Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Lewe-argentina-deel-2-kerk-en-geloof

Argiewe

2009

  • September (2)
  • Augustus (6)
  • Julie (27)
  • Februarie (2)
  • Januarie (1)

2008

    2007

      Blogger

       
      Argentyn
      Foto album
      Aangesluit: 10 Jun 2009
      Land : Argentina

      Ek ondersteun

      makeplan se foto
      makeplan
      Justice Malanot se foto
      Justice Malanot
      Janbez se foto
      Janbez
      Bontbok se foto
      Bontbok
      marleen smith se foto
      marleen smith
      Suiderling se foto
      Suiderling
      Danie C se foto
      Danie C

      Volgelinge

      • Bontbok se foto
        Bontbok
      • scorpiondip se foto
        scorpiondip
      • Suiderling se foto
        Suiderling

      Vriend

      Justice Malanot se foto
      Justice Malanot
      Bontbok se foto
      Bontbok

      Jongste blogs

      Danie C se foto
      Toulouse en omgewing (4)
      saai se foto
      Invoere - bangkrot Boere
      Steven nel se foto
      Kopklamp
      Steven nel se foto
      My nuwe nguni vers
      Johannes Meintjes se foto
      Perspektief op Landbou: ACDP

      My Weer

      • Voorspelling
      • Vandag
      • My ligging

      Kaapstad

      • Donderdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:20 C
      • Laag:12 C
      • Vrydag
      • Reën
      • Hoog:17 C
      • Laag:10 C
      • Saterdag
      • Gedeeltelik bewolk
      • Hoog:18 C
      • Laag:6 C
      Sonsopkoms: 7:37
      Sonsondergang: 17:47

      Kaapstad

      Bygewerk:24 May 16:00 IDT
      Temp:
      Druk:
      Doupunt:
      Humiditeit:60%
      Wind:

      Kaapstad

      Peiling

      Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

      Lewe in Argentina - Deel 2-Kerk en Geloof

      Ingestuur deur Argentyn op 4 Julie, 2009 - 21:52

      Beste Vriende, Ek vertrou dat dit met julle goed gaan en dat julle die naweek geniet het. Vandag, soos belowe (en al is dit 'n bietjie later as wat ek gehoop het) gaan ek julle 'n bietjie vertel van die kerk, geloof en ander sakies hier in Argentinië. Voordat ek egter begin wil ek net sê dat dit wat ek hier skryf my persoonlike opinie en ervaring is en dat ek nie hiermee bedoel om enige iemand of sy geloof aan te val nie. Dit is soos wat ek dit hier belewe en wat ek graag met julle wil deel aangesien dit verskil van wat 'n mens as algemeen beskou in Suid-Afrika. In Argentinië is die meerderheidsgeloof Roomskatoliek. 95% van die nasionale bevolking beskryf hulself as Katoliek en die oorblywende 5% word tussen Protestante, Jode en ander gelowe opgedeel. Dit is nou hoe dit op papier lyk. Die werklikheid is soos altyd en natuurlik, anders. Dit sal my verbaas as 20% van alle Argentyne kergaande gelowiges is en meer as met troues, begrafnisse en miskien dope in enige vorm van kerk kom. Wat ek nou hier skryf beteken nie dat almal goddelose ateiste is nie, dit is hier waar dinge verskil met Protestante oor die algemeen. Die Katolieke geloof, ten minste in Argentinië, word hier meer ervaar en gelewe as 'n tradisie, gewoonte en lewenswyse as 'n geloof. Vir die mense wat nie baie kontak het met Katolieke nie moet ek sê dat hulle in 'n sekere sin "beter" as Protestante is want die rol van die Kerk is ver wyer as net Sondag met miskien 'n bykomende weeklikse byeenkoms. Hier is die kerke elke dag van die week oop en selfs vir kergaande mense is Sondag nie 'n beter of slegter dag om byeen te kom nie. Voordat ek nou egter te diep in die geloofsake ingaan wil ek liewers net 'n beskrywing gee van kerksake hier in Argentinië. Soos ek gesê het is die Katolieke geloof vir die meeste mense hier meer van 'n lewenswyse, tradisie en gewoonte en word daar bv. baie aandag gegee aan skenkings aan die Kerk, die aanbidding van heiliges (Saints), die gebruik van prentjies, medaljes of beeldjies naby jou in jou daaglikse lewe, die gewoonte om 'n kruis oor jou liggaam te maak wanneer jy verby 'n kerk stap en ook om bv. nie rooivileis te eet oor Pasnaweek nie wat hier by ons eintlik Paasweek is aangesien dit al die Woensdag begin en tot Sondag aanhou. Argentyne oor die algemeen is dus nie kerkgaande mense nie maar die meeste mense hou ten minste by meer as een van die voorbeelde wat ek genoem het. Wat ek verder ook wil noem is die feit dat Argentyne baie verdraagsaam is teenoor ander gelowe en ek as 'n Protestant nog nooit teen gediskrimineer is oor wat ek glo nie. Baie min mense vra jou uit oor wat jy glo en wanneer hulle dalk sou vra is hulle reaksie dieselfde as dit wat dit sou wees as iemand jou sou vra of jy koffie of tee (of maté) wil drink. As opsomming wil ek dus net vir die mense sê wat nog nie in Argentinië was nie en die wat nog op pad is hierheen: Dit mag vreemd en oorweldigend lyk om oral Katolieke kerke, beelde en gewoontes te sien maar op die ou end van die dag is jy hier net so vry om jou godsdiens te beoefen as wat jy kan begeer. Volgende keer sal ek graag oor 'n minder ernstige sakie wil skryf en julle graag vertel van die wild en maté hier in Argentinië. 'n Lekker dag verder vir almal. Groete Die Argentyn

      Geen gradering nie
      • Argentyn se blog
      • 2189 keer gelees
      • Drukker-vriendelike uitgawe

      Kommentaar

      Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

      Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

      Geborgde skakels


      Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

      Kwaliteit Saad

      Die toekoms is in jou land

      In lyn met die boer

      MSD Animal Health

      Our brand new website

      Daaglikse nuusbrief

      Weeklikse nuusbrief

      Teken In

      • Registreer as gebruiker
      • Wagwoord vergeet?

      E-pos forum

      • Waarom is boere so stil?
      • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
      • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
      • Boom Lusern en siektes
      • Nekklamp vir beeste
      meer...

      Gewildste stories

      Vandag

      • Boer aangerand oor begrafnis
      • Staat koop grond onder markwaarde

      Immergroen stories

      • RSS-voere
      • E-pos foto's aan ons

      Pas gelees

      • Vleisbedryf soek interdik oor siektes
      • Vierde plaasmoord in Vrystaat vir 2010
      • Wie is ons?
      • Kontak ons
      • Gebruiksvoorwaardes
      • SMS-diens
      • RSS-voere
      • Teken in op LBW
      • LBW-argiewe
      • Vennote

      Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

      Web Development by FormFunction