|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Ek probeer dit gewoonlik nie doen nie, maar dit is weer sampioentyd. Dink nie die vorige blog het veel mense onder oë gehad nie, daarom plak ek maar weer dié een van 25 April 2008.
Herfs en lente is dit sampioentyd, mits die weer natuurlik saamspeel. Humiditeit so
ongeveer 80% en die gemiddelde temperatuur tussen 20-25ºC, is gawe weer vir die
groei van sampioene. Sampioene word deesdae geklassifiseer as een van die
Supervoedselsoorte. Dit is hoog in beta-glukeen, ´n middel wat die mens se
immuniteitstelsel ondersteun, maar is nie een van dié Towerprodukte nie.
Wat die wetenskaplike naam van hierdie variëteit ( is dit die regte benaming??) is,
weet ek nie. Vir ´n leek lyk dit na Agaricus macrosporus, dalk is daar iemand wat
dit beter kan identifiseer. Wat ek wel weet, is dat dit nié Phallus impidicús is nie.
Dit is ook nie die eksotiese Shiitakes, wat R90 per kilo kos nie, maar ons s'n word
gratis op die plaas afgelewer, ongelukkig net die 2 tydperke per jaar.
Ons het die grond destyds by 2 Duitse dames gekoop en gelukkig het die tantes
presies geweet watter van die sampioene is eetbaar en kon ons mooi wys waarna
om te kyk. Ons verkies om dit net gekerf, nie te fyn nie, in ´n pan met bietjie botter
(asseblief níe margarine nie) en met of sonder uie te braai. O, hoe lekker! Net so,
met Hettie se tuisgebakte brood, is dit ´n ete op sy eie. Pasop, te veel, kan bietjie
ryk wees. Moet dit asseblief nie was nie, dan is dit ´n waterige massa.
´n Klompie jare gelede het oudominee Olaf Scheuer hier besoek afgelê in díe tyd
wat die sampioene volop was. Baie wantrouig het hy die petalje so gadegeslaan by
die eerste ete met sampioene op die tafel en seker maar gewag dat hy ons in ons
pynvolle laaste oomblikke kon bystaan. Toe ons, die uur wat hy ons gegee het,
oorleef het, het hy lustig meegedoen daarna het hy kort-kort ´n mandjie geneem
en gaan bymekaar maak.
As jy nie seker is wat eetbaar is nie, moenie probeer nie.
Hasta la proxima.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
elna, dit kan moontlik dieselfde wees, maak maar net eers seker daarvan deur ´n kenner te raadpleeg.
ons het dieselfde hierso, wel dit lyk net so, is dit moontlik?
%&*%#!!! hoe kon ek vergeet van die goed...? Aanweesende laas mandag daar in Oom se kontrei sou ek self met al die reen die pad na Oom gewaag het sou ek daaraan gedink het van daai sampioene en wetende ek sou iets daarvan kon kry vir middag ete :D Sal tannie Hettie se gebraaide sampioene nooit vergeet nie, maar alles is nie verlore nie, wie weet, miskien\hopelik volgende keer. ;)
jy kan dalk van hulle spore in n koevert sit en vir jou vriende stuur-die poswese sal nie weet wat die grys stoffies is saad
ek verkies dit met knoffel.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)