|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 52% |
| Wind: |
Ek lees Strooidak en Toring van Izak de Villiers. ´n Geskenk van my broer wat Hettie saamgebring het na haar onlangse besoek aan familie en vriende oor die Kersgety. Lees van sy besoek aan die Toringkerk begraafplaas. Die soeke na sy oupa en ouma se graf. Die verval en plundering het swaar op sy gemoed gerus. Al meer plattelandse kerkhowe waar dit voorkom. Tragies en ´n jammerte.

Terwyl sy daar was, het sy ook die begrafnis bygewoon van ´n baie goeie vriend. Hy is in die familiekerkhof op die plaas begrawe. Ten minste, sy as is daar begrawe. Dit het saamgeval met die herbegrawe van ander familielede uit die begraafplaas op die dorp. Toestande daar is nou onuithoudbaar met die agteruitgang wat plaasvind. Grafstene word omgegooi, drankbottels stukkend geslaan en gemors daar weggegooi. Nie eers meer respek vir die dodes nie.

Baie plaaskerkhowe is ook maar in ´n toestand van verval. Plase is nie meer in die hande van die oorspronklike eienaars nie en daar kan seker nie van die nuwe eienaars verwag word om dit in stand te hou nie.
´n Bewonderingswaardige gebruik hier, is dat die eerste Saterdag van November kerkhofdag is. Al wat leef en beef ruk dan daardie dag op na kerkhowe en maak skoon en verfraai. Plant nuwe blomme en herstel, selfs die van vreemdes.


Die laaste rusplek, sal maar ´n dilemma bly. Goed om vroegtydig daaroor te besluit.
Hasta la proxima.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dag Danie ...lees te lekker aan jou brokkies ,ja swaar hoe sal hul dan respek he vir die dooies as hul nie respek het vir hulself of ander lewendes nie ?Hoe kontak n mens julle mense daar in Paraguay ,laat weet tog asb. storie8@gmail.com
Onbekende beoeker, hierdie is hier waar ons in Paraguay woon. So ´n veldtog kan seker in SA begin word om die begraafplase weer te verbeter.
Waar kry ek meer informasie oor 1ste Saterdag in November. Is dit landwyd? In een dorpie? As ek meer weet kan mens dalk 'n media veldtog begin om mense in kennis te stel.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)