool word nie vir die maak van braaivleis gebruik nie, want dit gee ´n smaak aan die vleis.
Die westelike deel van die land, Paraguay, staan bekend as die Chaco. `n Plat stuk aarde, bedek met natuurlike bos, baie soos die bosveld, net meer ruig. Vrugbare grond. Onder die natuurlike bos is die drakrag 5 ha/GVE (Grootvee eenheid). Skoongemaak en beplant, met veral Gatton panic, is die drakrag 1 ha/GVE. Dan is dit logies dat dele ontbos sal word. Hout wat dan nie brukbaar is nie, word van houtskool gemaak.
Houtskool word gemaak in hierdie ronde oonde. Daar word 3 en half tot 4 ton houtskool per week per oond vervaardig. Die 8 oonde produseer ongeveer 24-28 ton per week. Vir 3 dae brand/smeul die hout in die oonde, dan word dit gesmoor deur die gate met klei toe te smeer en 500 liter water bo in gegooi en na nog 3 dae word dit oopgemaak en die houtskool verwyder, Die houtskool van die hout, wat geen smaak laat nie, word uitgevoer, hoofsaaklik na Duitsland. Die res word gebruik vir die verhitting van die ystersmeltery by die stad Villa Hayes.
Weet nou dat die Duitsers ook braaivleis maak,al is dit hoofsaaklik schwein, dalk bietjie bees, maar baie min skaap, want baie van hulle het nog nooit skaap geproe nie.
Hasta la proxima.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)