Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Kultuurverskille

Argiewe

2012

  • Mei (3)
  • April (3)
  • Maart (7)
  • Februarie (10)
  • Januarie (6)

2011

    2010

      2009

        2008

          2007

            Blogger

             
            Danie C
            Foto album
            Aangesluit: 10 Jun 2009
            Plaas naam : Vaalspruit
            Land : Paraguay

            Ek ondersteun

            scorpiondip se foto
            scorpiondip
            Leon Kruger se foto
            Leon Kruger

            Volgelinge

            • Martie Kruger se foto
              Martie Kruger
            • Spiekeries se foto
              Spiekeries
            • scorpiondip se foto
              scorpiondip
            • charles norval se foto
              charles norval
            • Argentyn se foto
              Argentyn
            • Dalena se foto
              Dalena
            • Janbez se foto
              Janbez

            Vriend

            Martie Kruger se foto
            Martie Kruger
            charles norval se foto
            charles norval
            scorpiondip se foto
            scorpiondip
            Janbez se foto
            Janbez

            Jongste blogs

            Danie C se foto
            Toulouse en omgewing (4)
            saai se foto
            Invoere - bangkrot Boere
            Steven nel se foto
            Kopklamp
            Steven nel se foto
            My nuwe nguni vers
            Johannes Meintjes se foto
            Perspektief op Landbou: ACDP

            My Weer

            • Voorspelling
            • Vandag
            • My ligging

            Kaapstad

            • Donderdag
            • Gedeeltelik bewolk
            • Hoog:20 C
            • Laag:12 C
            • Vrydag
            • Reën
            • Hoog:17 C
            • Laag:10 C
            • Saterdag
            • Gedeeltelik bewolk
            • Hoog:18 C
            • Laag:6 C
            Sonsopkoms: 7:37
            Sonsondergang: 17:47

            Kaapstad

            Bygewerk:24 May 16:00 IDT
            Temp:
            Druk:
            Doupunt:
            Humiditeit:60%
            Wind:

            Kaapstad

            Peiling

            Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

            Kultuurverskille

            Ingestuur deur Danie C op 1 Mei, 2010 - 05:29







            Daar is die siening onder sommige Suid-Afrikaners, dat “landverlaters” geen bydrae kan of moet maak tot die debat oor die toestand in Suid-Afrika nie. As jy een van hulle is, moenie verder lees nie en vra ek hiermee amptelik toestemming om iets kwyt te raak. Hou asseblief in gedagte dat ek meer as 30 vriende en bekendes moes groet as gevolg van die sinnelose moord op mense, gelukkig geen naby familie nie.

            Die groot vraag en ontevredenheid gaan oor die barbaarse metodes wat gevolg word. Ons verstaan dit nie. My vraag is: Wat weet ons van die kultuur van ander mense? Wat is die kulturele siening van hierdie mense oor die doodmaak van mens en/of dier?

            Is daar op hierdie aarde iemand wat ´n werklike studie van hierdie dinge gemaak het. Is daar iewers ´n volkekundige wat so ´n groep se taal net so goed as hulle kan praat, wat tussen hulle geleef het en min of meer alles weet van hoe hulle leef en dink en vir ons dié dinge kan verklaar of is hulle almal die swye opgelê deur politieke korrektheid.

            Boekgeleerdes, ontleders, denkers en filisowe gee hoogdrawende verklarings, natuurlik meesal geregverdig, as gevolg van al die naarhede van apartheid. Hulle kennis van mense van ander kultuurgroepe strek so ver as die werker in die huis, tuin, ´n paar skemerkelk partytjies, werksvergaderings en ´n braai of twee saam met sy nuwe buurman. Dit maak van elke Jan Rap en sy maat, ´n deskundige. Sal hulle ooit aan die nuwe vriende vra, wat behels die besoek aan die voorvader grafte met sy seuntjie, die donkerskool wat die jongmanne moet deurgaan en die bees wat in die agterplaas geslag word, gevolg deur sekere rituele? Wat nog te sê dit in daardie persoon se taal te vra?

            As plaaskind het ek saam met hulle groot geword, kattekwaad aangevang en saam slae gekry. Die taal redelik goed gepraat, maar nooit uitgevra oor die dinge wat vir ons vreemd was nie. Dit eenvoudig beskou as onderwerpe wat taboe is. Groot was my ontnugtering ongeveer twintig jaar gelede toe ek besef dat ek niks van die mense se kultuur weet nie.

            ´n Vriend het sy doktorsgraad gedoen oor die kulturele ooreenkomste en verskille van ´n sekere volk (ek het nou vergeet watter volk) in Malawi en die Suid-Sotho's. Sy ondersoek het gegaan oor die manlike bevolking. ´n Paar jaar later het sy vrou dit gedoen oor die vroulike lede. Hulle het gereeld, onder andere, ook ons plaas besoek, om met die werkers te praat oor die onderwerp. My mond het oopgehang toe ek alles hoor wat hy te vertelle gehad het. Geen probleem van hulle kant om daaroor te praat nie. My laat besef dat ons kennis oor hul kultuur en denke minimaal was, dat daar onoorkomelike probleme vir ons voorlê. Dan is daar nog hoeveel verskillende volke met elkeen sy eie kultuur?

            Mag daar nie onkunde gepleit word, as dinge nie verloop soos wat sommige gedink het nie.

