Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Kirchner-regering-krisis-oppad

Argiewe

2009

  • September (2)
  • Augustus (6)
  • Julie (27)
  • Februarie (2)
  • Januarie (1)

2008

    2007

      Blogger

       
      Argentyn
      Foto album
      Aangesluit: 10 Jun 2009
      Land : Argentina

      Ek ondersteun

      makeplan se foto
      makeplan
      Justice Malanot se foto
      Justice Malanot
      Janbez se foto
      Janbez
      Bontbok se foto
      Bontbok
      marleen smith se foto
      marleen smith
      Suiderling se foto
      Suiderling
      Danie C se foto
      Danie C

      Volgelinge

      • Bontbok se foto
        Bontbok
      • scorpiondip se foto
        scorpiondip
      • Suiderling se foto
        Suiderling

      Vriend

      Justice Malanot se foto
      Justice Malanot
      Bontbok se foto
      Bontbok

      Jongste blogs

      Danie C se foto
      Toulouse en omgewing (4)
      saai se foto
      Invoere - bangkrot Boere
      Steven nel se foto
      Kopklamp
      Steven nel se foto
      My nuwe nguni vers
      Johannes Meintjes se foto
      Perspektief op Landbou: ACDP

      My Weer

      • Voorspelling
      • Vandag
      • My ligging

      Kaapstad

      • Donderdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:20 C
      • Laag:12 C
      • Vrydag
      • Reën
      • Hoog:17 C
      • Laag:10 C
      • Saterdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:18 C
      • Laag:6 C
      Sonsopkoms: 7:37
      Sonsondergang: 17:47

      Kaapstad

      Bygewerk:24 May 16:00 IDT
      Temp:
      Druk:
      Doupunt:
      Humiditeit:60%
      Wind:

      Kaapstad

      Peiling

      Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

      Kirchner regering krisis oppad

      Ingestuur deur Argentyn op 3 Augustus, 2009 - 14:23
      Beste Vriende,

      Ek vertrou dat dit met julle goed gaan en dat julle die naweek met die lekker rugby geniet het.

      Hier by ons gaan dinge goed en dit is glad nie meer so koud as wat 'n mens sou dink nie. Alhoewel die lente eers die 21ste September hier by ons begin - 'n storie vir 'n ander dag - lyk dit asof die somer ons nie gaan laat wag hierdie jaar nie.

      Soos wat ek verlede week genoem het skryf ek vandag vir julle oor die vergadering tussen die regering en die landbou-unies laat verlede week.

      Dit is werklik interessant op 'n soort van 'n morbiede manier om te sien hoe Crisitna Kirchner se regering op 'n woeste krisis afstuur - sonder rede. Dit is asof die ministers en amptenare nie kan sien hoe om te onderhandel en wanneer om 'n punt te maak en wanneer om meer toegeeflik te wees nie.

      Die vergadering het Vrydagmiddag begin en het vir 'n goeie paar uur aangehou. Niemand het verwag dat al die probleme teen die einde van die vergadering opgelos gaan wees nie - net dat daar iewers 'n teken gaan wees van hoop en 'n pad vorentoe.  Die 4 landbou unies was daar gewees, die minister van produksie, die minister van die kabinet maar nie die sekretaris van landbou nie - die President het net vlugtig ingeloer om te groet. Die minimum resultaat was egter nie beskore gewees nie - hoekom nie? Na die vergadering was daar soos gewoonlik twee perskonferensies gewees - een van die regering en 'n ander van die landbou-unies.

      Die regering het eerste gepraat. Wat het hulle gesê?
      Basies dat hulle die beste besluite neem en nie glo dat dit nodig is om enige iets te verander nie - veral nie aan die uitvoerbelastings op graan nie. Hulle het wel die moontlikheid genoem om vleisuitvoere te vergemaklik vir binnegoed en 7 prima-snitte. Dit sal nou 5 i.p.v. 15 dae neem om 'n uitvoer permit te kry vir beesvleis.

      Die landbou-unies het daarna gepraat. Wat het hulle gesê?
      Dat hulle glo dat daar twee vergaderings was en dat hulle en die regering duidelik nie by dieselfde een was nie. Volgens hulle het die regering nooit gesê dat hulle die uitvoerbelasting op graan gaan verminder nie maar ook nooit dat dit nie so is nie. Die regering het skynbaar vir meer tyd gevra en gesê dat hulle verstaan dat dit nodig is om hulle landbou beleid aan te pas vir die wêreld van 2008/09 en vorentoe.

      Wat is dus die gevolgtrekking wat ons kan maak: Daar gaan binnekort nuwe stakings wees. Vir die meeste van die klein en middelslag boere is hierdie nie meer 'n kwessie van hoeveel wins nie, eerder van hoeveel verlies daar gemaak gaan word. Met die grootste droogte in 'n 100 jaar en geen aanmoediging om te produseer nie het baie mense nie meer 'n keuse as om te protesteer nie.

      Die regering aan die ander kant het nêrens meer om geld uit te haal nie aangesien daar 'n massiewe internasionale krisis is wat die uitvoere benadeel en hulle nie

      kan ophou om basiese dienste en voedsel te subsidieer nie -wie gaan vir hulle stem as kospryse verdubbel?



      Wat die landbou unies amptelik gesê het is dat hulle nou na die Kongres toe sal gaan om dié te kry om die uitvoerbelastings te verminder, 'n nasionale plan vir landbou produksie op te stel en te verseker dat die President se kragte oor die landbou verminder gaan word.



      Die President gaan hierdie week voort met haar vergaderings met die 24 goewerneurs van die verskillende provinsies maar die feit van die saak is dat almal begin sien dat die nasionale regering se posisie al hoe swakker is en dat dit nou die tyd is om eise te stel.



      Soos julle kan sien lê daar 'n moeilike tyd voor vir Cristina Kirchner en haar regering maar dit gaan beslis iets wees om te aanskou terwyl hulle planne maak en konkel.



      Ons praat binnekort weer.



      Saludos



      Die Argentyn
      Geen gradering nie
      • Argentyn se blog
      • 1370 keer gelees
      • Drukker-vriendelike uitgawe
      • Stuur na vriend
      • PDF uitgawe

      Kommentaar

      Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

      Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

      Geborgde skakels


      Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

      Kwaliteit Saad

      Die toekoms is in jou land

      In lyn met die boer

      MSD Animal Health

      Our brand new website

      Daaglikse nuusbrief

      Weeklikse nuusbrief

      Teken In

      • Registreer as gebruiker
      • Wagwoord vergeet?

      E-pos forum

      • Waarom is boere so stil?
      • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
      • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
      • Boom Lusern en siektes
      • Nekklamp vir beeste
      meer...

      Gewildste stories

      Vandag

      • Boer aangerand oor begrafnis
      • Staat koop grond onder markwaarde

      Immergroen stories

      • RSS-voere
      • E-pos foto's aan ons

      Pas gelees

      • Grondtaks-tameletjie in KZN
      • botter
      • Wie is ons?
      • Kontak ons
      • Gebruiksvoorwaardes
      • SMS-diens
      • RSS-voere
      • Teken in op LBW
      • LBW-argiewe
      • Vennote

      Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

      Web Development by FormFunction