Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Korrekte 24 Februarie

Dankie aan almal wat al hierdie probeer lees het, maar agv die seine hier in die donga waar ons bly, was ek net halfpad getik aan die inskrywing toe gaan alle sein van die internet af en weg is die inskrywing. Hier volg egter min of meer wat ek vanoggend wou se....

Graag het ek raad nou nodig. Ons het ons skapies nou almal ge-ent en gedoseer. Hul het sopas vanoggend hul tweede rondte Teramycin gehad vir die "blok" van hartwater en hul doen goed. Een krisis net, ek het nou al 2 ooie gehad wat miskrame gekry het. Fetusse baie  klein nog. Ongeveer lyfies so 15-20cm. Kan dit wees van die skuif in omgewing, hantering of die spuit stof. Ons het gegee: Unidose, Multivax P, Teramycin en Cydectin.

Hul is regtig dierbaar en soos Leonie altyd se, hul het matriek. Weet al presies wat is hul roetine hierso en doen presies alles net so. Val ons aan as ons met die emmers loop waarin hul hul lek kry!! 

'n Ander vraag nav my gevleuelde vriende op die erf is: Hoe kry hoenders dikkop? My braaikuikens het dit nou ontwikkel en ek behandel hul maar is baie bekommerd dat dit na my le-hoenders toe oorskuif.

Die le-henne het ook hul eie storie. Het so 20dae terug Amberlink punt van le henne aangeskaf. Ek het 'n groot kamp waarin my henne rondloop en sodoende voorsien ek Vrylopende eiers aan gastehuise in die dorp. Toe die Amberlinks hier aankom is hul bekke gesny, iets wat ek nie met my hoenders doen nie aangesien alles so natuurlik moontlik hier bly. Die hennetjies het nie 'n idee gehad van wat die natuur is nie. Het aanvanklik die eerste 2 dae of stil gestaan of soos 'n trapsuutjie geloop want die gevoel van grond onder hul voete ken hul nie. hul kon ook nie die spinasie van die stamme af skuur nie. Kon letterlik niks doen wat die ander henne doen nie. Nou vandag doen hul alles. Hul skrop in die grond rond, vat stofbaddens, hardloop met goggas in hul bekke rond en is te dierbaar.

Het nou ook 2 van die ou henne tussen my nuwe jong Hi-Line kuikentjies gesit. Die leer hul nou ook hoe om hoenders te wees wat in die natuur leef. Eer-gister het ek ons een lammetjie tussen hul gaan bere want haar voetjie is seer. So windgat is die kuikentjies al, hul ry so 3 op 'n slag op haar rug rond in die hok!!! 

Op die erf nog ernstig besig met draadspan en kampe maak. Niks nog reg hier nie en ons werk dat ons buig. Maar ons is seker van die gelukkigste mense op aarde!!! Doodmoeg in die aande, maar 'n siel wat oorloop van geluk!

Geseende groete

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Bennie Oberholster (BF)

Le-Andrie

Jy het nie dalk 'n foto van die hoenders met dik koppe nie? Ons het onlangs dag oud kuikens by die LNR gekoop en van hulle koppe lyk of dit opswel,van die kuikens se oë swel tot toe. Dan pik die ander ook nog op hulle.

Bennie

Sneeuwolf 

Baie interessant. Kan net goed wees om te volg.

Onbekende besoeker 

Leon Ons het 'n die storie van die Unidose en CYdectin by slim mense gekry. Gebruik die Cydectin baie baie min. As ons skape inbring van vreemde plek of daar is skielik baie wurms dan doseer ons die Unidose en so 4 dae later die Cydectin. Dan volg jy die gewone Famacha metode vir baie lank.

Skilpad 

Le- Andrie
Dit is so lekker om jou Kommentaar te lees omdat ek weet hoe dit voel.Ek het ook so twee jaar terug begin boer met skape en beeste, ook begin met n klein stukkie grond, maar as jy passievol is oor boerdery gaan jul droom waar word. Werk na jul drome toe dit kom waar, myne het.Ek het ook skoolgeld betaal , maar baie geleer deur deur landbou.com en mede boere.Dankie aan jul almal wat jul kennis ook met ons wil deel.

Lizette van Zyl 

Hi Le- Andrie
Ek dink hulle is dalk n bietjie teveel gehanteer en gedoseer in so n kort rukkie (dit veroorsaak baie stres en hulle kan dan aborteer veral in die begin staduim van dragtigheid.) Kan wees agv verandering in voeding ook. Sulke dinge gebeur maar. Ons moes ook die jaar kort- kort "blok", want hartswater is hierdie jaar ons grootste probleem - veral by ons bokke.
Ag maar dit bly lekker, kan nie wag vir die lam tyd (en al die stres daarna om hulle groot te kry) nie !!
Groete

Lizette

Onbekende besoeker 

Voer daai jong kuikentjies vlieglarwes. Jy sal verbaas wees oor hoe vinnig hulle vere aansit en groei. kontak my indien jy meer daarvan wil weet. Lkruger@arc.agric.za

Groete

Leon

Onbekende besoeker 

Hallo Le - Andrie
Waarom doseer julle unidose en spuit cydectin. Dit is albei doseer middels maar die cydectin is so duur dat julle eintlik baie geld mors. Die aborsies by jou ooitjies kan weens verskeie oorsake plaasvind, waarvan stres definitief een kan wees. Wanneer jou diere stres word die immuniteiet afgebreek wat hulle vatbaar maak vir opportunistiese bakteriee. Dit sal van waarde wees om wel 'n diagnose te kry vanaf 'n patologie laboratorium om oorsake soos ensootiese aborsie uit te skakel. Jy moet ook daai ooitjies mooi dophou vir enige etterige uitloopsel by die vagina.

Wat die hoenders betref, geswolle kop sindroom is 'n akute aansteeklike lugweg infeksie wat deur "avian" pneumovirusse veroorsaak word. Ek sal die aangetaste hoenders in afsondering hou terwyl hulle behandel word. Dit is nie noodwendig 'n dodelike siekte nie, maar kan eiergehalte aantas.

Sterkte met die boerdery.

Groete

Leon

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.