Landbou

 

 

By die opening van die Landboufakulteit van die UOVS op 21 Maart 1959 het die destydse minister van Landbou S P le Roux gese, “´n Volk wat vir sy landbou sorg, sorg vir sy toekoms”. As daardie gesegde heeltemal waar is, dan is daar 2 lande wat ´n baie goeie toekoms het. Brazilië en Argentinië, op die oomblik van die grootste uitvoerders van voedselprodukte in die wêreld. Een van die fondamente van volhoubare landbouproduksie is ´n wetenskaplike navorsings sektor om die landbou te ondersteun, vinnige oplossings vir probleme te vind en nuwe rigting te gee aan al die verskillende vertakkings in die landbou.

In Argentinië word hierdie taak behartig deur INTA (Instituto Nacional de Tecnología Agropecuario). Gestig in 1956 bestaan dit vandag uit 47 eksperimentel proefstasies, 260 voorligtings eenhede en 15 navorsings institute. Dit val ten volle onder die Departement van Landbou en is afhanklik van die land se begroting. Daar is wel samewerkings ooreenkomste met privaat maatskappye op die gebied van saadproduksie, landboumasjienerie en veterinêre industrieë. Die doel is om die Argentynse landbou en verwante bedrywe kompeterend te hou en te poog om probleme wat voorkom, so gou moontlik op te los.

Embrapa (Empresa Brasileira de Pesquisa Agropecuária) is die Braziliaanse eweknie, met ongeveer dieselfde missie en gestig in 1973. . Met 38 Navorsingsentrums, 3 Dienssentrums en 13 Streekkantore is hy teenwoordig in feitlik al die state van Brazilië. Het ongeveer 8200 mense in diens, met 2100 navorsers, 25% met Meestersgrade en 74% met Doktorsgrade. Embrapa koördineer al die landbou navorsing in dié land, is staats beheerd en se begroting val onder die staat. Embrapa is ook betrokke in Noord-Amerika, ander Latyns Amerikaanse lande, Europa en Afrika.

Hierdie deel van die wêreld, gaan in die toekoms, ´n al groter rol speel in voedselverskaffing.

Hasta la proxima.

Geen gradering nie

Kommentaar

Bastian Bakkes

Ek sal graag wil hê dat Danie met my kontak maak asb.by eikehof@igen.co.za.

NPJ

Goeie dag Danie
Ek wil graag 'n paar vir jou vrae rakende die landbou in Suid America. Indien jy gemaklik is dat ek jou kontak, stuur asb vir my 'n mail na npjkriek@gmail.com

Groete

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.