
|
Leon Kruger
|
Shaka Impi
|
Jakkals
|
|
Leon Kruger
|
Shaka Impi
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 60% |
| Wind: |
Dagse,
Ek is n moeder van 2 seuntjies en het besluit om met hul tuis te bly. Vir 'n ekstra inkomste het ek besluit om 'n paar le-henne aan te hou - huidiglik 300 en wil Januarie nog so 200/300 by kry. Ek verskaf aan 'n paar gastehuise in die dorp die eiers. Ek het huidiglik "boschveld le-henne" maar sukkel dat hul heeltyd broeis bly. Het iemand dalk raad vir my asb? Ook wil ek weet of iemand weet hoe vergelyk hierdie boschveld henne met Koekoek henne, ek wil miskien nou 'n paar van hul aankoop maar is effens onseker.
Baie dankie
Le-Andrie Bezuidenhout
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek wil graag weet is daar n mark vir hoenders
Ek wil graag hi-lyne lêhenne aankoop. Ek bly in die Oos-Kaap in Steytlerville. Kan enigiemand my raad gee oor waar om te koop?
Ek stel belang in lêhenne en lêhokke wil begin met my besigheid maar wil eers uitvind oor pryse en hoe om te werk te gaan. Kan iemand my asb help?
Ek het intussen nou vir my Hi-line en Amberlinks ook aangeskaf. Sukkel nog vreeslik met die Boschveld henne. Le nie goed nie en bly broeis. Ek is nou al moedeloos henne uit die nes geskop en na hul apparte hok toe geneem!!1
Ek is opsoek na iemand wat my meer kan vertel oor le henne die moets en moenies verskillende tipes henne,voer en ook pryse op le henne en le hen hokke
Ek het New Hampshire le henne. Hulle le nou al vir maande groot bruin eiers en raak nie broeis.Kyk in die LWB vir advertensie. Groot bruin plaashoender. Plek is naby Warmbad.
Dankie Gawie, weet jy dalk van mense wat hierdie henne verkoop. Het bietjie navorsing oor hul gaan doen en ek stel baie belang in die HI-line / Lohmann henne.
Kyk gerus ook na Hi-Line, Amberlink en Lohmann henne
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)