            Hasta la proxima






            Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4.8 (5 votes)
            • Danie C se blog
            • 2213 keer gelees
            • Drukker-vriendelike uitgawe
            • Stuur na vriend
            • PDF uitgawe

            Kommentaar

            Danie C
            04 Mei 2010 14:51

            Georg, dankie vir jou bydrae. As jy van Sybille Hoppe praat, ken ek haar baie goed. Sy ly aan MS maar dit gaan goed met haar. Sal jou op Facebook sit, dan kan jy iets van haar sien. Oor die onderwerp van die blog, lyk nie of die mense die onderwerp wil aanspreek nie.
            Groetnis

            • antwoord
            Georg Friedrich 
            04 Mei 2010 12:27

            Julle is altwee baie reg. Vir my is dit die grootste bekommernis in die dagpolitiek, dat meeste mense geen benul het van kultuurverskille, en daarom baie kere verkeerd optree. Ook bekyk hulle alle gebeure deur hulle brille - en vertolk dit dan verkeerd. Ek het altyd geglo alle Wambos is dieselfde. Tot ek onlangs 'n klomp Ndongas in diens neem. Skielik is daar spanning op die lokasie. En as ek my Kwanjama voorman vra wat skort, dan verstaan hy kwansuis nie hulle taal nie. Dis ook die dat ek die navorsing van genl. Swart oor Afrikataal baie respekteer. Ek glo daar steek baie waarheid in - en dit sal witmense baie help om daaraan aandag te gee.
            Danie, iets anders: Ken jy mense uit Duitswes daar by jou? My eerste girl is daar getroud met 'n Afrikaner en ek hoor sy ly aan 'n vreeslike siekte. Wil graag van jou hoor.
            Groete
            Georg

            • antwoord
            charles norval 
            01 Mei 2010 21:44

            DANIE,EK DINK JY HET N MIERSHOOP OOPGESKOP EN BOONOP DAARIN ROND GEROL-DAAR IS SELFS KULTUURVERSKILLE TUSSEN DIE AFRIKANERS-EK AS BOERSEUN KON MY NOOIT VEREENSELWIG MET TANT STIENIE VAN AGTER ELKE MAN SE TIPE OF DIE OUENS VAN WIE ANTON GOOSEN GESING HET MET N GRASPERK OP SY MOTOR SE DASHBORD.DIE OUENS MET MERCEDESE KYK OOK MAAR SKEEF AAN DIE AFRIKANER MET 3 LITER FORD,TWEE LITER COKE EN EEN LITER KLIPDRIF.OUDERTYDSE OOMS WAS GERESPEKTEER VIR HULLE OUDERDOM EN KENNIS-MAAR DANKSY INTERNET DINK VANDAG SE JONGES HULLE WEET BAIE MEER AS DIE OUES-N VERSKIL TUSSEN KENNIS EN ERVARING.EK HET OP HOERSKOOL WITTEBERG SE INLIGTING OP FACEBOOK INGEGAAN.1970-1 GESIG 1972 EEN GESIG 1975 MET 7 1976-16 1981 20 1986 24 2000 51 2001 MET66 2007 MET 71 EN 2009 121
            DIT WYS ONS DAT IN 25 JAAR IS DAAR N GROOT VERANDERING IN DIE BEHOEFTES VAN DIE MENSE OM OP N VERSKILLENDE MANIER KONTAK MET MENSE WIL BEHOU

            GEDURENDE DIE YSTERGORDYN JARE HET DIE RUSSE DIE WESTE SE DIPLOMATE MET MEISIE VERLEI EN FOTOS VAN HULLE GENEEM EN DAN LATER DAARMEE AFGEPERS
            TOE HULLE DIT MET AFRIKA LEIERS GEDOEN HET,HET DIE AFRIKANE VIR HULLE GEVRA OM ASSEBLIEF N KLOMP FOTOS TE LAAT DRUK WANT HY WOU DIT VIR SY VRIENDE WYS SODAT HULLE KAN SIEN HY IS N REGTER TIER (TIGER WOODS) IN DIE BED MET DIE PRAGTIGE MEISIES
            N VET SOTHO VROU IS N BEWYS DAT DIE MAN GELD HET OM GOED VIR HAAR TE SORG EN NOEM HAAR N GROOT OLIFANT VIR RESPEK-SE DIT VIR N AFRIKANER ANTIE EN SY KLAP JOU DAT DIE SNOT SO SPAT
            EK SIEN JY VRA TOESTEMMING OM JOU OPINIE TE GEE-ANDER SKOP JOU DEUR 03HOO AF EN MET N VUURWAPENS EIS (EISH) HULLE GELD MET N WAPEN TEEN JOU KOP
            GEE GERUS JOU OPINIE WANT DIE SUIDAFRIKANERS KAN NIKS OF MINDER AS NIKS AAN HULLE LOT DOEN

            • antwoord

            Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

            Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

            Geborgde skakels


            Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

            Kwaliteit Saad

            Die toekoms is in jou land

            In lyn met die boer

            MSD Animal Health

            Our brand new website

            Daaglikse nuusbrief

            Weeklikse nuusbrief

            Teken In

            • Registreer as gebruiker
            • Wagwoord vergeet?

            E-pos forum

            • Waarom is boere so stil?
            • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
            • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
            • Boom Lusern en siektes
            • Nekklamp vir beeste
            meer...

            Gewildste stories

            Vandag

            • Boer aangerand oor begrafnis
            • Staat koop grond onder markwaarde

            Immergroen stories

            • RSS-voere
            • E-pos foto's aan ons

            Pas gelees

            • Tender
            • Anatomie- en fis-boek vir plaasdiere
            • Wie is ons?
            • Kontak ons
            • Gebruiksvoorwaardes
            • SMS-diens
            • RSS-voere
            • Teken in op LBW
            • LBW-argiewe
            • Vennote

            Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

            Web Development by FormFunction